Sarie

STYL VIR JOU LEEFKAMER

Aangeskake­l is dit ’n TV, afgeskakel ’n geraamde skildery. The Frame van Samsung dra by tot die interieur van jou huis en plaas kuns binne jou bereik

-

Wou jy nog altyd pragtige kunswerke van meesters – dalk ’n Monet of ’n Salvador Dalí – in jou huis hê, maar kan dit nie bekostig nie?

Nou het jy die geleenthei­d om jou eie skildery te besit met Samsung se nuwe The Frame, ’n televisie met 4K Uhd-tegnologie. Dit beteken die beeld is vier keer skerper en duideliker as ’n volle hoëdefinis­ie-skerm. As jy TV kyk, verskaf dit ’n wonderlike kyk-ervaring, en as jy na ’n skildery kyk, lyk dit byna soos die ware Jakob.

Om die beeld van ’n geraamde skildery te versterk, kom The Frame se raam in 3 kleure: ligte hout, donker hout en wit. Dit heg magneties aan ’n metaalraam teen die muur sodat jy dit maklik kan verander om by jou dekor te pas.

Met byna 100 kunswerke van 37 kunstenaar­s in 10 genres tot jou beskikking op The Frame self om uit te kies vir jou portret, behoort elkeen iets te vind wat in sy smaak sal val. In die Art Store is daar selfs ’n wyer keuse beskikbaar, met die opsie om kunswerke te koop of op ’n maandeliks­e basis te huur sodat jy gereeld iets nuuts in jou raam het. Geval dit jou nie, kan jy ook jou eie foto’s in die raam laai, solank dit minstens 800 x 800 pixels groot is. Alles maklik om te doen vanaf jou slimfoon.

The Frame het ook ’n sensor wat die helderheid en kleur van die skerm aanpas sodat die beeld steeds skerp en duidelik is al verander die lig in die vertrek, terwyl jy dit ook kan stel om aan of af te skakel wanneer iemand die vertrek binnekom.

Een byna onsigbare plat draad konnekteer ook alle ander apparate wat aan The Frame gekoppel is vir netheid. Verbeter jou leefruimte en voeg topstyl en gehalte-ontwerp toe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa