Sarie

Flitsverha­al: Eintlik nogal baie deur Elma Potgieter

- DEUR ELMA POTGIETER

“Veelsgeluk, liefste Ma’tjie,” weerklink haar dogter se lawwe liedjie in haar ore. Aviva glimlag waar sy op die vleisbraai­toonbank teen die hoë grensmuur staan om die nog hoër aanhaakwas­goedlyn by te kom.

Sy mis Selena, maar haar dogter is gelukkig op Stellenbos­ch en as derdejaar- mediese student is sy op koers. “Bel my sodra ma vanaand ’n glasie klink, sodat ek dit dieselfde tyd hier kan doen.”

Aviva weet Selena gaan die naweek by haar geneesheer-pa en vrou-nommer-twee, Alicia, op Bettysbaai kuier, maar hulle swyg daaroor. Nie dat dit meer saak maak nie . . . “Nee,” sê sy hardop vir haarself. “Dit maak nie meer saak nie.” Ná vier jaar is sy oor die skok van haar egskeiding van dr. Werner van Breda weens “huwelikson­trou”. Maar ai, die alleenheid, veral oor naweke.

“Wat is die mens sonder ’n maat?” pas sy in haar gedagtes die aanhaling uit ’n psalm van Dawid aan. Haar twee kollegavri­endinne, Annemie en Suzanne, het haar weer genooi vir uiteet vanaand, maar sy het dit dié jaar van die hand gewys. Dinge raak ongemaklik so sonder metgesel.

“Wat van daardie nuwe dosent by julle?” het Selena haar ma vroeër gevra. “Vier-en-veertig is nog bloedjonk en ma is so mooi.”

“Louis is dierbaar en ons gaan eet en fliek gereeld, maar mans is vir hom mooier as vroue, Selena. Dis so eenvoudig soos dit.” Dan sien Aviva ’n beweging uit die hoek van haar oog. “Nee, Ben! Los!” gil sy vir die jong labrador-reun, maar daar trek hy met ’n nat broekiekou­s wat hy pas uit die plastiekem­mer gevis het.

“Stoute hond!” gil sy terwyl sy afklouter van die hoë kliptoonba­nk, al weet sy dis te laat om die kledingstu­k te red. ’n Ragfyn broekiekou­s is nie bestand teen ’n lawwe labrador op ’n triomftog deur ’n struikoorg­roeide tuin nie. Met ’n nat handdoek jaag sy Ben en kry uiteindeli­k die nylon-oorblyfsel­s uit sy bek getrek. Hy kyk haar verwytend aan.

“Ek gaan nie sleg voel nie!” sê sy kwaai en klim met die mankolieke leertjie weer op die toonbank. Van bo af raas sy verder.

“Stoute hond! En dit op my verjaardag! Besef jy dis jou skuld dat ek ’n hemelhoë wasgoeddra­ad moes prakseer?!”

Klaar met die wasgoed bekyk sy eers weer die tuin van die buurerf.

Dat ’n vetplanttu­in so bekoorlik kan wees. Die bure het ’n miniatuur-rotskoppie geskep met bulte en valleie, groot klippe en interessan­te vetplante. Drie groot potte met kaktusse sorg vir ’n fokuspunt en voël-voerbakkie­s hang aan die takke van ’n bleekgroen koorsboom. Sy wonder oor haar vetplantbu­re wat sy in die twee maande hier in die ou Johannesbu­rgse buurt naby die universite­it nog nie met ’n oog gesien het nie.

Met die bure aan die ander kant, ’n geskeide man en sy seun, en die gawe uitgebreid­e gesin agter – ma, pa, ouma, oupa en opgeskote kinders – het sy in die eerste paar dae kennis gemaak en foonnommer­s uitgeruil. Oupa en pa is lede van die buurtwag en gesamentli­k hou hulle ’n oog oor drie straatblok­ke. Hulle is veral besorg oor haar so vrou-alleen.

“Ek is darem nou binne loopafstan­d van die universite­it,” het sy gesê. “Ná my egskeiding het ek besluit om ’n kleiner huis en erf te koop en nader aan die werk te kom bly.”

“Mevrou moet my belowe jy sal bel as daar ’n probleem is,” het die oudste Ungerer weer gesê toe hulle groet. “Dag en nag. Ek of Piet is vier-en-twintig uur beskikbaar op die app-groep.” “Wie loer kry niks.” Aviva hyg-gil van skrik vir die skielikhei­d van die welluidend­e manstem digby haar. Sy kyk effe verward rond.

“Hier,” klink dieselfde stem vol lag op, en toe sy regs ondertoe kyk, sien sy ’n ietwat verweerde maar nog

aantreklik­e mansgesig, omraam deur ’n maanhaar swartgrys hare, deur ’n oop venster van die huis langsaan na haar opkyk.

“Ek wou jou nie laat skrik nie, maar die versoeking was te groot om jou aandag te trek. Wat maak jy daar bo, behalwe om op jou bure te spioeneer?”

“Hang wasgoed op.” Dan verskonend. “En julle vetplanttu­in is interessan­t. Dit lyk soos . . . veld. Buitendien het ek niemand hier verwag nie.”

“Toemaar, ek terg jou. Ek is Sebastiaan Stakofski, maar almal noem my Bas.” “Dit klink Pools of Russies, jou van.” “Oorspronkl­ik Pools, ja. My oupagrootj­ie was van Pole, maar die res het heeltemal verafrikaa­ns. En jy?”

“Van Duitse, Nederlands­e en Franse afkoms, maar al twee my oupagrootj­ies het in die Anglo-boereoorlo­g geveg – aan Boerekant.” Hy lag: “Ek bedoel eintlik wat is jou naam?” “O. Aviva van Breda, gebore Schlebusch.” “Aangename kennis, Aviva.” “Aangename kennis, Bas.” “Welkom in ons beskeie buurt.” “Dankie.” Aviva raak ongemaklik onder sy ondersoeke­nde blou oë. “Verskoon my, asseblief. Ek moet gaan vraestelle merk.” “Hou jy skool?” “Universite­it. Filosofie,” sê sy skugter. Die afgelope tyd het sy haar begin skaam oor haar werk. Hoe kan sy wysheid en insig predik as sy nie eens ’n bietjie naweek-eensaamhei­d kan hanteer nie?

“En jy het ’n hond – ’n ‘stoute hond’. En dit op jou verjaardag.” Hy lag weer.

“Jammer. Verskoon my vir die geskree. Maar Ben het my soveelste paar kouse vernietig.” “Hulle bedaar darem as hulle grootword.” “Dis ’n genade.” “Het jy ’n gesin, Aviva?” Die vrou met die groot donker oë en ongewone naam interessee­r hom. Sy antwoord nie dadelik nie.

“Ek weet ek klink neusinstek­erig, maar hoe gouer ’n mens jou bure leer ken, hoe veiliger. Hopelik het jy die Ungerers ontmoet – ons buurtwag.” “Ja.” Aviva ontdooi onder sy direktheid. “Ek is vier jaar gelede geskei. Ons dogter studeer medies op Stellenbos­ch.” Hy kyk takserend na haar. “En die alleenheid kry jou soms onder, veral op die sogenaamde ‘groot dae’ soos verjaardae en so aan.”

“Hoe weet jy?” Sy maak keel skoon omdat emosie haar meteens wil oorweldig. Sy trek haar asem diep in. “Ondervindi­ng.” Dan reguit: “Dis my derde jaar alleen. My vrou is dood in ’n motorongel­uk en ons seun werk tydelik in Londen. Dit was ’n opdraande stryd om tot verhaal te kom.”

Dan lag hy weer. “’n Stoute hond kan net help.” Hy hou aan praat en sy besef hy doen dit om haar gedagtes van haarself af te lei.

“Ek wil, maar ek kan nie ’n hond aanhou nie – te veel weg van die huis. Ek is ’n siviele ingenieur. Daarom ook die vetplante. Hulle moet sien kom klaar met reën.”

Sy vra aarselend: “Wat was, is vir jou die moeilikste, ná jou vrou se dood?” “Om nie my storie van die dag te kan vertel nie.” “Dan is ek nie net selfbehep nie.” “Natuurlik nie. Om saam met jou geliefde nabetragti­ng te hou oor jou dag is een van die vervullend­ste dinge in die lewe. Om iemand te hê wat saam met jou kan lag of huil of raas en onbeskaamd aan jou kant is, is ’n wonderlike geskenk.” Aviva glimlag. “Dalk moet jy in my plek kom klas gee. My kennis van die filosofie laat my hopeloos in die steek met die gevoel van verlatenhe­id wat my sommerso eensklaps pak.”

“Nee wat. Dit klink my jy is goed in beheer van jou lewe – hond en al. En jy het nie dieselfde fout gemaak as ek nie.” “Wat was dit?” vra Aviva versigtig. “Ek het gevlug. My vrou, Antoinette, se afskeid in ’n trans afgehandel, gereël dat ons seun sy laaste jaar in ’n universite­itskoshuis bly en in die pad geval. Of liewer op ’n vliegtuig gespring landuit. Die gemis was daar toe natuurlik net so erg en ná ’n ellendige twee maande was ek terug. Ons seun het teruggetre­k en deur gedurig staaltjies oor Antoinette te vertel het hy my gedwing om tot verhaal te kom.”

Ná ’n stilte vra hy: “‘Aviva’ is ’n seldsame naam. Beteken dit iets?”

“Ja. Die oorsprong is Hebreeus en beteken ‘ lente’ of ‘nuwe lewe’.”

“Nee, o aarde. Met so ’n naam mag jy nie jou verjaardag alleen vier nie. Wat sê jy? Sal ons ’n chow mein- erige iets bestel of enigiets anders waarvan jy hou en ek bring ’n bottel vonkel en jou eks-poolse buurman kom vier jou verjaardag vanaand saam met jou. Tensy jy reeds uitgaan.”

Aviva glimlag. “’n Chow mein- erige iets en so aan klink vir my na ’n goeie manier om ’n nuwe jaar in te gaan.”

*** Later, net voor sy saam met haar buurman ’n eerste glasie klink, bel sy haar dogter. “Ma . . .? Ek skink gou!” Aviva glimlag vir Bas en fluister: “My dogter kry net gou haar glas.” “Ek’s terug. Is daar iemand by Ma?” “My eks-poolse buurman. Bas Stakofski.” “Wonderlik! Op my mooi ma vir nog ’n jaar! Tjieng-tjieng!” “Dankie, my skat. Prost en al die mooi dinge van die lewe vir jou ook.” “Prost nog ’n slag, Ma. Geniet die aand!” Dan fluisteren­d: “Hy klink interessan­t, die ‘eks-pool’. Is hy?” “Ja,” en Aviva glimlag vir Bas. “Hóé interessan­t?” “Eintlik nogal baie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa