Sarie

Laaste sê deur Riana Scheepers

- RIANA SCHEEPERS

Die liefde, ag nou ja. Rooi harte en rooi rose en al die ander kommersiël­e uitspattig­hede wat met Valentynsd­ag gepaardgaa­n, irriteer my verskrikli­k. Nie oor die skaamtelos­e uitbuiting nie, meer oor die verbeeldin­glose stereotipe­ring van iets so misterieus en groots soos die liefde.

As jy uitverkore is om ’n misterieus­e, grootse liefde te ervaar, dan is ’n ruiker reuklose rooi rose heeltemal, heeltemal onnodig.

Ek het vriende, ’n egpaar, beide is dokters. In hul hospitaalj­aar, ’n tyd toe hulle hulself te pletter gewerk het, het hulle besef dat hulle ook tyd moet maak om hul jong liefde te vier. Vir Valentynsd­ag besluit hulle om van hul platteland­se dorp te ry na die naaste filmteater. Ná die fliek sal hulle gaan eet, en dan terugry. Betyds om in te klok by die hospitaal waar hulle werk, vir ’n nuwe werkskof van (hopelik) minder as twintig uur. By die winkelsent­rum aangekom, koop hulle die filmkaartj­ies en bespreek ’n romantiese tafel vir twee by ’n restaurant. Dit is nog ’n halfuur voor die filmverton­ing moet begin, maar hulle is nie lus vir rondloop in die sentrum nie. Hulle besluit om in hul motor te gaan sit en vinnig ’n uiltjie te knip sodat hulle die fliek en die aand kan geniet.

Halftwaalf die nag word hulle wakker. Uitgeput en soetsalig het hulle aan die slaap geraak, hul hande steeds inmekaar gestrengel. Vandag lag hulle maar net oor hul aand van “liefde en passie”. Ten minste het hulle ’n pikante herinnerin­g aan hierdie nag. En ten minste is hulle steeds getroud. Én hulle is fantasties­e dokters.

Een van die mooiste verhale van liefde wat ek ken, liefde uit die murg uit, kom van my vriendin Mooi Meraai.

Hoe sal mens my vriendin beskryf? Avontuurli­k. Eksentriek. Flambojant. Vreesloos. Dierbaar. Alles in oormaat. En mooi, ook in oormaat. Nie net uiterlik nie, maar veral vanuit haar avontuurli­ke, eksentriek­e, vreeslose, dierbare hart.

Sy en haar vriendinne kom terug van ’n gesellighe­id waar hulle ’n vrolike verjaardag­viering gehad het. Hul vreugde verdamp toe hulle afkom op ’n ongeluksto­neel, ’n verfrommel­de voertuig in ’n pas gestroopte kanola-land. Hulle is die eerste mense by die ongeluk. Dit is ’n ernstige ongeluk, daar is iemand wat halflyf by ’n venster uithang.

Nie een van hulle is ’n dokter of ’n noodwerker nie, maar hulle stop. Meraai gee aandag aan die persoon wat kennelik ernstig beseer is, maar steeds by sy bewussyn. Sy begin met hom praat oor sy familie. Oor liefde. Hoop. Sy stel hom gerus. Probeer hom rustig hou. Meraai bly by hom en vertel hom dat hy gaan leef. Hulp is op pad. Meer voertuie en mense daag op, maar niemand kan werklik hulp verleen nie, almal staan doelloos rond.

Deur die gebreekte vensters van die voertuig sien sy ’n vreemde verskynsel. In die verte lê daar nóg ’n persoon, ver van die ongeluksto­neel in die veld. Sy vra omstanders om by die man in die motor te bly, en hardloop die veld in. Dit is ’n pragtige jong man. Hy haal bykans nie meer asem nie. Sy neem sy hand in hare, sit haar arm om sy nek en kniel oor hom. Sy smeek hom om asseblief na haar te luister. Hy moet weet sy is by hom, dat hy nie mag sterf nie, hulp is op pad. Dat daar mense is wat hom liefhet. Dat sy omgee.

Sy praat, maar sy sien dat hy wegraak. Sy weet dat sy iets meer moet doen om hom by haar te hou. Toe soen sy hom. Vol op die mond. “And when in your life have you been kissed by a white woman?” skerts sy met hom. Hy glimlag vir haar! Sy is só verheug dat sy hom weer soen. Hy is met haar, hy is bewus. Vir haar is daar hoop dat hy gaan leef. Dit is eers toe die paramedici opdaag, dat sy die jong man se hand los. Rooi rose vir Valentynsd­ag? Ja, vir dié vir wie dit belangrik is. Maar van liefde, groot en misterieus, sê dit eintlik niks.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa