Sarie

oor sjokolade 10 dinge wat jy dalk nie geweet het nie . . .

-

1 Die woord sjokolade is afgelei van die Asteekse woord “xocolatl”, wat “bitter water” beteken.

2 Jy het sowat 100 kakaobone nodig om 100 g sjokolade te maak.

3 Die saadpeul van die kakaoboom was inspirasie vir die vorm van die Coca-cola-bottel.

4 Wetenskapl­ikes het al probeer uitvind waarom dit lyk asof die mensdom se sjokoladel­us onblusbaar is. Dr. Bankole Johnson, ’n kenner op die gebied van verslawing aan die Universite­it van Texas in die VSA, sê sjokolade is ’n natuurlike antidepres­sant en bevat verskeie verbinding­s wat die brein se plesiersen­trum stimuleer. Maar, bygesê, dit kom in bitter klein dosisse voor. Annmarie Kostyk, ’n Kanadese sjokoladek­enner, glo weer ons “verslawing” is daarin geleë dat sjokolade deur die meeste mense as trooskos beskou word – dít waarna ons smag as ons nie lekker voel nie.

5 Die Switsers eet die meeste sjokolade per jaar (byna 8,8 kg per persoon), gevolg deur die Duitsers.

6

Twee uit elke vyf Britte erken hulle is sjokoliste – en dat hulle vir ontbyt, middagete én aandete ’n stukkie sjokolade geniet. Sarie-lesers is ewe gek na sjokolade.

7 Sowat 70% van alle kakaobone word in Afrika gekweek, al is die boom nie inheems aan dié vasteland nie. Die kakaoboom ( Theobroma cacao – “theobroma” beteken “kos van die gode”) kom uit Suid- en Sentraal-amerika.

8 Sjokolade smelt in jou mond omdat die smeltpunt van kakaobotte­r 35,5 °C is – net laer as liggaamste­mperatuur.

9

Sjokolade is skadelik vir honde omdat dit die stimulant teobromien bevat wat die sentrale senuweeste­lsel en hartspiere van honde kan vergiftig.

10 Sowat 40% van alle vroue en 15% van mans smag gereeld na sjokolade, en omtrent ’n miljard mense bederf hulself elke dag daarmee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa