MARI SE STORIE SARIE-LESER VERTEL
“Ek was maer op skool, met sulke groot borste. Sportief, maar daardie jare was daar nie bra’s wat jou behoorlik ondersteun nie. Die trane het geloop elke keer wat ek ’n bra moes gaan koop. Hoe groter die nommer, hoe leliker was dit. (Dit het darem intussen verander.) Ná my twee kinders se geboorte was my borsmaat ’n 38E. Agt jaar gelede, op 42, het ek ’n borsverkleining laat doen waarvoor die mediese fonds betaal het. Ek het vir die chirurg gesê: ‘So klein as moontlik.’ Hy het gewaarsku hy kan dit nie van ’n E-keël na ’n B-keël verklein nie, dit sou die bloedtoevoer na my tepels belemmer. Nadat hy 1,5 kg aan albei kante verwyder het, is ek ’n keël kleiner. Toe ek ná die operasie wakker word, was die pyn kwaai. En ek is iemand wat pyn goed kan hanteer. Maande daarna was my borste nog gevoelig as die stort se water dit tref. Maar dis soos wanneer jou kinders gebore word, jy vergeet hoe seer dit was. Net daai gevoel wat ’n kleiner bra jou gee, ai! My vel is lig en die letsels het goed herstel, jy sien dit skaars. (Ek het ’n T-snit gekry.) Groot borste is ’n familieding. My ma s’n is net so groot en sy loop ook vooroor, nes ek. My oudste is in graad 8 en dra reeds ’n 36C-bra. Ek het dit egter by haar ingedril dat sy mooi regop moet loop, trots op haar borste moet wees.”
’n baie grote 3 tot 4 kg weerskante, maar dis nie algemeen nie. “My benadering tot borschirurgie is die skep van ’n natuurlike voorkoms,” sê sy. “Alle pasiënte wil mooi gevormde borste hê wat nie lyk asof daaraan gewerk is nie.”
Onlangse verbetering in die tegniek verminder die letsels wat met so ’n prosedure gepaardgaan. Sy gebruik meestal die “lollipop”- (suigstokkie-) snit, tensy die borste te groot is daarvoor. Die letsel is korter (teenoor die ouer T-snit) en jy kan daarna met selfvertroue klere dra wat meer wys.
Dis ook ’n verandering in die filosofie hoe ’n bors gelig word. Met die T-snit word vel verwyder om die bors kleiner en stywer te maak, maar die vel rek later weer. Word die lollipop gebruik, word borsweefsel verwyder en dit wat oorbly, omvorm om ’n interne korset te skep. Dit neem langer om weer te rek en die litteken is kleiner. Die vorm is boonop mooier (met die T-tegniek lyk jou bors plat en vierkantig).
SAL EK KAN BORSVOED?
Dis ’n mite dat jy ná ’n borsverkleining nie meer kan borsvoed nie. Dit gebeur net in ekstreme gevalle waar die tepel verwyder en weer geheg word. Jy kan dalk minder melk hê en sal die baba se dieet met formulemelk moet aanvul.
EN DIE LETSELS?
Die vorm en grootte sal van die tegniek afhang. Met die lollipop-snit is daar ’n ronde letsel om die areola en vertikaal van die tepel tot by die borsvou. En met die T-snit nog een onder die borsvou. Drie dinge bepaal hoe jou letsels daarna gaan lyk: Jou gene, hoe goed die chirurg die snye heg en hoe jy dit ná die operasie versorg. (Sien illustrasies hier bo.)
SAL MY MEDIESE FONDS BETAAL?
Jammer, die meeste mediese fondse beskou dit as ’n kosmetiese operasie en nie medies noodsaaklik nie. Dit ondanks die emosionele en fisieke voordele vir die meeste vroue, volgens dr. Do Vale. Sommige fondse sal dit dalk oorweeg ná ’n motiveringsbrief van jou chirurg, wat insluit foto’s, jou liggaamsgewig, LMI en ’n geskatte hoeveelheid weefsel wat verwyder gaan word. Net as jy aan die fonds se uitermatig streng voorwaardes voldoen, betaal hulle.
Juliet Harding, die plaaslike musiekgroep GoodLuck se hoofsanger, het op Facebook teen mediese fondse uitgevaar nadat sy vir haar eie borsverkleining moes betaal. Ten spyte van motiveringsbriewe en sketse aan die fonds dat sy só ’n latere rugoperasie kan voorkom, is haar eis afgekeur. ’n Bewonderaar, Kayleigh, skryf sy het ’n stresfraktuur in haar rugmurg gehad en was maande lank bedlêend – die fisioterapeut het dit aan haar groot borste gekoppel. Drie fondse het geweier om vir ’n borsverkleining te betaal.
* Skuilnaam.
021 422 4811, capetown@drnwilkinson.co.za, plastic-surgery.co.za, Dr. Nerina Wilkinson – Plastic Surgeon op Facebook, @nerinawilkinsonplasticsurgeon op Instagram
Dis (minstens) hoe lank jy jou hande gereeld deur die dag met seep en water moet was. En dis nie nodig om die sekondewyser van die horlosie dop te hou nie. ’n Ou wenk is om “Happy Birthday” twee keer van begin tot end te sing. En siedaar . . . kiemvrye hande.
Bron: mentalfloss.com