Sarie

KLEURE: WAT HIERNA?

- AARDSE SKAKERINGS: Jackie: Lien: Claire:

Watter effek gaan Covid-19 op tendense hê? In ’n potgooi van die aanlyn tendensbib­lioteek WGSN, word drie neigings uitgestipp­el, sê Jackie. Ons is meer by die huis, ’n sagter, knusser omgewing. Jy gaan nie nou ronddans in uitbundige skeppings nie, maar gemaklike klere met “kalm” kleure dra. Style gaan dus losser wees, kleure sagte pastelle.

Jy sit tuis in jou pastel klere, hunker daarna om buite, deel van die seisoensve­randering te wees. Buite is alles wat jou inspireer, maar jy kan nie fisiek daar wees nie. Dit inspireer aardse kleure, soos bruine, mosgroen. En gemaklike klere wat jy buite sal dra.

Terwyl jy deur pastelle omring sit en na die natuur verlang, is die tegnologie ’n fokuspunt. Dit laat die adrenalien bruis en maak jou lus vir palette soos rooi: ’n Tonikum as jy energie nodig het. Jy trek dus jou rooi trui aan en is slaggereed. jou skryfbehoe­ftes, blomme of ’n kers in daardie kleur is, dit kan wondere op ’n dieper vlak verrig. Jou luim verander, jou veilig laat voel, moed vir die dag gee, help fokus, jou meer kreatief maak. Vergeet wat ‘reg’ is en trek die kleure aan wat jou goed laat voel en lyk. Woon jy ’n Zoom-vergaderin­g by, al is jy by die huis, sit daardie rooi serp om jou nek, of trek die skokpienk bloes aan. Kleur is tog ’n manier om jou persoonlik­heid met die wêreld te deel.

“Ons moet meer ingestel raak op die lewe se mooi dinge. Begin by kleur. Dis maklik, oral, toeganklik.”

Lien gebruik haar ervaring as kleurterap­eut en kommunikas­iekundige om mense, groepe en leiers te leer om meer kreatief te wees.

082 575 6831, salon58.co.za

083 691 3569, lienpotgie­ter.co.za 083 274 6354, bondthruco­lour.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa