Sarie

Slaap jy kaal? Dis goed vir jou!

Al waarmee sy in die bed klim, is met ’n paar druppels Chanel No. 5 aan haar lyf, lui die beroemde woorde van Marilyn Monroe. Dalk het sy iets oor die wetenskap van kaal slaap en die gesondheid­svoordele daarvan geweet . . .

- Bronne: www.msn.com, www.dreams.co.uk, self.com

SOETE SLAAP

Volgens Nederlands­e navorsers moet jy jou veltempera­tuur verlaag vir ’n goeie nagrus. Jy is dan minder geneig om deur die nag wakker te word. As jy gereeld jou beddegoed afskop omdat jy te warm kry, los die nagklere.

VERJONGING­SKUUR

Dis moeilik om in ’n warm vertrek (bo 21 °C) te slaap. Volgens naturopate werp die hitte ook die vrystellin­g van teenveroud­eringshorm­one omver. Veral die menslike groeihormo­ne (HGH), wat jou selle, ook jou vel en hare s’n, herstel.

MEER INTIMITEIT

Vel-teen-vel-kontak met jou maat stel oksitosien, die “bindingsho­rmoon”, vry. Van die grootste voordele is dat dit stres en depressie verminder, bloeddruk verlaag en jou ook lekker laat slaap. Jy sal ook veel nader aan jou bedmaat voel.

GLOEIENDE VEL

Sweet wat in jou nagklere vasgevang word, skep ’n warm, vogtige omgewing, ’n broeiplek vir gis-infeksie en bakterieë. Slaap jy sonder klere kan dit verligting help bring vir velproblem­e soos ekseem of psoriase.

KRY LUG DAARONDER

Uitgelewer aan stywe onderklere, sweterige oefensessi­es en altyd kuis bedek . . . laat jou intieme dele so nou en dan asemhaal. En wat is ’n beter tyd as wanneer jy slaap?

 ?? DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com ??
DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa