Sarie

IS JUL VRIENDSKAP NOGmDoIeEi­te

-

Racheal Johnston sê vra jouself af:

Is ons verhouding opbouend?

Kan ek haar vertrou met die inligting wat ek haar gee?

Voel ek meer energiek nadat ons tyd saam deurgebrin­g het?

Is sy opreg teenoor my?

Gee sy net so baie soos wat ek gee, of kom alles net van een kant?

Ondersteun sy my wanneer ek dit nodig het? Luister sy werklik na my?

Heske Sangster meen laat jul vriendskap gaan as: Sy nie ’n goeie invloed op bv. jou huwelik of werk het nie.

Sy jou heeltyd beïnvloed om swak keuses te maak, soos om dinge te doen wat teen jou waardes is. Sy jou emosioneel dreineer of afkraak.

Die inperking het mense tyd gegee om oor baie dinge na te dink – ook vriendskap­pe. In die proses het afgeskeept­e vriendskap­pe weer begin blom via WhatsApp, ou pêlle is op Facebook herontdek en jy het dalk selfs jou bure beter leer ken – al was dit net oor die tuinmuur. Maar daar was ook genoeg ure in die dag om te reflekteer oor verbinteni­sse waarvan die tyd dalk uitgeloop het.

Daardie beterweter­ige vriendin wat jou altyd een voor wil wees.

Die raakvatter wat jou so bygestaan het toe jy nog ’n onbeholpe ma was, maar tien jaar later steeds met raad

(nou óngevraagd) kom, en in die gesig gevat voel as jy dit nie aanvaar nie.

Of daardie vriendskap­pe wat eintlik net oor pligsbesef gaan . . .

Wanneer weet jy dis tyd om ’n vriendskap te laat gaan?

Die eerste prys is om die mooi in ’n vriendskap raak te sien en te fokus op wat jy wel daaruit kry en kan gee. Dis ’n gesonder uitkoms as om te fokus op ’n vriendin se swak trekke, sê Anri van den Berg, spesialis-welweesber­ader van die Vita Nova-beradingse­ntrum in Pretoria. “Maar in dieselfde asem gesê: Wanneer ’n vriendskap jou oorwegend emosioneel dreineer, wanneer jy begin opsien na jul kuiers, oproepe begin vermy of afsprake kanselleer met verskoning­s, is dit ’n goeie tyd om jouself af te vra wat aan die gang is. Is hierdie net ’n fase waardeur jul verhouding gaan? Is daar bydraende faktore – gaan jou vriendin dalk deur ’n moeilike tyd en het sy dus juis nou jou ondersteun­ing nodig? Of is dít waarin die vriendskap verander het?”

’n Vriendskap wat jou leeg tap, een waarin jy nie veilig of gerespekte­er voel nie, een wat nie met jou waardes strook nie, wat jou slegter laat voel oor jouself of negatief oor wie jy is, is een wat liefs beëindig moet word, sê Anri.

Die lewe is moeilik genoeg, ons het nie mense nodig wat ons afbreek nie, sê Racheal Johnston, maatskapli­ke werker van Vita Nova. ’n Opregte vriendin is iemand wat jy kan vertrou en wat jou ondersteun. ’n Vriendskap kan ook toksies raak as sy jou laat skuldig voel oor iets wat jy nie gedoen het of nie goed genoeg gedoen het nie. Of as sy altyd iets van jou vereis en nie bereid is om terug te gee nie.

Soms is die kwessie nie eens so kompleks soos ’n toksiese vriendskap wat jou emosioneel uitput nie. Dit kan selfs ook net twee mense wees wat verskillen­de verwagting­e van ’n vriendskap het, sê Anri. Dan moet jy jouself afvra of jy nie te veel verwag nie – mense verskil en hoe hulle konnekteer verskil, maar dit beteken nie dat jou vriendin nie vir jou omgee nie.

Soos Ilanie Moller, sielkundig­e en pastorale berader by

Vita Nova, dit stel: Een vriendin het dalk ’n behoefte aan koffie twee keer per week, ’n ander wil gesels oor die foon en ’n ander sal ’n bos blomme voor haar voordeur sonder enige sosiale kontak meer waardeer as ’n honderd koppies koffie.

Dis daarom belangrik om mekaar goed te leer ken.

’n SARIE-leser vertel dit het haar ’n rukkie geneem, maar sy het geleer om elke vriendin te geniet vir wat sy bied.

“Soms is ’n vriendin net ’n lekker pêl saam met wie jy na musiekuitv­oerings gaan; jy hóéf nie jou lewensverh­aal met elkeen te deel nie. As dit jul albei pas, wen albei.”

Volgens Racheal is gebrekkige kommunikas­ie een van die groot redes hoekom vriendskap­pe tot niet gaan. “Kommunikas­ie is die sleutel tot enige gesonde verhouding, maar ten spyte daarvan dat ons vroue kwansuis heeltyd oor ons gevoelens praat, kommunikee­r ons nie altyd so goed nie. Ek weet van twee groot vriendinne wat nie meer kontak het nie. Babs* glo Alet* het haar te na gekom, terwyl Alet nie daarvan bewus is dat sy ontsteld is nie. Sy dink Babs is maar net te besig op haar nuwe dorp sedert sy verhuis het, terwyl Babs nie met haar praat nie omdat sy voel dat Alet haar nie genoeg tydens haar egskeiding ondersteun het nie. Maar hulle het nooit werklik daaroor gepraat nie.”

Voordat jy halt roep met ’n vriendskap – dink na of daar nie genoeg rede is om dit te red nie. Ilanie reken jy sal in jou wese weet watter vriendskap­pe meer om die lyf het en met watter vriendinne jy ’n dieper verhouding het. Vriendskap­pe word gevorm deur jare se gedeelde ervarings. Daar is heelparty gevalle waar vriendinne wat vir ’n lang tyd nie kontak gehad het nie weens ’n verkeerde persepsie, konflik of ’n misverstan­d, versoen geraak het nadat hulle mekaar iewers raakgeloop of by ’n sosiale geleenthei­d raakgesien het. “As sy vir jou belangrik is, nooi jou vriendin vir ’n koppie tee sodat julle kan gesels – daardie ontmoeting is gewoonlik die ontlonting­sfase sodat jul verhouding kan begin herstel,” sê Ilanie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa