Sarie

IS COVID-19 ROOI?

-

In illustrasi­es is die coronaviru­s meestal bolvormig met “slurpies”, soos ’n ruimtewese. Die kleure verskil egter: rooi, oranje, blou, geel, sagte groen, wit met rooi slurpies, rooi met blou slurpies en baie kleure tussenin. Nie so nie. Selfs al gebruik jy die sterkste mikroskoop waarvan jy kan droom, sal Covid-19 steeds geen kleur hê nie. Dit was eers met die ontwikkeli­ng van die elektronmi­kroskoop in die 1930’s dat navorsers ’n virus kon

“sien”. Met die gebruik van elektrone kan die vorms, strukture en teksture van virusse nou geïdentifi­seer word. Ons persepsie van kleur is egter afhanklik van lig se teenwoordi­gheid. En aangesien daar nie op dié manier van

“sien” lig aanwesig is nie, bestaan virusse in ’n monochroom wêreld van grys.

Bron: theconvers­ation.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa