Sarie

Op soek na liefde . . . AANLYN

Afsprake oor die internet is hoofstroom – dis waar baie van ons deesdae ons pasmaat ontmoet. Maar dikwels moet jy eers ’n paar paddas soen, soos drie vroue hier vertel. Een is ’n veteraan van kubervry, nog een het ’n bloutjie geloop en een het liefde gevi

-

later was hulle verloof, nog ’n jaar daarna getroud. “My ervaring met internet-afsprake was inderdaad so goed, ek het drie vriendinne oorreed om ook te probeer. Twee is getroud met mans wat hulle so ontmoet het. Vir die derde een het dit op ’n drie jaar lange verhouding uitgeloop,” vertel Ester, ’n entreprene­ur.

Hulle was net twee jaar getroud toe hy aan ’n hartaanval oorlede is. Sy was 32, hy vyf jaar ouer. Eers ’n paar jaar later het sy gereed gevoel om weer met mans uit te gaan. “Ek wou nie weer dieselfde pad, ’n afspraak-webtuiste, volg nie; dit het vreemd gevoel. Ek het op [die afspraak-app] Tinder besluit: Dis vinnig en jy ontmoet mense in jou omgewing. Heinz* se profiel het my aandag getrek omdat hy iets soos sewe tale praat. O wel, as dinge nie uitwerk nie, kan hy my altyd in ’n ander taal vermaak, het ek skouers opgetrek. Toe ons begin teksboodsk­appe stuur, kon ek aan sy vrae sien hy het darem my profiel gelees. Baie ouens is te lui. Hulle sê net: ‘Hi, how’s it . . .’

“Ek het my Tinder-radius op mense in my omgewing ingestel. En was verstom toe ek sien hoeveel duisende kilometer ver hy is . . . in Switserlan­d! Jy kan blykbaar betaal om mense ver van jou se profiel te sien. Hy sou oor drie weke vir vakansie hierheen kom en wou solank mense ontmoet. Ons het oor ditjies en datjies gesels, elke dag van daai drie weke. Die geselskap het gevloei en ons kon nie uitgepraat raak nie. Hy was sy twee laaste jaar hier op skool en ek was al baie oorsee. Dit was soos om met ’n ou vriend te gesels, sy lewe was anders, tog ook so dieselfde. Ek het geen verwagting­e gehad nie, maar toe ons uiteindeli­k ontmoet, was dit omtrent reg van die begin af ernstig. Ons het mekaar feitlik elke dag van sy vakansie gesien. Hy moes die laaste week Namibië toe gaan en het my saamgenooi.

“Ons het ’n wonderlike tyd gehad en ek wou nie hê dit moet ophou nie. Hy het dieselfde gevoel en belowe hy sal elke paar weke Suid-afrika toe kom. En woord gehou. Die afgelope jaar en ’n half het ons mekaar gereeld gesien. Ek was ook drie keer in Switserlan­d. Dis nogal ’n ding om so ’n langafstan­dverhoudin­g aan die gang te hou, maar hy het dit elke keer gereël.”

En nou is hulle gereed vir die volgende stap. Haar huis is verkoop en sy verhuis binne ’n paar weke Switserlan­d toe. Haar twee labradors en twee katte is reeds daar. Haar dierekinde­rs het hom verskeie kere ontmoet en hy het ook hul harte verower. Hy het, ter voorbereid­ing van hul koms, sy woonstel verkoop en ’n diervriend­elike huis aangeskaf. “Dis so anders daar, ’n wit Kersfees, ski, kaggelvuur . . .”

Sy gaan haar ondernemin­g weer op die been moet bring, gerig op ’n ander mark en koopkrag. Duits leer praat. “Dit voel soos om weer twintig te wees, die lewe lê oop voor my. . .” Hý, met sy oor vir tale, praat (verrassing!) ook Afrikaans, die resultaat van sy tyd hier op skool. “Ek gaan dus nie my taal hoef op te gee nie. As ons voor mense wil skinder, doen ons dit in Afrikaans!” “Kyk,” sê Truida met die intrapslag, “ek vat nie nonsies nie. Ek weet wat ek in ’n verhouding wil hê en gaan nie ’n kompromis aan nie.”

’n Uitdagende beroep veroorsaak dat sy baie reis. Hiperaktie­f, vol lewenslus, soek sy ’n maat wat dinge saam met haar kan doen. Trou, nie sommer weer nie.

Die man wat sy op Tinder ontmoet het, het nommerpas gelyk. Hy was ’n Amerikaner, aan die verkeerde kant van vyftig, soos sy. “Vir langer as twee maande het ons elke aand twee tot vier uur oor Whatsapp gekuier. Ons het mekaar goed leer ken sonder dat seks betrokke was, hormone wat met jou kop smokkel. Elke aand sou ons mekaar iets van onsself vertel, soos ’n staaltjie uit ons verlede.”

Toe haar huweliksbo­otjie sink, was sy twaalf jaar lank getroud, twintig jaar laas op ’n romantiese afspraak met iemand anders as haar eksman. Internet-afsprake was ’n vreemde begrip, maar ’n jonger vriendin het aangedring sy skep ’n Tinder-profiel. Nou ja . . . Nommer een wat sy só ontmoet, probeer haar ná hul eerste ete-afspraak in die parkeerter­rein soen. Hulle gaan speel gholf en by die sewende putjie raak hy weer soenerig. Sy stuur ’n lang Whatsapp, verduideli­k hulle soek nie dieselfde ding nie.

Die mariene ingenieur weer is iewers op ’n skip op die wye oseaan en praat aanmekaar oor sy ma. Sy luister beleefd. Drie weke later vra hy geld. Sy liewe moedertjie se niere het ingegee en sy moet ’n operasie kry. Truida blok hom op Whatsapp. ’n Italianer klink interessan­t, maar is steeks vir videooproe­pe. En sy dring daarop aan, want ’n foto kan ’n duisend dinge verbloem. “Wat is dit met mans op Tinder en branderpla­nke? En dan kan jy sien hy’s stokoud. Of hy poseer met ’n hondjie. Ek soek nie ’n hond nie, maar ’n oulike ou!”

Toe kom die Yank op die toneel. Dis ver, maar hy stel voor sy kom kuier in Texas en hy koop summier ’n eersteklas-vliegkaart­jie. Ná haar aanvanklik­e reaksie – “wát!” – vang sy gees. Hy gesels vooraf lekker telefonies met haar suster, seun en ’n goeie vriendin. Syself bel op sy aandrang sy ma. Haar seun se reaksie: “Ma klink so gelukkig. Ek hou van sy rustige manier van praat.” Ja, sê sy nou. Doodgoed . . . en goed dood. >

DIE GEWIGTIGE WAARHEID ‘Ek soek nie ’n hond nie, maar ’n oulike ou!’ Truida*

 ?? DEUR LYDIA VAN DER MERWE ??
DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa