KOP TOT TOON
Blootstelling aan elke individuele kleur het ’n effek op jou lyf, sê Claire Bond, kleur- en verfkenner van BondThruColour. Jou liggaam het sewe energiepunte van die onderpunt van jou ruggraat tot by jou kroontjie. Elkeen word met ’n kleur verbind en beheer ’n deel van jou lyf. Rooi is gekoppel aan oorlewing, oranje kreatiwiteit en seksualiteit, geel selfvertroue, blou kommunikasie, groen emosies en indigo en pers selfbewussyn en spiritualiteit. “Let op watter kleure jy elke dag deel van jou lewe maak,” sê sy. “Soos die kleure wat jy graag eet, by jou dekor insluit. Dit sal jou ’n goeie idee gee waarvoor jy ’n voorliefde het en belangriker, waarvan jy nie hou nie.” Gebruik jy bv. dikwels nie rooi nie, moet jy meer aktief raak. Oranje: Leer iets nuuts. Groen: Oefen om meer welwillend te wees. Blou: Gesels met kollegas en vriende.