Sarie

Soms was dit net ons twee en die 20 000 pare Afrika-pikkewyne op die eiland

- Besoek www.leighwolfa­ardt.com

Leigh

pikkewyne – sonder om land toe te gaan. Ek het daar veral aan illustrasi­es vir boeke en omgewingsp­rojekte gewerk. Op die Falkland-eilande het ek weer gefokus op pikkewyne, albatrosse, walvisse en robbe. Dikwels het ek as veldwerker saam met Anton gegaan en dan kon ek die spesies van naby bekyk. In opdrag van die eilandrege­rings het ek selfs ’n paar posseël-reekse ontwerp. Ek is mal oor die gedagte dat my kunswerkie­s op koeverte deur die wêreld reis.”

Leigh het skone kunste aan die Universite­it van Kaapstad gestudeer, maar sy het eintlik al as kind geweet “daar was geen ander opsie as om skeppend te wees nie”. Sy het drie ouer broers, wat almal by die kunste betrokke is. “Een van my vroegste herinnerin­ge is ons vier om die eetkamerta­fel, omring deur verf, kryte, potlode en pastelle het skaars begin. In 2019 wil ek veral op skilder en keramiekwe­rk fokus, steeds met die natuur as inspirasie. Ons boer ook tussendeur, en Anton is gereeld in Antarktika vir sy seevoëlbew­aringsproj­ekte, maar in dié stadium is ek gelukkig om net hier te bly. Ek sal egter nooit ophou om die wêreld te verken nie, dit gee my energie en inspireer my. Dis heerlik om iets te skep wat ander mense geniet en jou siel lig.”

Leigh groei nog elke dag as sakevrou, maar sy het al ’n paar dinge geleer: Glo in jouself en jou kuns. Werk aan ’n dik vel en luister na kritiek. Moenie bang wees om te vra nie. Delegeer – jy kan nie alles self doen nie. “Ek glo ook jy moet jouself uit jou gemaksone dwing – jy sal aangenaam verras wees om te sien waar die lewe jou orals heen neem en watter avonture op jou wag!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa