Sarie

Eet jy te veel suiker?

Ja, jy wéét jy moet minder soetgoed eet. Maar wat is die tekens dat jy te veel daaraan weglê? Só protesteer jou lyf

-

JY IS GEDURIG LUS VIR IETS SOETS

Hoe meer soetgoed jy eet, hoe meer smag jy daarna. Want jou smaakknopp­ies pas aan en jy het meer en meer dieselfde smaak nodig. Dit laat jou boonop ’n kort rukkie goed voel, net om daarna ’n insinking te beleef. Soos ’n brander wat ’n piek bereik en dan ineenstort.

JY VOEL TRAAG DEUR DIE DAG

Gekonsentr­eerde bronne van verfynde koolhidrat­e, soos versoete koeldrank, koek en witbrood, laat jou bloedsuike­rvlakke vinniger styg. Jy kan berge versit . . . vir ’n kort rukkie. Daarna is jy nog traer as voor jou soethappie. Jy eet ook moontlik nie genoeg proteïen en vesel nie, belangrike voedingsto­wwe vir volgehoue energie.

JY SIT GEWIG AAN

Suiker is leë kilojoules, sonder vesel en proteïen. Dit versadig jou nie en jy hou aan eet. Dis ook ’n sneller vir die vrystellin­g van insulien, ’n hormoon wat ’n rol speel in gewigstoen­ame en diabetes. As jou selle weerstandi­g teen insulien raak, maak jou pankreas meer daarvan om oortollige suiker op te ruim. Mettertyd kan die pankreas nie meer byhou nie en bloedsuike­rvlakke skiet die hoogte in (diabetes tipe 2).

NIKS IS MEER SO SOET SOOS DIT WAS NIE

Te veel suiker bombardeer jou smaakknopp­ies. Jou suikertole­ransie styg en jy het meer nodig om jou suikertand te bevredig. Dit kan moeilik wees om dit weer te verlaag, maar byt vas en jy sal dalk later selfs begin voel suikerhapp­ies is te soet.

JOU VEL PROTESTEER

Sommige mense is sensitief vir die insulienpi­ek, wat ’n hormonale kettingrea­ksie aan die gang kan sit en ’n uitbreek van aknee of roosaknee (rosacea) kan veroorsaak. ’n Suiker- binge se spore kan binne ’n paar dae op jou gesig te siene wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa