Sarie

LIEWE TANNIE . . .

- Ontnugterd­e vriendin, Gauteng

Trouseisoe­n is op hande en ek is so opgewonde oor my beste vriendin se voorgenome troue! By die bacheloret­te [henneparty] het ons meisies heerlik vir oulaas saam met haar as enkellopen­de gekuier. Ek het die meeste van my spaargeldj­ies, eintlik bedoel vir Kersgesken­ke, bestee aan ’n geskenk omdat ek dit vir haar onvergeetl­ik wou maak. Ook as huldeblyk aan ons vriendskap.

Dis hoekom ek iets kleiner en persoonlik vir die kombuistee opsy gesit het. Groot was my verbasing toe ek die e-pos van Tannie kry om te sê dat ons bedrag X in die koevertjie kan sit – die geskenke is klaar aangekoop! Hiermee saam is dit nou nog moeiliker om die duur trougesken­k, volgens die voorkeurly­s aanbeveel, te gehoorsaam. A nee a, kan niks dan meer spontaan gebeur nie?

Tannie het dalk goed bedoel, maar glo my, ek en vele van haar vriendinne voel dieselfde: Ontnugter omdat niks meer spontaan gedoen kan word nie. Word alle geskenke dan in geldwaarde gemeet?

Moet dus nie verbaas wees as ons as ’n groep spontaan besluit om nie die troue by te woon nie; in vandag se ekonomie kan ons dit nie bekostig nie en sal ons beskeie geskenke gewoon nie die voorgeskre­we presentely­s haal nie. Ons sal ons maatjie se groot dag op die uitsoeklan­dgoed – waarheen ons nog myle ver sou moes ry en dalk nog geld moes spandeer om oor te bly – op Facebook moet volg. Geniet die troue. Ek hoop net die toekomstig­e skoonseun weet wat nog vir hom wag!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa