Sarie

Dís die top-behandelin­gs vir gesig en lyf (sonder die mes)

Die vakansiese­isoen is om die draai en jy wil jou lyf en gesig somergeree­d kry. Met estetiese behandelin­gs kan jy vinnige, sigbare resultate kry sonder chirurgie

-

In’n wêreld waar ons smag na kitsbevred­iging, is dit geen verrassing dat estetiese skoonheid ’n florerende bedryf in Suid-afrika is nie.

“Die grootste aantrekkin­gskrag is die vinnige, sigbare resultate wat meer gevorderde estetiese behandelin­gs lewer, sonder dat dit nodig is om onder die mes te gaan,” sê Yolandé Swanepoel, programhoo­f van estetiese dermatolog­ie by die Isa Carstens Akademie, SA se voorste opleier van skoonheid s terapeute.

Vroue van alle ouderdomme klop by die Isa Carstens Wellness Sanctuary-salonne in Stellenbos­ch en Pretoria aan vir enigiets van chemiese afskilferi­ng om van akneemerke en pigmentasi­e ontslae te raak tot radiofrekw­ensie vir ’n fermer vel. Waar goeie velsorgpro­dukte nodig is om ’n gesonde vel te onderhou, werk estetiese behandelin­gs dieper en meer omvattend om jou vel se bloedsirku­lasie te bevorder, selvernuwi­ng aan te help en die vervaardig­ing van kollageen te stimuleer, verduideli­k Yolandé.

“As jy dié prosesse gereeld ’n hupstoot gee, kan dit ’n reuse-verskil maak aan hoe tekens van verouderin­g weens buitefakto­re [soos sonb lootstelli­ng, stres en dieet] later op jou vel wys.”

Of jy ’n nuweling is wat die wêreld van estetiese behandelin­gs vir die eerste keer betree of ’n ervare kliënt op soek na ’n nuwe behandelin­g om uit te toets, dié ses is tans gewild in SA.

HOEKOM ’N TOP-BEHANDELIN­G? Volgens dr. Nicole Kanaris, ’n estetiese dokter van die kliniek Medaesthet­ique in Johannesbu­rg, maak baie plaaslike bekendes staat op ’n Green Peel om vars en stralend te lyk vir groot geleenthed­e. Dis vinnig met byna geen hersteltyd nie en kan in jou etensuur gedoen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa