Sarie

DRAF JOUSELF FIKS IN 12 WEKE

-

Vergeet van kitsdiëte! SARIE het met topkundige­s saamgespan om SARIE Draf Dit Af te ontwikkel, ’n dieet-en-oefenprogr­am oor 12 weke wat die kilo’s sal laat wegsmelt! En dis nie net vir vroue nie

Ons nuwe webtuiste SARIE Draf Dit Af is ’n aanlyn platform wat geskik is vir mans en vroue van alle ouderdomme en liggaamtip­es.

Dit kombineer ’n eenvoudige weeklikse oefenplan wat vet verbrand met ’n profession­eel ontwikkeld­e kilojoule-beheerde eetplan. Die twee saam verseker verstommen­de resultate.

Die oomblik wat jy inteken, kry jy toegang tot die hele SARIE Draf Dit Af-plan, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internetto­egang af kan oopmaak. Dis nie nodig om ’n app af te laai nie. Begin eenvoudig by Week 1, Dag 1 en volg die plan daagliks. Dis ontwerp vir groentjies sowel as dié wat vantevore geoefen het. Nou is die kans om jou droomlyf te kry met SARIE Draf Dit Af.

Jy sal resultate sien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa