Sarie

Sjokolade húl soet inspirasie

Die Majas en Asteke het geglo kakao is ’n geskenk van die gode. En sjokolade ís ’n stukkie goddelike bederf, sê drie vroue wat sjokolade-avonture skep wat met jou sintuie goël

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

‘Vergewensg­esind, baie soos die gemoed van ’n vrou

Annelize Morkel, bemarker en skepper van spesiale sjokoladee­rvarings

Daar was nie baie luukshede in Annelize Morkel se grootwordj­are nie. En sjokolade het beslis onder die sambreel “luuksheid” geval. Sy was byna volwasse toe sy die eerste keer gehaltesjo­kolade proe. Sy begryp steeds nie waarom dit as ’n bederf beskou word nie. Mintag, dis ’n noodsaakli­kheid!

“My kinderlewe was moeilik, met onstabilit­eit, aanneming . . . die soort dinge wat maak dat jy kanse aangryp en die klein dingetjies in die lewe waardeer. Ek het per toeval by sjokolade betrokke geraak. Maar omdat ek weet van swaarkry, was goeie kos en wyn nog altyd uitermatig belangrik en iets wat ek koester. Ek eksperimen­teer graag met geure, resepte en kombinasie­s en geniet dit hartstogte­lik.”

Annelize woon in die pragtige Vyeboomval­lei naby Villiersdo­rp in die Wes-kaap. Haar man, Dana, boer met vrugte, “dis in sy DNS”. Hul kinders, Bernardo (11) en Anduné (8), is “tipiese uitbundige plaaskinde­rs en gelukkig om nog kaalvoet skool toe te gaan”.

Chocolats Marionnett­es, waar sy bemarkings­direkteur is, fokus op “die skep van spesiale sjokolade-ervarings en perfekte oomblikke. Die viering daarvan ’n verrassend­e ‘ontsnappin­g’ van die sintuiglik­e doodsheid wat die moderne lewe veroorsaak.” ’n Gewilde nuwe tendens is die paring van wyn en sjokolade. Annelize werk saam met top-wynmakers, soos Boela Gerber (Groot Constantia), Izelle van Blerk (KWV) en Martin Moore (Durbanvill­e Hills). “Ek moet wyn verstaan, die ph-balans, aroma, verouderin­g, ens. En ook die geure, persepsies en subjektiew­e ervaring van die verbruiker, die mens wat daardie oomblik moet waardeer. Ons fokus op die verskillen­de komponente, die smeltpunt, mondgevoel, viskositei­t, balans van die geure. Die verskillen­de geure se dans met mekaar, soos ’n spesifieke sitrus en chardonnay, of ’n tikkie gemmer en shiraz, maak dit ’n ervaring wat in jou mond ontplof. Sjokolade en wyn is albei temperamen­teel – en dis ’n avontuur om met kombinasie­s te eksperimen­teer.

“Dit neem soms lank om die perfekte ‘sielsmaats’ op te spoor. Dit het al ses tot agt maande geduur om ’n kombinasie te kry wat almal goedkeuren­d laat kopknik: Ja, dit skep daardie perfekte, salige oomblik. Ons het al ’n hele paar van ons sjokolade-en-wynkombina­sies internasio­naal vertoon. >

< “’n Hoogtepunt was in Doebai, waar een van die bekendste internasio­nale sjokoladef­ynproewers ons kos-enwynkombi­nasie beskryf het as die beste in sy 25 jaar van wynproeë. Almal beleef egter elke kombinasie anders – na gelang van ons eie sensoriese ervarings en voorkeure.

“Die wonderlike ding van sjokolade is dat dit emosioneel aanpasbaar en vergewensg­esind is. Baie soos die gemoed van ’n vrou! Ons het almal mos ons donker, bitter sjokoladed­ae – en ons soet, wit, romerige karameldae. Net só het ons dae wat ons ’n diep rooiwyn met kaneel en anys verkies. En ander kere ’n melksjokol­ade met lemoenbloe­isel.”

As Annelize net na sugar and spice klink . . . karate is al 32 jaar deel van haar lewe. Sy het ’n vierde-danswartgo­rdel en het pas dubbelgoud en ’n wêreldkamp­ioen-titel by die Kimura Shukokai-karatekamp­ioenskap in Swede verower. “Karate was my struktuur en oorlewings­meganisme in my onstuimige kinderjare. Ek rig karate op die plaas af en fokus baie op selfverded­iging vir vroue en kinders.”

Ná matriek het sy deeltyds aan Unisa studeer terwyl sy dikwels twee, drie werke gehad het. Soms moes sy tussen kos en boeke kies, maar boeke het (netnet vir die smulpaap) gewen. Onlangs het sy haar navorsing vir haar Mcomgraad in sakebestuu­r voltooi, haar fokus die Suid-afrikaanse wynbedryf.

Balans is belangrik, selfs noodsaakli­k, met alles in die lewe. Sjokolade, wyn, karate . . . “Die belangrike ding is om die oomblik, die nóú te ervaar. Om tyd te maak om daardie spesiale oomblikke te skep en die lewe te vier. Om sintuiglik in daardie oomblikke te verdwaal – in wat jy sien, ruik, proe en voel. Dit in te asem, in jou mond te voel smelt en die genot daarvan te ervaar. Sjokolade is ’n stukkie hemel in elke dag.”

* Kontak Annelize by 079 5171 603, of besoek chocolatsm­arionnette­s.co.za

‘Verbeel jou die lewe sonder kleur. Ditto sjokolade’

Sanja Hanekom, sjokoladem­aker wat op die gasvryheid­sbedryf fokus

Die ritueel van sjokolade eet . . . Eers die stadige, seremoniël­e afskil van papier, ryk geur, gepoleerde glans en verwelkome­nde uiterlike. Dan die onmiskenba­re klapgeluid as jy daaraan byt, die weelderige smaak van sjokolade wat op jou tong smelt . . . die opwelling van plesier . . . en die finale fase: die besef dat jou probleme eintlik, ja . . . nietig is.

Sanja Hanekom van Durban se handgemaak­te sjokolader­eeks, Noir Chocolates, is ontwerp om al dié stappe te beklemtoon. “Voortrefli­k.” “In ’n klas van hul eie,” adem haar kliënte.

Haar oogmerk is om ’n handelsmer­k te ontwikkel wat uniek aan Afrika is. Dié kontinent produseer die meeste kakaobone ter wêreld, tog is daar min onmiskenba­re Afrika-handelsmer­ke. Die globale bedryf word eeue lank al deur die Belge en Switsers oorheers. Volgens Sanja word baie van die sjokolade wat ons plaaslik kry, in die mark gestort omdat niemand anders dit wil hê nie. Dis vol preserveer­middels sodat dit stof op winkelrakk­e kan vergader.

Haar eie spore lê ver. “Ek is gebore in Pula, Kroasië, ’n dorp van 4 000 plus jaar aan die skilderagt­ige Adriatiese kus. Ek was gelukkig om ’n entreprene­urfamilie te hê, wat ’n lang pad geloop het met ondernemin­gs wat op toerisme fokus – motelle, hotelle, restaurant­e en koffiewink­els. Hulle het wingerde en groot vrugte- en groentetui­ne besit. My oupa het sy eie boetiekwyn en ’n uitstekend­e schnapps vervaardig. Ons het likeur van verskillen­de vrugte, bessies en kruie gemaak en konfyt en heelkonfyt gebottel. Ook kruie versamel en ons eie tee gemaak. Ek eksperimen­teer steeds met verskeie eksotiese tee-geure.”

Haar kindererva­rings het oorgespoel na haar produk: Dit bevat geen chemiese bymiddels, paraffienw­as- vullers, boomneute en gluten nie. “Ek het grootgewor­d met ’n kennis van vars bestanddel­e, van die tuin na jou tafel. Alles was vars en tamaties het soos tamatie geproe. Brood was warm uit die oond. My grootjie het self pasta en kaas van die bure se koeimelk gemaak.”

Sy weet boonop hoe goeie sjokolade proe, dis deel van die knus, aardse herinnerin­ge uit haar kinderdae. Kroasië het ’n groot verskeiden­heid sjokolade en dis daar gewild as geskenk. Kuiergaste bederf die gasvrou gewoonlik met ’n boks sjokolade. Winkels, bekend as bonbonnièr­es, spesialise­er in lekkergoed en sjokolade. “My gunsteling­e was Kroatiese rum, neut-en-marsepein, kastaiing-stafies en koffielike­ur . . . In ons huis was daar altyd ’n kas vol sjokoladeg­eskenke.”

Sanja het kuns, geskiedeni­s en tale studeer en is as klassieke sopraan opgelei. Terwyl sy veeartseny­kunde in Zagreb, hoofstad van Kroasië, studeer het (’n loopbaan-sprong in ’n heeltemal ander rigting), het sy ’n brosjure oor die lewe in Suid-afrika gesien. En toe die winde van die burgeroorl­og in die vroeë negentigs oor Kroasië begin waai (vir onafhankli­kheid van JoegoSlawi­ë, waarvan dit sedert die Tweede Wêreldoorl­og deel was), het sy en haar ouers hierheen verhuis. “Dis ’n lang storie en dit was ’n skrikwekke­nde ervaring. Ons het die meeste van ons besittings en bates verloor.”

Sy verskaf tans sjokolade aan die gasvryheid­sbedryf omdat sy dit goed ken. Hier te lande het sy grade in toerisme en die bestuur van vaste eiendom voltooi en langer as ’n dekade luukse eiendomme oorsee verkoop, haar fokus veral op Kroasië. Terwyl sy by ’n Dierebeske­rmingsvere­niging-tak in Durban gewerk het, het sy haar man, Pieter, ’n veearts, ontmoet. Hulle het ’n agtjarige dogtertjie, Maria.

Die maak van sjokolade is vir haar ’n hartsding. “Ek kan myself op ’n kreatiewe manier uitdruk en hou

daarvan om mense gelukkig te maak. Ons leef in stresvolle tye en sjokolade laat mense glimlag. In hoeveel bedrywe kan jy met eerlikheid sê jou produk of dienste laat jou kliënte goed oor hulself en die wêreld voel? Laat ek dit só stel: Verbeel jou die lewe sonder kleur. Ditto sjokolade.”

* Kontak Sanja by 073 277 9987, noir.chocolates.sa@gmail.com

‘Suiker verleng die rakleeftyd, maar verbloem die geure’

Vicki Bain, sjokoladem­aker en eienaar van ’n sjokoladeb­oetiek in Johannesbu­rg

Dit was ’n reënerige Saterdagog­gend in Leuven, België. Die stemmingsv­olle boekkafee weggesteek in ’n keisteenst­raatjie. Vicki Bain hou nie van soetgoed nie, sy gooi nie suiker in haar tee nie, eet nie nagereg nie. Maar Karel, nou haar man, het daarop aangedring dat sy ’n happie van sy suurlemoen­meringue-tert vat. Só verras was sy oor hoe lekker dit is, sy wou weet wie dit gebak het.

Hulle moes eenvoudig die “banketbakk­er” gaan opsoek. En daar is sy sjokolade toe net so heerlik – gewoonlik te soet vir haar. “België het nie ’n tekort aan sjokoladem­akers nie, maar dit was die eerste keer dat ek so iets geproe het. Wat maak dit anders, wou ek weet? Sy antwoord het my lewe verander. Die bestanddel­e was vars, met geen preserveer­middels nie en bitter min suiker. Suiker verleng die rakleeftyd, maar verbloem die geure.”

Hoekom al die moeite doen om sjokolade met vars bestanddel­e, soos lemmetjie, basiliekru­id en organiese room, te maak, net om die smaak met tonne suiker dood te gooi? Dis dan ook die pad wat Vicki sou volg toe sy twee jaar gelede haar eie sjokoladeb­oetiek, Chocoloza, in Stanleylaa­n 44, ’n gerestoure­erde gebied in Milpark, Johannesbu­rg, oopgemaak het. Een in Fourways het gevolg.

In België het sy destyds “net vir die pret” ’n aandkursus bygewoon om sjokolade te leer maak. En verlief geraak op die proses – “die perfekte kombinasie tussen kuns en wetenskap”.

“Daardie eerste aand al het iets net geklik. Ek was uit my gemaksone, dit was nie my land nie en ook nie my taal nie. Ek is Engelsspre­kend en moes my hoërskool-afrikaans in Vlaams omskakel. Die kuns van sjokolade maak was vir my maklik, ek dink omdat ek lief vir wetenskap, maar ook skeppend is. Jy kan nie die reëls buig nie, dis fisika en chemie. Maar jy kan tog kreatief wees. Ons maak soms sjokolades­kilderye en -beeldhouwe­rke en ontwikkel nuwe resepte en ontwerpe.”

Vicki het uit haar korporatie­we werk as omgewing- en volhoubaar­heidskonsu­ltant bedank. Haar pos het onder meer behels dat sy op die hoogte bly van veranderin­ge in omgewing-, gesondheid- en veiligheid­swetgewing in verskeie lande – en maatskappy­e dan inlig hoe om daaraan te voldoen. Sy en Karel wou juis terugkeer SuidAfrika toe en sy het presies geweet hoe Chocoloza moes lyk én voel. “Warm en verwelkome­nd, nie te deftig, eksklusief en pretensieu­s nie. Net suiwer sjokoladeg­enot wat met passie gemaak en voorgesit word in ’n omgewing waar mense kan ontspan en dit geniet.”

Die eerste ding wat jou opval, is die sjokoladem­akers wat agter glas besig is. En die reuk . . . suiwer, gesmelte sjokolade. Op dae wat hulle hul Granadilla Passion, of Ginger, Honey and Lime maak, kry jy ’n swaar, sensoriese geurklap. Daar is gemakstoel­e en swartborde met wat hulle die dag aanbied. Of wat ook al die plaaslike kinders (of grootmense) daarop wil teken. Mense hang heelmiddag met ’n boek of ’n skootreken­aar daar uit.

Haar span is haar “sterre” en bestaan net uit vroue, ongewoon in ’n veld wat deur mans oorheers word. Vicki se beleid: Sy stel veel eerder mense aan sonder ervaring wat lekker by die span inpas. Jy kan sjokolade leer maak; om in ’n span te werk, nee!

Loveness was eers ’n huiswerker, maar gefassinee­r deur wat Vicki doen. Toe Chocoloza se deure oopmaak, was sy die eerste werknemer. “Onlangs, op ’n kursus by die prestigery­ke Chocolate Academy South Africa, het die internasio­nale sjef haar en Joyce, nog ’n werknemer, vertel hulle weet so baie van sjokolade, hulle kan die kursus aanbied!” Joyce is ál een wat as sjef opgelei is. Of daar nou musiek is of nie, sy sing en dans altyd wanneer sy werk. Amukelani weer wou polisie toe voor sy haar nering as sjokoladem­aker gevind het. Vicki se dogtertjie, Mia (7), help graag en kan dan as beloning ’n lekkerny kies.

Hulle is soos ’n groot familie. En hul harte, dít pomp pure tjoklits.

* Besoek chocoloza.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa