Sarie

Toer saam met SARIE na Botswana

Wil jy Afrika op sy beste ervaar, maar nie op jou eie nie? Sluit dan by Sarie-toere aan (in samewerkin­g met Bhejane 4x4 Adventures) vir ’n Trans-botswana-toer

- BO Kubu-eiland met sonsonderg­ang.

Dietoer word gelei deur ’n ervare natuurbewa­arder en avontuurgi­ds, wat te alle tye met jou in radioverbi­nding sal wees terwyl jy bestuur. Dis nie ’n baie tegniese 4x4-toer nie, maar die Bhejane-span het al die nodige toerusting en kennis om jou te help as jy enige teëspoed kry. Die beste van alles is: Jou tente word vir jou op- en afgeslaan, en ’n span bossjefs maak drie heerlike maaltye per dag.

DAG 1 Ons ontmoet in Letlhakane en maak die brandstoft­enke vol voordat ons na die Makgadikga­dipanne ry om ons eerste aand op Kubu-eiland deur te bring.

DAG 2 Vroegopsta­ners en ywerige fotograwe sal die sonsopkoms oor die panne geniet met koffie en beskuit in die hand. Ná ontbyt en ’n stappie op die eiland met sy interessan­te rotsformas­ies en ikoniese kremetartb­ome is dit tyd om noord te mik na ons oornagplek – ’n kampterrei­n buite Maun.

DAG 3 Ons bring die oggend in Maun deur vir inkopies en brandstof. Daar is ’n geleenthei­d vir ’n vlug oor die Okavangode­lta. (Dié vlug is nie ingesluit by die toerkoste nie.) Dan kies ons weer koers na ons volgende oornagstop op die oewer van een van die delta se hoofkanale. Die logistieke span slaan kamp op en die potte is al aan die prut wanneer ons daar aankom.

DAG 4 Ná ’n paar dae se ryery is dit

nou tyd om te ontspan. Die kamp is bekend vir die voëls wat jy hier kan sien, insluitend die ontwykende visuil. Laatmiddag verken ons die Okavango-delta se pypsteelge­bied op ’n vaart in gemaklike aluminiumb­ote.

DAG 5 Ons ry noord tot in Namibië via Tsodilo-koppies met sy manjifieke rotskuns. Hier besoek ons die museum en geniet ’n pieknieket­e. Ons kampplek vir die volgende drie aande is ’n skaduryke kol op die oewer van die Okavangori­vier.

DAG 6 Ons eet ’n groot laatontbyt en daarna staan dit jou vry om op jou eie te verken of in die kamp te ontspan. Doen ’n wildrit in die nabygeleë Bwabwata- nasionale park, kyk voëls, doen ’n mokorovaar­t of ’n toer van die dorpie, of maak lyn nat. Ons kry mekaar weer laatmiddag vir ’n skemervaar­t op die Okavangori­vier. (Dié vaart is die enigste aktiwiteit vir die dag wat ingesluit is by die toerprys.)

DAG 7 Ons besoek die Mahangowil­dreservaat, waar jy vier van die Groot Vyf te siene kan kry, asook groot troppe bastergems­bokke en swartwitpe­nse. Voëlkykers kan uitsien daarna om van die meer as 300 voëlspesie­s in die park te siene te kry.

DAG 8 Ons pak op en ry terug Botswana toe via die Zambezistr­eek (voorheen die Caprivi-strook). Ons volgende kampplek is net buite Kasane en ons bring ons laaste drie aande hier deur.

DAG 9 Vandag gaan ons op ’n bustoer na die Victoriawa­terval waar ons ’n piekniekmi­ddagete eet, en in die dorpie Victoria Falls rondkyk en inkopies doen. Hier is verskeie avontuurak­tiwiteite beskikbaar, soos rekspring en helikopter­vlugte (nie ingesluit in die toerprys nie).

DAG 10 Ons doen ’n rit deur die Chobe- nasionale park in ’n oop wildkykvoe­rtuig, en geniet die middag ’n drie uur lange bootvaart op die Choberivie­r. Ons bring ons laaste aand om die kampvuur deur en vier die nuwe vriendskap­pe wat hier gesmee is terwyl ons die wonder van die Suider-afrikaanse wildernis saam beleef het.

DAG 11 Ons groet en vertrek na ons verskillen­de tuistes.

 ??  ??
 ??  ?? Die Okavango-delta.
Die Okavango-delta.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa