Sarie

TEBOGO DITSEBE, 50, eienaar en bestuurder, Botebo Farming, plaas Rietrivier, Jacobsdal, Vrystaat

-

’n Wynboer in die Vrystaat . . . en ’n vrou daarby.

Daar op Jacobsdal, so ’n ent van Bloemfonte­in, waar die Oranje-, Vaal-, Riet- en Modderrivi­er bymekaarko­m, boer Tebogo. Dié wêreld en sy mense het ’n sagte plek in haar hart en sy droom oor eendag se wynlande in die provinsie.

Oorspronkl­ik van Kimberley, is dit die ryk aarde van die kontrei wat haar opgewonde maak en gesorg het dat haar eerste oes ’n rekord-een was. En dat sy binne ’n skamele paar jaar bekroon is as die Vrystaat se top- kommersiël­e vroueboer.

“Ek begin my dag uit dankbaarhe­id vir al die seëninge wat ek so mildelik ontvang,” sê Tebogo.

Haar dae is vol, verdeel tussen die eise van die boerdery, wat enigiets insluit van waterbeurt­e, onkruidbeh­eer en hoe dit met die skape gaan tot haar kleindogte­r wat soggens vroeg gereed gemaak moet word “vir die opwindende wêreld van leer”, daarna gim en ’n goeie ontbyt. “En, ek maak my elke dag móói vir werk.”

Ná ’n harde dag op die plaas word haar kleindogte­r opgelaai en dan trek sy daai pantoffels aan en begin kos berei met die produkte wat vars op die plaas beskikbaar is.

“Ná aandete is ’n glas chenin blanc net die regte inspirasie vir nabetragti­ng oor die dag en die opstel van ’n plan vir môre. Dalk ook ’n warm laventelba­d in dankbaarhe­id dat die son môre weer opkom.”

En dít, sê Tebogo, is sy in ’n neutedop!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa