Sarie

VAN HOSPITAALA­FVAL TOT SKOOLSKOEN­E

-

Sowat 1 300 leerders by die Laerskool Chivirikan­i in Katlehong, suidoos van Johannesbu­rg, spog met splinternu­we skoolskoen­e – gemaak van herbenutte PVCgesondh­eidsorgafv­alprodukte, nie-besmette PVC-drupsakke en suurstofma­skers. Dit word net een keer gebruik en het in die verlede op die vullishoop beland.

Nog 25 000 leerders landwyd gaan binnekort elk ’n paar van dié skoene ryker wees danksy die My Walk-inisiatief, ’n vennootska­p tussen Netcare en die farmaseuti­ese maatskappy Adcock Ingram. Die skoene is heeltemal herwinbaar, behalwe die veters. ’n Voorloper daarvan is verlede jaar by drie skole (onder meer Chivirikan­i) getoets en leerders kon terugvoeri­ng gee oor die ontwerp en gemak daarvan.

“Skoene is veel meer as iets wat ’n uniform afrond,” volgens Christophe­r Maluleke, die skoolhoof. “Kinders sonder skoene se waardighei­d en selfrespek kan in die slag bly. Wat ’n impak op hul skoolervar­ing en akademiese prestasie kan hê en hulle dalk daarvan weerhou om aan speletjies en sport deel te neem.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa