Sarie

Bokstut Steven Kitshoff trou met sy Karoomeisi­e

Die Springbok met die kenmerkend­e rooi hare, Steven Kitshoff, het op 7 Desember met sy Karoonooi Aimee Steenkamp getrou. By dié sprokiestr­oue in die Paarl was daar familie en vriende van oor die wêreld; selfs prinses Diana se niggies

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO’S RYAN GRAHAM PHOTOGRAPH­Y

Die Springbok-loskopstut Steven Kitshoff se gróótste uur het aangebreek. In sy vlootblou pak het hy op die Ashantilan­dgoed buite die Paarl om halfvyf die middag teen die agtergrond van ’n pragtige meer trou aan Aimee Steenkamp, sy blondekop met die vietse lyf, gesweer.

“Die troue was veel meer as waarvoor ek ooit kon hoop,” het hy ná die tyd laat weet. “Dit was ’n droom wat waar geword het.”

Vir hom was die hoogtepunt toe hy sy bruid aan die arm van haar pa, Eddie, na hom toe sien aangestap kom. “Ek is geseënd om haar man te wees.”

Volgens Aimee het die weer nie saam gespeel nie en vir ’n bietjie stres gesorg, “maar op die ou einde was alles perfek. Ek wou gehad het almal moes gelukkig wees en die ambience was uitstekend. Ons eerste dans was absoluut ongeloofli­k . . .”

Bekende gaste op hul groot dag was onder andere die rugbyspele­rs Damian de Allende, Chris van Zyl, Pieter-steph du Toit, Scarra Ntubeni, Bongi Mbonambi, Malcolm Marx en rugbyafrig­ters Robbie Fleck en Rassie Erasmus. Prinses Diana se niggies lady Amelia en lady Eliza Spencer, wat Aimee goed leer ken het deur een van haar strooimeis­ies, was ook daar. So ook Vanes-mari du Toit, die Springbokn­etbalspele­r wat al haar slag in die televisier­eeks Dancing with the Stars gewys het.

Voor die troue gesels Aimee met SARIE in ’n intieme hotel in Kaapstad. Steven het eers vyf dae voor die troue, ná die wedstryd tussen die Barbarians en Argentinië op Twickenham op 1 Desember, na Suid-afrika teruggekee­r.

Aimee is ’n sportiewe blondekop, stylvol geklee in ’n swart kleeftop en mini, met natuurlike grimering en hare wat sag oor haar skouers hang. Met hul Franse straatkat, Shaka, woon sy in hul woonstel op Groentemar­kplein in die geroesemoe­s van Kaapstad. “Steven is mal oor katte. Dit was ’n verskrikli­ke drama om Shaka van Parys tot in Suid-afrika te kry. Die papierwerk! Hy het byna ’n hartaanval gekry,” borrel sy.

Maklik om te sien hoekom die fris rooikop haar uitgesoek het. “Jong, hy is baie stil, ek doen die praatwerk vir twee.”

Sy het sedert die begin van verlede jaar 18 kg afgeskud. “Niks motiveer jou meer as wanneer jy in ’n wit rok moet klim nie!” Sy ruk haar foon uit en wys ’n foto van haar ronder self. “Maar gelukkig was Steven nog altyd mal oor my!”

Deesdae oefen sy sewe dae per week in die gimnasium. Die eerste vier dae van die week twee keer per dag. Die laaste drie, net een en ’n half uur per dag. “Ek is mal oor eet en om by ’n ou wat 125 kg weeg by te hou . . .”

Steven hou van haar borrelende persoonlik­heid, maar, eg man, tel voorkoms ook. Sy aarsel, lag en vertel dan, byna fluisteren­d. “Hy blaas tot soms my hare droog. Ek dink hy maak my dood as ek dit sê.”

Aimee, ’n grimeerkun­stenaar, kom uit ’n lang stamboom van skoonhede. Haar ouma, Marlene Smith, was ’n Mej. SAfinalis, en dié se suster, Cynthia, ’n internasio­nale model.

“My ma is baie stylvol. Sy het die ongeloofli­kste kombuistee met ’n Franse tema by die Bantry Bay-hotel in Kaapstad vir my gereël.” Aimee sê sy sal altyd vir Frankryk ’n sagte plek hê, en sy het selfs op haar troudag die klassieke Chanel No. 5 gedra. Sy en Steven het immers twee jaar in die Franse stad Bordeaux gebly toe hy tussen 2015 en 2017 klubrugby vir die Bordeaux Bègles gespeel het.

Die twee ken mekaar al sewe jaar lank en dit was liefde met die eerste oogopslag toe hulle deur gemeenskap­like vriende op Stellenbos­ch ontmoet het. “Hy was aanvanklik maar stil. Maar het ná ons tweede afspraak reeds vir sy ma gesê hy wil met my trou.”

Aimee sê sy sal eers later aan haar loopbaan aandag skenk. “Op die oomblik is dit Steven se kans om te presteer. Eintlik is ek sy ‘ voltydse assistent’. Sjoe, hy is baie agterlosig. Soms moet ek vreeslik skel. Ek reël alles vir hom en probeer soveel as moontlik saam met hom reis, want hy is my ou groot teddiebeer.”

Steven het grootgewor­d op Somerset-wes en gematrikul­eer aan Paul Roos Gimnasium op Stellenbos­ch. “Hy wou al voor hy skool toe is vir die Springbokk­e rugby speel.

“In Frankryk, op pad na Lyon, was ons eendag in ’n donderstor­m toe die destydse afrigter van die Bokke, Allister Coetzee, hom bel en sê hy wil hê hy moet terugkeer en vir die Bokke speel. Dit was magic,” onthou sy.

Dan borduur sy voort: “Ek was mal oor Frankryk. Ons het die ongeloofli­kste wynlandgoe­dere besoek, want ons het met van die wynmakers bevriend geraak. Ons het ook na Griekeland en Italië gereis, dit was fantasties.”

Maar die Karoo roer haar. Sy was tot die middel van graad nege op Hoërskool Beaufort-wes, maar het aan die Hoër Meisieskoo­l Paarl gematrikul­eer

“Ek is ’n plaaskind. My pa is ’n skaapboer op ons plaas Doornbooms­fontein. Die koppies, skaap wat so plek-plek wei in die veld, die reuk in die lug, dit is dinge wat net ’n Karookind ken. Ons het ook ’n saaiplaas, Karbonaatj­ieskraal, aan die Weskus waar my pa ’n besigheid het wat gifhalsban­de en klokkies maak om skape teen roofdiere te beskerm. Hy is mal oor diere en baie ‘groen’.”

Steven is ’n bietjie soos haar pa – vasberade en ambisieus. “Dit het my dadelik aangetrek.” Sy vertel dat mense in winkelsent­rums soms vra of hy die Bok is, en dan sê hy nee, hy is sy broer, Ruben. “Hulle lyk baie na mekaar. Steven gee om vir ander. Almal hou van hom.”

Een van sy beste vriende, ook ’n strooijonk­er, die Bok Malcolm Marx, sê: “Hy is gemaklik en saggeaard. Ek ken hom al vier jaar lank. Steven doen goeie dinge vir ander en verwag niks terug nie. Hy verlang baie na sy Aimee wanneer hulle lank weg van die huis af is en sal gereeld vir haar whatsapps stuur. Hy bederf haar met geskenke en koop selfs grimering by haar gunsteling- Europese winkels – presies waarvan sy hou!”

Steven sê: “Ek en Aimee deel soveel belangstel­lings en ons verhouding is op ’n sterk vriendskap gebou. Ons probeer altyd die ander se behoeftes voor ons eie stel. En sy is soveel pret. Sy is my rots.”

 ??  ??
 ??  ?? Die dekor op die onthaal is deur die Russiese fotograaf Murad Osmann geïnspiree­r.
Die dekor op die onthaal is deur die Russiese fotograaf Murad Osmann geïnspiree­r.
 ??  ?? HIERDIE FOTO Aimee se trourok was ’n roomkleuri­ge Galluzzi e Gini-skepping van symikado. Sy het gehou van die tradisione­le, koninklike gevoel daarvan.LINKS Die mooie Ashantilan­dgoed, afgeëts teen donker wolke.LINKS ONDER Honderde origami-voëltjies en goue koutjies teen ’n wolk van wit ballonne skep die sprokie waaroor Aimee gedroom het.
HIERDIE FOTO Aimee se trourok was ’n roomkleuri­ge Galluzzi e Gini-skepping van symikado. Sy het gehou van die tradisione­le, koninklike gevoel daarvan.LINKS Die mooie Ashantilan­dgoed, afgeëts teen donker wolke.LINKS ONDER Honderde origami-voëltjies en goue koutjies teen ’n wolk van wit ballonne skep die sprokie waaroor Aimee gedroom het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 7. ’n Intieme oomblik tussen die nuwe mnr. en mev. Kitshoff. 8. Aimee saam met haar ma, Eleanor, en suster, Ingrid. 9. Steven en PierreAndr­ew Baxter, een van sy strooijonk­ers. 10. Die gewilde groep The Black Ties het tydens die drankies voor die onthaal die musiek verskaf. Van links is Chad Saaiman, Keeno-lee Hector en Lloyd Jansen. 11. Handgemaak­te kant uit Italië verleen ekstra swier aan die trourok.12. Bok- en Stormerssp­anmaats van Steven. Van links is Wilco Louw, JJ Engelbrech­t, Pieter-steph du Toit, Damian de Allende, die bruidegom, Chris van Zyl, Bongi Mbonambi, Kobus van Dyk en EW Viljoen.
7. ’n Intieme oomblik tussen die nuwe mnr. en mev. Kitshoff. 8. Aimee saam met haar ma, Eleanor, en suster, Ingrid. 9. Steven en PierreAndr­ew Baxter, een van sy strooijonk­ers. 10. Die gewilde groep The Black Ties het tydens die drankies voor die onthaal die musiek verskaf. Van links is Chad Saaiman, Keeno-lee Hector en Lloyd Jansen. 11. Handgemaak­te kant uit Italië verleen ekstra swier aan die trourok.12. Bok- en Stormerssp­anmaats van Steven. Van links is Wilco Louw, JJ Engelbrech­t, Pieter-steph du Toit, Damian de Allende, die bruidegom, Chris van Zyl, Bongi Mbonambi, Kobus van Dyk en EW Viljoen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa