Sarie

Blom

- Lede van die Kaapse Filharmoni­ese Orkes (KFO) hou ’n virtuele konsert tydens die inperking. Dit is op YouTube uitgesaai. YOUTUBE SKERMGREEP

Ek en jy kan die wêreld bereis vanuit ons leunstoel. Sportgeesd­riftiges neem deel aan Suid-Afrika se eerste virtuele marathon, die FutureLife Bambelelau­itdaging (Zoeloe vir bly sterk), en samel terselfder­tyd geld in vir die Hillcrestv­igssentrum in KwaZulu-Natal.

Ons kry kalmte deur aanlyn meditasies­essies. En as jy sukkel met bedsake, skype ’n seksuoloog.

webredakte­ur van SARIE.com, vertel hoe daar in die eerste week van die nasionale inperking aan vier bykomende webtuistes begin bou is: Gesonder met SARIE, Draf dit af met SARIE, Slimmer met SARIE en SARIE Besigbly-&-Mooimaak-gids 1, 2, 3 en 4. Kosredakte­ur het self video’s begin verfilm en redigeer uit sy eie kombuis.

“Wêreldwyd het internetge­bruik tydens die inperking die hoogte in geskiet, ook op SARIE.com,” sê Annemie.

In dié surrealist­iese tye lees ons van Libanese studente se doeltreffe­nde “wetenskapf­iksie-pret”. Op Moedersdag in die kusstad Jounieh lewer hulle ’n roos per hommeltuig af vir ’n ma wat hoog op ’n woonstelba­lkon staan (euronews.com). Wat sou die Franse wetenskapf­iksieskryw­er Jules Verne hiervan gesê het?

Ek self kry my eerste uitnodigin­g om aanlyn die aankondigi­ng van die wenners van die US Woordfees op Facebook by te woon. En ’n pêl uit Australië beskryf ’n “virtuele aandete”: >

tyd om stil te word en te besin oor wat ons werklik vir onsself en die aarde vorentoe begeer.

“Dit blyk dat soepelheid van denke, die vermoë om veranderin­g te omarm en aan te pas en saam met veranderde en veranderen­de omgewings te ontwikkel, soos planmakers reeds doen, nou ons redding is.”

pilates-instrukteu­r en ’n planmaker van Kaapstad, sê:

“Ek dink gesinne gaan mekaar al hoe meer bystaan om ’n wyer basis van inkomste te genereer.” Sy vertel sy het haar kinders, Wayne Dyamond, ’n elektronie­se ingenieur, en Selby Stapelberg, ’n bedryfsing­enieur, se kundigheid ingespan met die tegniese implemente­ring van haar aanlyn aanwesighe­id. Haar vriend, vryskutfot­ograaf Stephen Fourie, doen die fotografie en redigering van haar video’s. “Ek en Stephen praat gereeld oor wat is genoeg. Post-corona sal ons ons verwagting­e moet verlaag. Ons maak dalk minder geld as ’n jaar gelede, maar ons kan kos koop en ons debietorde­rs betaal. Mense gaan langer moet werk en dalk nie soveel kan reis of koop nie, maar ons gaan hopelik minder selfsugtig wees en omgee vir ander se behoeftes.”

Annemie sê: “Die digitale migrasie sou miskien geleidelik oor die volgende vyf jaar plaasgevin­d het, maar weens die pandemie het baie besighede, handelsmer­ke en individue nou hul voete binne dae aanlyn gevind.”

Soos ’n vriendin van my altyd sê: “When the going gets tough, the tough gets pro.”

Eleganter dalk is dié woorde van die Amerikaans­e skrywer Susan Elizabeth Phillips: “Hoe graag ons ook al wil, ons kan ons nie teen alles beskerm nie. As ons die lewe wil omarm, sluit dit chaos in.”

Planmakers met wie SARIE gesels het, het die volgende gedeel.

 ?? FOTO ??
FOTO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa