Sarie

VORIGE BLAD DIE KUIERTAFEL

-

Elsje het die huis op sy kop gedraai. Met die intrapslag is jy in ’n lang, smal vertrek wat eintlik bedoel is as ’n leefkamer. Maar hulle het dit omskep in ’n eetkamer omdat hulle graag om ’n tafel kuier en werk. As sy gaste vir ete nooi, is dit ook waar hulle van die begin af kuier en gesels terwyl die egpaar kosmaak. Die kombuis grens aan dié vertrek. Die tafel, wat taamlik smal is, het sy spesiaal vir haar ma se 60ste verjaardag­partytjie laat maak. Die ander identiese tafel hou sy in die motorhuis vir wanneer sy groot onthaal. Ook hier het sy slim gebruik gemaak van los kaste, een vir linne en die ander een vir breekgoed. REGS kloksgewys SLAAPKAMER WORD SITKAMER Die tweede slaapkamer bo het hulle in ’n knus sit/tv-kamer omskep. Hier is die ingeboude kaste uitgehaal om plek te maak vir ’n groot rusbank en ’n gemakstoel. ’N SPLINTERNU­WE BADKAMER Die grootste strukturel­e veranderin­g het in die badkamer plaasgevin­d. Die Schonkens het die badkamer heeltemal omgedraai en moes ’n deuropenin­g skuif om die stort in te pas. Die ou wastafel het ’n moderne wasbak gekry en word afgerond met ’n interessan­te spieël. Sweefrakki­es (sigbaar in die spieël) is pakplek vir handdoeke en toiletware. DIE TWEEDEHAND­SE KOMBUIS Albei hou van kosmaak. Jacques wou ’n wit kombuis hê en Elsje ’n swarte. Die probleem is maklik opgelos deur die boonste kaste wit te maak en die res swart. Elsje het goeie tweedehand­se kombuiskas­te op Gumtree raakgeloop en dit daar en dan gekoop. Die boonste kaste is net so gemonteer en het bloot ’n nuwe laag verf gekry. Vir die onderste kaste moes hulle ’n nuwe raamwerk laat bou, maar die kasdeure is behou en swart geverf. Dit was ’n reuse-besparing. DIE TRAP Die witgeverfd­e trap (eens geel vernis) verdwyn naatloos in die spasie. Die deel onder die trap word benut vir Anna, hul worshond, se bed en ander los goed wat netjies in die piekniekma­ndjie gebêre word. Elsje meng ook graag oud en nuut, soos die moderne grys en antieke eetkamerst­oele.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa