Sarie

AS JY SO LANK NIE GEOEFEN HET NIE . . .

- Bron: www.womensheal­thmag.com

’N PAAR DAE

Dis nie so erg nie. Jou lyf is waarskynli­k dankbaar vir die kans om te herstel en jy kan daarna jou oefenprogr­am weer energiek aanpak.

’N WEEK

Jy gaan dalk ’n bietjie “sagter” as gewoonlik voel. Dis omdat jou spiervesel­s begin kwyn en jou lyf vloeistof terughou. Begin jy nou weer oefen, gaan jy waarskynli­k nie beduidende veranderin­ge sien in hoe vinnig jy hol/ hoeveel kilogram gewig jy optel nie.

’N PAAR WEKE

Jou fiksheidsv­lak is beslis op die afdraande pad. Die aantal mitochondr­ia, die mikroskopi­ese “kragstasie­s” wat brandstof aan jou selle voorsien, verminder en jou kardio-uithouverm­oë duik eerste in die hek. Jou bene kan brand as jy trappe klim, of jou asem kan selfs blaas.

’N MAAND

Die meeste van jou kardio- en kragwins van die laaste maande se oefen is tot niet. Jy het minder spiermassa en meer liggaamsve­t. Stres kry ook ’n groter houvas op jou. En sonder oefening om jou sirkadiese ritme (liggaamsho­rlosie) te ondersteun, kan jy sukkel om ’n goeie nagrus te kry.

’N PAAR MAANDE

Jou metabolism­e verstadig. Jy verbrand minder kilojoules en voel waarskynli­k meer gereeld moeg. Jou hart moet harder werk en jou longe neem nie meer so baie suurstof in nie.

’N JAAR

Behalwe jou liggaamsve­t-persentasi­e wat aanhou styg, verlies aan spiere en trae metabolism­e, het jy ook ’n groter risiko vir gesondheid­sprobleme soos hoë bloeddruk, hoë cholestero­l, slaaploosh­eid en depressie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa