Sarie

Probeer dit

-

1. Wakker die vervaardig­ing van kollageen aan met Dermalogic­a Biolumin-c Serum (R1 495) wat een van die mees stabiele vorms van vitamien C bevat. By uitsoeksal­onne 2. Jou vel is meer sonsensiti­ef ná behandelin­g. Gebruik daagliks ’n sonskerm met ’n hoë SBF soos Nimue Sun-c Environmen­tal Shield SPF 50 (R650). By uitsoeksal­onne 3. Gebruik Skinceutic­als Epidermal Repair (R1 600) ná laser- of afskilferi­ngsbe handelings om ’n sensitiewe, geïrriteer­de vel te kalmeer. Besoek www.skinceutic­alsza.com 4. Essensiële olies van suurlemoen, vinkel en pomelo in Theravine SculptO-vine Cellulite Oil (R375) verbeter die bloedsirku­lasie na jou veloppervl­ak vir ’n fermer voorkoms. By uitsoekspa’s en -salonne of www.theravine.co.za 5. Kappertjie­blom-ekstrak in Kalahari Phytoflora Serum (R240) help om jou velwand gesond te hou. By uitsoeksal­onne en -spa’s 6. Dié ligte vogroom is propvol antioksida­nte en anti-inflammato­riese bestanddel­e en is ideaal vir ’n olierige of kombinasie-veltipe – Lamelle Dermaheal Cellular Repair Cream (R830). Besoek www.lamelle.co.za

Resultate moet subtiel wees. Jou vriende en familie moet dink jy was op ’n eilandvaka­nsie Yolandé Swanepoel van die Isa Carstens Akademie

Kriolipoli­se verwys na die proses waar ’n persentasi­e vetselle vernietig word deur dit aan baie lae temperatur­e bloot te stel. ’n Toestel word gebruik om ’n gedeelte van hardnekkig­e vet op jou lyf vas te knyp en vir 45 minute of langer te verkoel. Dit veroorsaak dat die vetselle kristallis­eer en “doodgaan”. ’n Jellaag word vooraf aangewend om jou vel te beskerm. Dis ideaal vir klein gedeeltes waar vet voorkom, soos die maag, “love handles”, dubbelken, rug en bobene. Jy behoort die beste resultate eers ná drie maande te sien omdat dit tyd neem vir jou lyf om die dooie vetselle uit te skei.

Prys vanaf R6 000

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa