Sarie

Julle sê ... 60 IS DIE NUWE 40!

- SCHÖNRAD JORDAAN, WILDERNIS

Op ’n pragtige dag so aan die begin van herfs en midde-in die grendeltyd­perk word ek wreed ontnugter deur die aanname dat ek blykbaar nou as OUD gereken word! Eers deur my jongste seun: “Ma moet liewers nie winkels toe gaan nie; Ma is mos nou al 60.” Ma verstaan baie goed die konsep en Ma gaan net as dit nodig is. En toe vanoggend op RSG moet ek weer hoor dat ’n bekende spreker verklaar dat die “oumense, almal van 60 plus, liewers by die huis moet bly”!

Ek het geen probleem met Jan Tuisbly se karretjie nie, maar wel met die feit dat 60 nou as oud gereken word. Nee, my magties . . . vir diegene wat nog in die oertyd dink, het ek ’n boodskap: 60 is die nuwe 40. Ons sestigers kan die millenniër­s en sommer ook die huidige Generasie Z ’n ding of twee wys wat hulle nie eens van weet of dalk nooit eens van sal weet nie.

Ons is soos goeie rooiwyn wat met die jare net beter word. Baie van ons beoefen nog ’n voltydse beroep en stokperdji­es, is aktief in die samelewing en hou onsself op hoogte van die immer groeiende tegnologie. Vir diegene van ons wat geseënd is met goeie gesondheid, is 60 maar net die begin van ’n nuwe fase met al die uitdagings en opwindende dinge wat daarmee saamgaan.

Dus, my liewe kind en Mnr. die Spreker:

Aan al my mede-baby baie sterkte vir hierdie uitdagende tyd. Ons sal dit met genade oorleef, voortleef met hoop en verouder met grasie. Soos net kan!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa