Sarie

JOU GELD HIER’S ’N PLAN

Finansies is iets wat ons maklik gespanne maak. Maar jy kan altyd ’n plan maak, ongeag jou ouderdom, met die regte inligting

-

Onsgaan die nuwe jaar binne met die wete dat dit finansieel ’n uitdagende jaar vir Suid-afrikaners gaan wees. Baie mense se kernvraag is sekerlik: Hoeveel moet ek nou spaar om my huidige leefstyl in die toekoms, veral met aftrede, te handhaaf?

Belangrik om te onthou is dat afgetreden­es se behoeftes (’n gereelde inkomste wat oor tyd saam met inflasie groei) en risiko’s (fondse droog op, onder meer vanweë ’n lang leeftyd) baie spesifiek is. Vir die meeste is staatstoel­aes ontoereike­nd, min mense wil deur hul kinders geldelik ondersteun word, en die moontlikhe­id van nog werk kan skaars wees.

Investec Batebestuu­r het onlangs ’n indiepte-ondersoek afgehandel oor hoe jy finansieel vir jou toekoms kan beplan. is bevind, volgens Paul Hutchinson,

Begin vroeg! verkoopsbe­stuurder by die groep. Want om genoeg vir ’n gerieflike môre bymekaar te maak is ’n reis wat jou volle werklewe kan duur. Hoe langer jy wag, hoe moeiliker word dit. Tog is dit nie.

nooit te laat

Belangrik om te onthou is die sleutelsyf­ers 5 en 20. En dit werk só: Begin deur te bepaal wat jou begin-inkomste ná aftrede moet wees (m.a.w. die bedrag waarvan jy in die eerste jaar van jou aftrede gaan leef). Om seker te maak jy loop nie die risiko dat jou geld opdroog nie, behoort daardie begin-inkomste nie meer te wees nie as 5% van jou aftredekap­itaal. Met dít as vertrekpun­t kan jy uitwerk dat jy ’n kapitaal-lompsom gelykstaan­de aan 20 keer jou eindsalari­s (jou inkomste in jou laaste jaar van werk voor jou aftrede) benodig om in ’n inkomstege­nererende aftree-annuïteit te belê. Dis die bedrag wat vir jou ’n aftree-inkomste 100% gelykstaan­de aan jou laaste jaar van werk sal verseker. Hou jy by die 5%, is die kans goed dat jy vir minstens 30 jaar ’n inkomste sal hê wat byhou met inflasie en sal maak dat jy gerieflik kan leef.

Het jy ’n kapitaal-lompsom van minder as 20 keer jou eindsalari­s, gaan jy jou begin-inkomste moet verlaag (dit sal dus minder wees as waaraan jy gewoond is), wat jou sal noodsaak om op jou uitgawes te sny.

en of jy maandeliks Hoe weet jy jy’s op die regte pad genoeg spaar soos die tyd aanstap? Gestel jy begin op 20 werk en wil op 60 aftree, dan moes jy volgens die berekening­e van Investec Batebestuu­r teen die ouderdom van 40 so 5 keer jou jaarlikse salaris gespaar het as jy met aftrede op 100% van jou inkomste wil staatmaak. ’n Verdere stukkie goeie nuus is: Hoewel dit 20 jaar neem om ’n neseier van 5 keer jou salaris op te bou, neem dit slegs ’n ekstra 10 jaar om jou spaargeld tot 10 keer jou salaris te verdubbel, en nóg 10 jaar om die magiese 20 keer jou salaris te behaal!

* Inligting verskaf deur Paul Hutchinson van Investec Batebestuu­r.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa