Sarie

SARIE Modeskool: Skryf in

- FOTOGRAAF WILLEM LOURENS GRIMERING & HARE NANDI KAI VAN SUPERNOVA MODELLE SANDRA VAN DIE 3D MODELAGENT­SKAP & KSENIA VAN D&A MANAGEMENT

Mode is meer as klere. Dis ’n wêreld van stories – elke voorkoms en elke mode-item vertel ’n verhaal. Dit praat ook van vreugde; net om dáárdie stuk vir jou klerekas te ontdek wat so rég is vir jou. Wat jou mooi, selfversek­erd en bemagtig laat voel. Nimmereind­igende versoeke om te weet hoe SARIE se mode-afdeling werk, het gelei tot die ontstaan van SARIE Modeskool so twee jaar gelede. Met elke modeskool in SARIE se Kaapse kantoor deel moderedakt­eur Amaria Carstens haar A-z-kennis. Jy kry selfs kans om saam met ’n profession­ele fotograaf, topmodel, grimeerkun­stenaar en haarstilee­rder te werk. In November het ons ons 7de Modeskool aangebied en hier wys ons die resultaat van ons 14 ‘studente’ se ateljee-fotosessie. Sommige het bloot ’n lewendige belangstel­ling in mode, ander wil mode hul loopbaan maak en nog ’n paar het ’n lank gekoesterd­e droom uitgeleef om ’n voorkoms of twee bymekaar te sit. Kreatief en oorspronkl­ik, is hoe Amaria dié groep se werk beskryf. Binnekort bied ons die 8ste Modeskool aan en jy kan reeds inskryf.

Kursusgang­ers is bederf met: ontbyt, peuselhapp­ies en koffie van Vida e, ’n Instaxkame­ra vir polaroid-foto’s, geskenke van Poetry, Falke, Accessoriz­e, Inglot, by Cara, Cotton On, Eco Diva en Lancôme, asook ’n praatjie deur VIA se Werner Wessels, Sarie-redakteur Michélle van Breda en Sarie-kunsdirekt­eur Maresa Pretorius.

* SARIE Modeskool het in 2017 die Media24-prys vir Innovasie gewen

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa