Sarie

Kuberkuier: Mazabuka, Zambië

Tussen werke en nuuskierig oor sy ma se grootwordl­and, het Johan Beukes in Zambië beland. Nou noem hy en sy gesin dit huis

- DEUR LIESEL PIENAAR

Hoe het jy in Zambië beland? Ek het in 2002 my werk as ’n nasionale verspreidi­ngsbestuur­der aan die Oos-rand bedank om beroepsjag­ter in Limpopo te word. Ek wou kop skoonmaak. So blaai ek een Sondag in Oktober 2003 deur Rapport se klein advertensi­es en sien ’n vakante pos by ’n meubelverv­oerder in Kitwe bo in die Koperstree­k. My ma het in Zambië grootgewor­d en dit het my nog altyd geprikkel. Ek was soort van sonder werk en hulle desperaat vir iemand, toe besluit ek om met my motorfiets Zambië toe te ry en te kom kyk wat hier aangaan. En sedertdien woon en werk jy daar? In my tyd hier het ek al ’n paar goed gedoen. Deesdae doen ek olie-analises op enjins met ’n masjien wat ek van Amerika ingevoer het. Ek het my Italiaanse vrou, Paola dal Bosco, in 2004 hier ontmoet en in 2009 is ons getroud. Ons twee seuns, Giovanni (nou 8) en Luke (7), is in Lusaka gebore. Dit het huis geword. Is die lewenskost­e laer of hoër as in Suid-afrika? Baie produkte word ingevoer en is uiteraard duurder. ’n Kennis het eenkeer strokies van supermarkt­e vergelyk: Wat in Suid-afrika R1 000 gekos het, was in Zambië R2 120! Snaaks genoeg is sterk drank soos whisky, brandewyn en rum weer goedkoper. Ek dink die een of ander politikus het iets hiermee te doen . . . maar ek gaan nie kla nie! Wyn en bier is weer aansienlik duurder.

Voertuie het ook belaglik duur geword. Ek het in Maart 2011 ’n nuwe dubbelkaju­itbakkie in Zambië gekoop, daardie tyd vir R100 000 goedkoper as in Suid-afrika. Vandag kos dieselfde model in Zambië byna R200 000 meer.

Huispryse en huurgeld is ook baie hoog. Gelukkig bly ons op ’n plaas buite die dorp Mazabuka en kom baie goedkoper oor die weg as ons vriende in Lusaka. Vleis is oor die algemeen goedkoper as in Suid-afrika, en volgens my van die beste wat jy kan kry. Ek smokkel altyd vir my pa so ’n stuk of wat saam as ek gaan kuier. Is Zambië baie op toerisme ingestel? Ek en vriende praat die laaste tyd baie hieroor. Ja, toerisme is een van die regering se voorkeurse­ktore en hulle moedig beleggings aan. Maar dan gaan ek taamlik gereeld Livingston­e toe vir sake en kan sien die diens is nog net so swak soos tien jaar gelede. Pleks daarvan om toerisme te bevorder, het die regering en plaaslike administra­sies hul tariewe, permitgeld­e, ensovoorts verhoog en dus moes lodges en ander toeristepl­ekke dieselfde doen.

Toe Zimbabwe se probleme destyds in 2000 begin het, het mense ’n boom vir Zambië voorspel. Dit het seker vir ’n wyle beter gegaan, maar nie soos waarop gehoop is nie. ’n Goeie kennis het my so ’n paar weke gelede vertel hy moet 13 lisensies hê om sy lodge aan die Zambië-kant van die Laer Zambezi wettig te bedryf. Oorkant die rivier in Zimbabwe het jy net vyf nodig! Jy kry die idee die regering wil “skep” waar hulle kan. Almal kla daaroor.

Maar dit alles gesê, Zambië is ’n baie mooi land en hier is plekke wat nog heeltemal ongerep is. Wat is jou grootste uitdagings? Die koste om besigheid te doen is taamlik hoog. BTW kan byvoorbeel­d nie so maklik afgeskryf of teruggeëis word soos in Suid-afrika nie. Ek voer baie onderdele vir kliënte in en probeer altyd genoeg fakture uitskryf sodat ek nie in ’n posisie is waar ek moet terugeis van die regering nie. Dit het al gebeur en ek het eise van ouer as twee jaar wat nou nog nie terugbetaa­l is nie. Jy kan nie ’n Btw-verlies van een maand oordra en afskryf teen ’n volgende maand nie. As jou opgawe in is, moet jy maar wag vir jou geld as dit ’n eis is. Die meeste mense skryf dit maar af.

Die regering het ook onlangs invoerbela­sting ingestel op produkte wat hulle voel reeds in Zambië gemaak word. My vrou voer byvoorbeel­d verpakking in vir haar natuurlike skoonheids­produkte wat sy plaaslik vervaardig. Daar is wel mense wat verpakking hier maak, al is dit nie naastenby van dieselfde gehalte nie, dus betaal sy ’n ekstra 5% bo en behalwe die gewone invoerbela­sting. Die vervoer dra verder tot die koste by.

Die Zambiese regering is baie lief vir knee-jerk- reaksies soos nuwe wette en regulasies, sonder om mooi daaroor te dink. Onlangs het hulle die minimum loon byna verdubbel. Pleks van meer geld in mense se sakke, sit baie nou sonder werk. Die woorde “policy instabilit­y” word baie gehoor. Dis ook nie maklik om permitte te kry om wettig te werk of ’n ondernemin­g te bedryf nie. Reis jy baie in Afrika? Ek ry so twee tot drie keer per jaar deur Botswana af Suid-afrika toe, maar sien nie veel van die ander lande nie. Ons gaan wel gereeld weg vir langnaweke in Zambië, maar nie genoeg om Zambië nie. Dan weer, my vrou is Italiaans, so ons moet daar ook uitkom! Jou gevoel oor die magtige Victoria-waterval? Dis rêrig iets wat jy moet beleef, veral

so om en by April, Mei en Junie as die Zambeziriv­ier op sy hoogste is. Jy kan dit nie beskryf nie. Ek was in April 2018 weer daar saam met my seuns en ouers en ons het papnat “gereën” op die roete wat jy stap om die waterval te sien. Zambië is ’n arm land . . . Volgens artikels wat ek al gelees het, is Zambië tussen die tweede armste land ter wêreld tot die onderste 20%. Hier is ’n paar baie ryk mense, dan so ’n kleinerige middelklas en die res is bitter arm. Die deursnee-werker hier onderhou so 15 mense met sy salaris. In een van my vorige werke het ek honderde mense onder my gehad en dit was ongeloofli­k hoeveel van hulle na hele families omsien – ouers, kinders, broers, susters en dié se kinders.

Ou Donald Trump het baie houe gevat oor sy “shithole”-aanmerking oor Afrika-lande. Baie van ons was deel van daai koor wat hom op sosiale media getakel het, maar die werklikhei­d is as jy nie geld het om jouself ’n bietjie op te hef nie, dan bly jy op so ’n plek. Almal het foto’s opgesit om vir Trump te wys hoe oulik Zambië is en hoe lekker hulle op “vakansie” is. Niemand het die slums van Lusaka gewys nie, of die platteland waar vroue en kinders van net drie of vier jaar oud klippe kap om te verkoop as boumateria­al nie, of die Koperstree­k waar van die myne geen respek vir die omgewing het nie, of dat Zambië een van die hoogste ontbossing­syfers in die wêreld het. Die lys is ongelukkig lank. Dis damn hartseer! Is daar baie Suid-afrikaners? Ja, nogal. Die meeste is in Lusaka en die Koperstree­k, maar hier is ook ’n klompie boere wat al taamlik lank hier is. Party het gekom en weer gegaan. Die natuurskoo­n is besonders, maar dis ’n moeilike plek om te werk en sake te doen. As jy dit kan maak (met ’n geldjie om darem so nou en dan uit te kom), dan is dit wonderlik om hier te bly. Vertel van die vlermuise. Dis nog iets wat jy moet beleef. Ek het al ’n paar keer verby die Kasanka Nasionale Park gery, maar nog nooit ingegaan nie. Ons vriende wat al daar was, sê almal dis onwerklik om twee miljoen vlermuise te sien wat byna soos een gelyktydig opvlieg. Dis vir seker op my emmerskopl­ys. Het jy al mopaniewur­ms geëet? Lank, lank gelede vir die grap toe ek jonk en jeukerig was, en dit was nie eens in Zambië nie. Gelukkig is daar nog goeie vleis op die mark en hoef ek nie wurms te eet nie. Beskryf die kantooreti­ket. Zambiërs hou daarvan om “formeel” te lyk by die werk. Selfs in Oktober se hitte sal die mans lang moue en dasse dra en buite die kantoor met hul baadjies aan rondloop. Die vroue geniet dit ook om formeel aan te trek en hoëhakskoe­ne is altyd ’n wenner. Hulle is baie beleefd en groet altyd ordentlik en vra hoe dit gaan. Oor die algemeen is Zambiërs baie vriendelik en behulpsaam. Die weer is subtropies? Ons het eintlik net twee seisoene, somer en winter. Wel, dit voel ten minste so. Nes jy dink die “herfs” gaan nooit kom nie, dan is dit winter. Sodra dit in die “lente” begin warm word, dan voel dit ewe skielik soos somer. Miskien het aardverhit­ting iets daarmee te doen. Ons het al in Augustus temperatur­e van meer as 30 °C gehad. Oktober en November draai hier diep in die veertigs. Zambië is . . . Die beste plek om jou kinders groot te maak. Ons mis dit om van die dinge te doen wat stadsmense doen en dikwels is basiese goed nie beskikbaar nie, maar ons kinders het ’n wonderlike lewe. Hulle is in ’n kleinerige laerskool en deur die week in die koshuis. Naweke en vakansies vang ons vis of ons jag of ry motorfiets en geniet baie ander buitemuurs­e aktiwiteit­e. Hulle speel soos ek dit uit my kinderdae onthou, met bitter min tyd voor die ipad of televisie. Miskien het pa ook hiermee iets uit te waai . . . arme kinders!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa