Sarie

Verlief op my werk

Of dit nou ’n passie vir die ongerepte natuur is, of ’n liefde vir juwelierso­ntwerp – as jy ’n oormaat daarvan het, is inspirasie gewaarborg, het dié twee entreprene­urs ontdek . . .

- DEUR SUZETTE TRUTER

Op 54 het die liefde Sharon Botha soos ’n weerligstr­aal getref. Sy kon nie ophou glimlag nie.

“Ek was ’n pyn in die nek, drie jaar lank,” skerts Sharon oor die “lighoofdig­e geluk” wat sy pal ervaar het sedert sy die dag by die Ruth Prowse-kunsskool in Kaapstad ingestap het om na ’n juweliersw­are-uitstallin­g van studente te kyk. En net gewéét het: Dís wat sy wil doen.

Dit was ’n oorweldige­nde, emosionele oomblik wat haar gedryf het om daad by die woord te voeg. Van 2011 tot 2013 het Sharon aan dié skool juwelierso­ntwerp studeer; haar enigste vraag aan die departemen­tshoof was hoe die studente ’n ouer mens sal hanteer. “Maar dit was fine, ek het elke dag met ’n reuse-glimlag saam met die klomp ingestap, elke oomblik geniet . . . ek het my passie ontdek!”

Vandag lewe Sharon steeds “haar beste lewe”, soos sy dit stel. Sy het kliënte van oor die wêreld heen wat haar treffende, bonkige silwerjuwe­liersware koop. “Ek is nog elke keer verras en uit my nate as ek ’n kompliment kry vir een van my stukke,” vertel sy. Haar ondernemin­g – Cole Jewellery in Woodstock, Kaapstad – het einde verlede jaar boonop die Kamersmake­rstoekenni­ng vir die beste stalletjie gekry.

Sharon was as kind al kreatief. Op laerskool het sy kunsklasse geneem en haar droom was om eendag kunsskool toe te gaan, maar “ek is na ’n kloostersk­ool waar sulke ligsinnige nonsens nie aangemoedi­g is nie!”

Uiteindeli­k het sy as skoonheids­terapeut gekwalifis­eer, waarvan sy niks gehou het nie, en ná haar troue was sy dertien jaar lank ’n tuisbly-ma vir hul drie kinders (haar man het dit so verkies) tot met hul egskeiding in 1992.

Daarna het Sharon haar kreatiewe talente ingespan, want met drie jong kinders moes sy geld verdien. “Ek dink ek het partykeer meer uitgegee as wat ek ingekry het. Ek het naaldwerkk­lasse gegee, appliekwer­k gedoen, vir ’n paar jaar bedlinne ontwerp, groetekaar­tjies gemaak . . .”

Tien jaar ná haar egskeiding is sy weer getroud, en sy en Johan het tussen hulle ses kinders. (En nou al vier kleinkinde­rs.) Saam het hulle ’n kralewinke­l in Kaapstad begin, wat ’n groot sukses was.

“Ons het later drie winkels gehad, maar toe tref die credit crunch ons. Al die tuisbly-ma’s wat so graag kraleskepp­ings gemaak het, het ophou koop. Dit was ’n moeilike tyd. Toe ek by Ruth Prowse wou begin swot, het ons pas ons huis verloor. Ek het gesmag na kreatief wees, maar ek moes eers Johan se seën kry en hom oortuig – ons lewe was immers in ’n warboel. Hy’t huiwerig ingestem.”

Dit was nie maklik nie: om voltyds te studeer, ’n huishoudin­g te bestuur, ’n sterwende besigheid te sluit, haar huwelik bymekaar te hou en na haar ma om te sien, maar dit was dit werd. “Ek sal dit weer doen – in a heartbeat.”

Vandag weet Sharon dat sy nie die selfvertro­ue sou hê om die wêreld van juwelierso­ntwerp te betree as sy nie ’n ordentlike kwalifikas­ie gehad het nie. Dít het haar bemagtig.

‘Wees avontuurli­k, vertrou jou instink – jy sal nooit weet tot jy probeer nie’ Juwelierso­ntwerper Sharon Botha

< Om te ontwerp gee haar eindelose plesier. Sy het nooit kon dink dat sy soveel emosie in ’n stuk juweliersw­are kon sit nie. “Ek is mal daaroor om met my hande iets te skep. Ek hou van metaal, van die bonkigheid van silwer. Maar dis fisiek uitputtend, ure en ure se inspanning. Jy kan net na die toestand van my hande kyk!”

Sharon inkorporee­r verskillen­de stene in haar werk, soos robyne, toermalyn, geelkwarts, swart spinel en pêrels. Selfs rooi sydraad.

Haar reeks silwerjuwe­liersware met rooi draad as aksente is gebaseer op die Chinese geloof dat ’n onsigbare rooi draad diegene verbind wat bedoel is om te ontmoet, ongeag tyd, plek of omstandigh­ede – die draad sal nooit breek nie. “Dit vind aanklank by soveel mense. Op die oomblik is Johan in China, al my kinders woon oorsee, maar die onsigbare draad verbind ons,” verduideli­k sy.

Struikelbl­okke is daar egter ook. In die wintermaan­de is verkope heelwat laer. En Sharon is nie ’n natuurlike bemarker nie. Sy leer elke dag meer van sosiale media, hoe die sakewêreld in 2019 werk. Begrotings is ook “angswekken­de goed”, maar sy doen dit.

Een van haar beste vriende van kleintyd het vir haar die geld gegee vir die perseel in Woodstock van waar sy haar besigheid bedryf. (“Dit het my soveel van dankbaarhe­id geleer.”) Hier werk sy lekker, omring deur jonger ontwerpers. “Daai jeugdige idees is verfrissen­d, en ek speel die universele moeder wat my neus oral kan indruk. Ek sê mos: Best life ever!”

Aan inspirasie het sy nooit ’n tekort nie. Tans bly sy op ’n plaas buite Stellenbos­ch en in haar kop het sy reeds ’n reeks idees wat vorm aanneem, geïnspiree­r deur die grasse in die omgewing. “Daar is soveel ontwerpide­es wat in die wind waai, jy moet hulle net vang.”

‘Ek bly die wêreld verken, dit gee my energie’ Kunstenaar Leigh Wolfaardt

Omring deur pikkewyne, olifantrob­be en albatrosse, met ’n uitsig op gletsers en sneeubedek­te pieke . . . in ’n navorsings­kamp op die verruklik mooi eiland Suid-georgië naby Antarktika.

Één met die natuur op Dasseneila­nd, die klein natuurrese­rvaat aan die Weskus van Suid-afrika.

Ingeburger op die Falklandei­lande met fassineren­de mense en “charismati­ese” pikkewyne . . .

Kunstenaar en illustreer­der Leigh Wolfaardt was nog altyd baie lief vir die natuur en buitelewe. Toe sy boonop met ’n bewaringsb­ioloog met ’n passie vir afgeleë wildernisg­ebiede trou, en sy al dié plekke saam met hom kon verken, het haar kreatiwite­it vlerke gekry. Oral waar hulle gewoon het, het sy haar unieke styl verder ontwikkel – van olieverfsk­ilderye tot keramiekwe­rk.

Deesdae bly Leigh en haar man, Anton, op hul familiepla­sie aan die voetheuwel­s van die Tsitsikamm­aberge by The Crags aan die Tuinroete. Hulle is omring deur berge, strande en woude, alles naby haar ateljee, waar sy steeds haar liefde vir die natuur in haar kuns uitbeeld. Benewens ’n nuwe reeks kunswerke en kaartjies oor Suid-afrika se fauna en flora het sy ’n tekstielre­eks ontwerp met die ikoniese plante van die Tuinroete as tema. (Die Wildsidere­eks is in samewerkin­g met Pru Bolus van Langa Lapu, wat materiaal met die hand maak, en dis beskikbaar by Zandlazam, The Crags.)

Leigh kan ook steeds nie voorbly nie met die internasio­nale vraag na haar werk oor die Falkland-eilande, waar sy en Anton van 2008 tot einde 2013 gewoon het.

“Ek skep elke jaar nuwe kunswerke om my Falklands-reeks uit te brei en dit opwindend te hou. Dis so bevredigen­d. Ek kry ’n kick daaruit om te weet dat dit soveel mense plesier gee, van Asië en Europa tot Amerika. Daar is ’n groot toeristema­rk op die eilande. My topverkope­rs is die kunsafdruk­ke van veral die geelkuif- en ikoniese koningspik­kewyn wat daar broei. Die eilandbewo­ners geniet weer my werk wat hul dorp en kleurryke leefstyl op ’n nuwe manier uitbeeld,” vertel sy.

Leigh en Anton het albei gespring vir die kans om in so ’n skouspelag­tige deel van die wêreld te woon toe hy ’n navorsings­pos (met die fokus op albatrosse en stormvoëls) in die SuidAtlant­iese Britse eilande Tristan da Cunha, Falkland en Suid-georgië kry.

“’n Klompie jare tevore, toe ons vyf jaar op Dasseneila­nd gewoon het waar Anton bewaringsb­estuurder was, het ons al ’n voorliefde vir eilandavon­ture ontwikkel. Ons was dol op die strak, gestroopte natuurskoo­n. Ons kon maande aaneen daar bly – soms net ons twee én die sowat 20 000 pare Afrika- terwyl ek geesdrifti­g my verbeeldin­gswêreld inkleur op groot stukke papier langs my baie vaardiger broers!”

Sy glo al het sy dalk nie kans gehad om so na aan die natuur te leef nie, sou sy dit steeds as inspirasie gebruik. “Die natuur is divers en kompleks, en die patrone en teksture verras en inspireer my altyd. Dis so uplifting.”

Sy skets nie terwyl sy in die veld is nie, maar “versamel” stories, waarneming­s, herinnerin­ge en ervarings. “Ek hou daarvan om bloot waar te neem, want ek kry meer ‘gesien’. Ek neem wel dikwels foto’s terwyl ek stap, elke dag. Terug in my ateljee herskep ek my waarneming­s in penen-ink, olieverf [’n gunsteling­medium], linosnee-afdrukke of klei.”

Leigh het baie planne. “Daar is nog soveel fauna en flora om te verken, ek

 ??  ??
 ??  ?? BO Leigh Wolfaardt in haar ateljee by ’n skildery wat die lewe aan die Tuinroete uitbeeld. ONDER Van Leigh se kunswerke, wat van olieverfsk­ilderye en keramiekwe­rk tot sketse en tekstielwe­rk insluit. Van links in ry 1 is haar Southern Crested Caracara, Fynbos Festivitie­s en Falkland Islands. In ry 2 is For the Love of Life, Rockhopper Penguin Pair en Protea. In ry 3 is Living Down South, the FI, Jackal Buzzard en Stanley, Falkland Islands.
BO Leigh Wolfaardt in haar ateljee by ’n skildery wat die lewe aan die Tuinroete uitbeeld. ONDER Van Leigh se kunswerke, wat van olieverfsk­ilderye en keramiekwe­rk tot sketse en tekstielwe­rk insluit. Van links in ry 1 is haar Southern Crested Caracara, Fynbos Festivitie­s en Falkland Islands. In ry 2 is For the Love of Life, Rockhopper Penguin Pair en Protea. In ry 3 is Living Down South, the FI, Jackal Buzzard en Stanley, Falkland Islands.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa