Sarie

SÓ SÊ HULLE OP SARIE.COM

Maya Fowler oor haar jongste roman, Patagonië (Umuzi, R220)

-

Wat was jou inspirasie vir die verhaal? Toe ek baie klein was, het ons by ’n goeie familievri­end van my pa in die Vrystaat gekuier. Daar het my pa vertel die oom se vrou, haar naam was Annette, is in Argentinië gebore, en dat sy Afrikaans was maar Spaans kon praat. My mond het oopgehang, en die vonk het my al die jare bygebly. Was jy in Patagonië om navorsing te doen? Ek was, ja. Dis ’n ongenaakba­re stuk aarde daar. Baie soos die Karoo, waarvoor ek so lief is, maar droër, en die wind tier byna onophoudel­ik. Die foto van my op die agterflap is in dié wind geneem; daarom is my oë toe! Interessan­t genoeg is Patagonië ’n enorme streek. Byna ’n derde van die oppervlakt­e van Argentinië (wat ’n groot land is) tel as Patagonië, en die streek strek tot in die buurland Chili. Dis egter nie die hele Patagonië wat so droog is nie: daar is ook mere en pragtige berge, maar waar die Boere heen is, daar is dit droog. Jy dui op die titelblad aan dat die

verhaal ’n fuga is. Waarom juis dit? Die fuga is ’n meerstemmi­ge musiekvorm, waarin een stem begin met ’n kort stukkie melodie, die tema. Dan verskaf ’n tweede stem ’n “antwoord”. ’n Derde stem herhaal die tema, en dan val nog ’n ander stem in met die antwoord. En so word die musiek vervleg. Al ken ’n mens nie noodwendig die naam nie, het almal al ’n fuga of twee gehoor. (J.S. Bach s’n hoor ’n mens baie.) Die musikale term kom van die Latynse woord “fugare”, wat sowel om te vlug as te jaag beteken, en dis presies wat in hierdie boek gebeur. Die vier stemme is Salome, Alta, Tertius en Basjan: SATB, soos in sopraan, alt, tenoor en bas. Maar jy hoef glad niks van musiek te weet om die boek te lees nie! Dis maar ’n speletjie wat ek speel – ’n ekstra laag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa