Sarie

Die liefde oorwin alles

Dit klink soos ’n fliek . . . ’n Karoomeisi­e wat liefde vind by ’n man van betowerend­e Marrakesj. Of ’n Stellenbos­ser wat trou met ’n Arabier van Sirië. Twee SA vroue vertel hul ongewone liefdesver­hale

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

‘Ek en Talhat het ’n vurige liefdeslew­e’ Anja Taschner, rooskweker, ‘neus’ en landskapsa­rgitek van Ludwig’s Roses naby Stellenbos­ch

Trou was nie op hierdie blondekopD­uitser óf haar olyfkleuri­ge Siriër se agenda nie.

Maar drie jaar gelede, toe Anja Taschner en Talhat Alhabal hul jongste, Sophia, se geboorte by Binnelands­e Sake gaan registreer, sien hulle die bordjie “Huwelikska­ntoor” raak. En op die ingewing van die oomblik stap hulle in. Twee uur later het hulle ’n afspraak en twee onbekendes wat toustaan, teken as getuies. “Ek het Sophia geborsvoed en Gabriel [nou 6] het Talhat se hand vasgehou. Ek was sonder ’n steek grimering, in ’n ou blou trui,” lag sy.

Op ’n sonnige dag by Ludwig’s Roses naby Stellenbos­ch is Anja se storie so soet soos ’n tuinroos.

“Ons het ’n week of wat ná ons troue die nuus met ons vriende gedeel en beloof om ná tien jaar partytjie te hou. Dan kan ons régtig feesvier. ’n Huwelik is immers nie ’n sprokie of gaste wat sjampanje drink op jou troudag nie. Dit is toewyding en verg vasbyt.”

Hulle ken mekaar reeds nege jaar en lag nog baie oor dié onkonvensi­onele troue, maar is maller oor mekaar as ooit.

Anja, wat glo maats word deur hul liggaamsre­uk na mekaar aangetrek, vetel daar was onmiddelli­k “vuurwarm elektrisit­eit” toe hulle mekaar destyds op die dansbaan by ’n vriendin se partytjie in Pretoria sien. “En Talhat is baie aantreklik. Hy het ’n diepe wysheid en liefde vir Arabiese poësie.”

Talhat was in daardie stadium reeds agt jaar in Suid-afrika omdat hy nie in sy geboortela­nd militêre diens wou doen nie. Hy het ingenieurs­wese aan die Universite­it van Pretoria studeer. Nou werk hy as hoofbestuu­rder by Ludwig’s Roses.

“Aanvanklik het ek gedink ek kan nooit by ’n Arabier betrokke raak nie,” sê sy. As 19-jarige het sy drie maande lank by ’n visrestaur­ant in Nice, Frankryk, saam met Arabiere gewerk. “Dit was hectic en hulle het my soos ’n slaaf behandel. Ek moes toilette skrop, met stomende potte bouillabai­sse [’n ryk Franse vissop] van die kombuis oorkant die straat na die restaurant hardloop en aan gaste bedien, swaar goed dra.”

In die begin het sy hom ’n ruk vir haar ouers “weggesteek”. “Maar hulle was toe nie verbaas nie. Ek het maar altyd ’n voorliefde vir eksotiese mans gehad en my eerste groot liefde was immers ’n Griek. My Afrikaanse kêrel het glad nie by my gepas nie. Hy was baie voorskrift­elik en ek moes my hare droogblaas en kos maak. Hy kon boonop nie my emosionele persoonlik­heid hanteer nie. As Duitse vrou is ek baie onafhankli­k grootgemaa­k en hou nie daarvan dat ’n man my voorsê nie.”

Talhat se “liefdestaa­l” is dat hy haar vryheid gun. “Ek leef my persoonlik­heid en loopbaan ten volle uit.” Tog is hy trots en “hardkoppig”, net soos Anja. “Toe ons ontmoet het, was hy nie gewoond aan

onafhankli­ke vroue nie, hoewel sy suster die eerste mediese dokter in Damaskus [die Siriese hoofstad] was. Maar ons praat dinge uit.”

Wat godsdiens betref, is Talhat ’n Moslem en Anja spiritueel. Hul gesin vier Kersfees, maar ook Eid(-oel-fiter), die Moslem-kersfees aan die einde van die vastyd. Hulle het egter wel al kop gestamp oor sekere Moslem-gebruike, soos dat seuntjies besny moet word. “Maar ons glo aan een God en het dieselfde waardes: liefde en aanvaardin­g; doen aan ander soos wat jy wil hê aan jou gedoen moet word. Ons kinders sal eendag self kan kies watter geloof hulle wil aanvaar.”

Anja en Talhat kommunikee­r in Engels met mekaar, hy praat Arabies met die kinders en sy Duits, die kinders Sotho met die huishulp. Buiten Duits en Engels, praat Anja ook Sotho, Frans en Afrikaans, en sy verstaan Arabies en kan dit ’n bietjie praat.

“Ek glo hoe meer tale jy praat, hoe beter verstaan jy mense. Dit het my gehelp om Talhat beter te verstaan. Eers was hy baie misterieus omdat ek nie sy taal verstaan het nie.” Maar albei is berese en Anja reken dít en meertaligh­eid help dat hulle oopkop is.

Sy weet min van Talhat se grootwordj­are in Damaskus en hy van hare, maar sy het al van sy familieled­e in Doebai en in Amerika ontmoet. “Dit is te gevaarlik om Damaskus toe te gaan. Sy ouers was gesiene koffie- en teehandela­ars in Jordanië, Libanon en Sirië. Vir hom was dit ’n geweldige slag dat hy nie sy ma se begrafnis kon bywoon nie. Sy het nooit haar kleinkinde­rs ontmoet nie, maar danksy tegnologie kan ons darem met die familie kontak hou.”

Talhat is ’n gesinsman en het ’n plek na haar hart oopgekook. “Die Siriese kookkuns word gekenmerk deur die gebruik van speserye soos naeltjies en ook knoffel, en hy is lief vir eiervrug, neute en olyfolie.” Hulle kook egter ook dikwels saam.

“Talhat geniet eenvoudige, heilsame dinge. Om te gesels om die etenstafel. Om te swem en te lag saam met die kinders in ’n bergpoel, dam of rivier. Met albei kinders se geboorte was hy aan my sy.”

Sy vertel hulle is albei dol op nuwe ervarings. Van November 2015 tot Januarie 2017 het hulle in Phoenix, Arizona, op roosplase gewerk sodat hulle meer kon leer oor die verskillen­de roosvariët­eite en om SA rose in Amerika te bemark. In hierdie tyd het hulle ses maande lank met hul kinders gekampeer en fietsgery – 16 093 km – deur sneeu én woestyn. “Die afgelope twee jaar terwyl ons die besigheid op Stellenbos­ch moes vestig, was nie speletjies nie. Maar ons hou mekaar se hande vas en só bly ons sterk.”

Voor my sit ’n vervulde vrou met blink oë, gloeiende wange, selfversek­erd in ’n bont mini en aanglipsan­dale. “Ek en Talhat het ’n ongeloofli­ke liefdeslew­e, en dit raak net beter. Hy het my lief net soos ek is. Selfs nog méér ná elke kind. As ons date- aande het, tik ek Bulgari Jasmin Noir aan vir my man. Ek doen dit omdat ek baie selfsugtig is, want ek weet presies wat ek wil hê. En ek kry dit.

“As hy deur ’n moeilike tyd gaan, fokus ek op sy sterk punte en dinge waarvan hy hou. Hy hou van aanraking. As hy mý styf vashou en ek ruik hom, voel ek weer veilig.”

Sy hoop hul kinders leer uit hul huwelik ware liefde ken geen grense nie.

* Word ’n “neus” en skep jou eie parfuum op ’n roostoer na Grasse, Frankryk, van 9-14 Mei. Vir meer, besoek www.anjataschn­er.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa