Sarie

Die A-Z van TB

Sý het tuberkulos­e gehad, het Mej. SA, Tamaryn Green, onlangs aangekondi­g. Want hoewel ons daaraan dink as ’n siekte vir armes, eerbiedig dit geen grense nie

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Green, Mej. Suid-afrika en onlangs eerste prinses in die Mej. Heelalweds­tryd, het opnuut in SA die kollig op tuberkulos­e (TB) laat val met haar aankondigi­ng dat sy as mediese student aan die Universite­it van Kaapstad die siekte gekry het.

Hoewel sy reeds in 2015 TB gehad het, het sy eers verlede jaar nadat sy in haar sesde jaar van studie as Mej. SA gekroon is, openlik daaroor begin praat. Haar stilswye was weens die stigma wat aan die siekte kleef. Dit het die proses van diagnose en behandelin­g moeiliker en meer traumaties gemaak, het sy op ’n mediakonfe­rensie gesê. “TB is een van die toptien-oorsake van dood wêreldwyd en as my ervaring kan help om die voorkoms daarvan te verminder, sal ek baie gelukkig wees.”

Wetenskapl­ikes aan die Universite­it Stellenbos­ch het met internasio­nale navorsers saamgespan om ’n eenvoudige bloedtoets te ontwikkel wat kan voorspel wie die hoogste risiko het om TB te ontwikkel. Volgens prof. Walzl kan jy dan voorkomend­e behandelin­g ontvang voor die siekte aktief word. Dit het veertien jaar geduur om ’n formule te vind wat werk. Dormante TB word met dieselfde soort antibiotik­a as aktiewe TB behandel, maar dis minder pille vir ’n korter tyd. (Sowat twaalf weke teenoor aktiewe TB se ses maande.) Die bloedtoets is nog nie gereed vir gebruik nie en ondergaan verdere kliniese toetse. Hulle werk ook aan ’n bloedtoets vir aktiewe TB, sê hy. “Dis in ’n ontwikkeli­ngsfase, maar so ’n strokietoe­ts (soortgelyk aan ’n bloedsuike­rtoets) kan dalk binne vyf jaar beskikbaar wees.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa