Sarie

Afrikaanse ikone op SARIE.com

-

Elize Cawood

Wat iemand is die se beste aandag manier te trek? om

Waai drenkeling. jou arms in die lug soos ’n Watter rol wou jy graag gehad het, maar iemand anders het dit gekry? En wie was dit?

Daar was al baie, maar ek aanvaar dit baie vinnig, anders sal jy jou polse afknaag. Watter rol sou jy sê het jou bekend gemaak?

Pop le Roux in Verspeelde Lente. As jy iets aan jouself kon verander, wat sou dit wees?

Ek is so ’n loskop, ek maak lysies en vergeet dan om daarna te kyk. So ek sou meer georganise­erd wou wees. Watter dorp is vir jou die mooiste in ons land?

Graaff-Reinet. Watter karakterei­enskap in iemand anders beïndruk jou?

As iemand georganise­erd is. Wat bestel jy gewoonlik as jy gaan uiteet?

Seekos, waar ook al dit te vinde is. Wat verskaf jou vreugde?

My gesin, my tuin, die maan, die son, stilte, vriende, lag, mooigoed, musiek, ’n lekker boek en om heerlike kos te maak. As jy ’n boot gehad het, wat sou jy dit noem?

My Skip. Watter kompliment beskou jy eintlik as ’n belediging?

Hoekom lyk jy so mooi vandag? Boggerof, man, wat van gister en eergister?

Hulle is van die bekendste name in SA – kunstenaar­s met wie ons grootgewor­d het en ons al jare lank vermaak. Met tyd aan almal se kant het SARIE se Fanie Cronjé tydens grendeltyd met hulle gesels, en die antwoorde was reguit, snaaks, aweregs en sommer net inspireren­d

At Botha

Wat is die beste manier om iemand se aandag te trek?

Om die persoon trompop te loop en ’n gesprek aan te knoop. Watter rol was die een wat jou bekend gemaak het?

Ek dink dit was daai speurderro­lle in TV-reekse soos Die Binnekring en Die laksman. En my eerste groot deurloopro­l was die TV-reeks Bosveld Hotel. As jy iets aan jouself kon verander, wat sou dit wees?

Ek was eintlik nog altyd tevrede met dit wat na my kant gekom het. Maar ek sou graag ’n meer regop postuur wou hê. My familie het nou maar eenmaal hierdie “ronde” ruggie gekry. Watter dorp is vir jou die mooiste in ons land?

Ek is gelukkig om te bly op die plek wat ek beskou as die mooiste dorpie in die land: Paternoste­r. Dit is die naaste wat jy in SA aan Griekeland kan kom. Watter karakterei­enskap beïndruk jou die meeste in

iemand anders?

Mense wat oop en eerlik is, sonder pretensie, beïndruk my geweldig. Wat bestel jy gewoonlik as jy gaan uiteet?

Ek is ’n rooivleis-eter. Enigiets van beeshaas tot ribbetjies met groente maak my baie gelukkig. Saam met ’n lekker glas rooiwyn. Wat verskaf jou nog vreugde?

Die klein dingetjies in die lewe, soos ’n roosknop wat ontluik in sagte reën. Om te sien hoe die tortelduif haar kuikens voer in my olyfboom. Om te sien hoe my saailinge opkom en groei. Om te hoor hoe iemand uitbundig lag vanuit sy maag, soos wat my oorlede vrou só goed kon doen. As jy ’n boot gehad het, wat sou jy dit noem?

Johelpi. Die eerste paar letters van my drie kinders se name. Watter kompliment is eintlik vir jou ’n belediging?

As iemand vir my sê: “At, jy lyk goed vir jou ouderdom.”

Susanne Beyers

Wat iemand is die se beste aandag manier te trek? om

My verby! dae Maar van aandag ’n kleurryke trek is jas helaas doen my selfbeeld rok in die goed somer. in die winter; ’n oranje Watter rol wou jy graag gehad het, maar iemand anders het dit gekry? En wie was dit?

Baie dekades terug was dit tussen my en Jana Cilliers om Anneline Kriel se rol in ’n TV-reeks oor te klank. Jana het dit gekry. Watter rol sou jy sê het jou bekend gemaak?

As jy van my generasie is, seker Annette Steenkamp in die TV-reeks Arende (1989). As jy iets aan jouself kon verander, wat sou dit wees?

Ek sal nie omgee om een oggend op te staan en nie te wonder waar die nuwe ou stywigheid­jie vandaan kom nie! Watter dorp is vir jou die mooiste in ons land?

Oudtshoorn in die vroegherfs tydens die jaarlikse KKNK. Of Robertson, waar ek my eerste sewe jaar gewoon het. Eintlik enige dorp in die Klein-Karoo. Wat verskaf jou vreugde?

In dié fase van my lewe, meer as ooit tevore: my familie, my metgesel en my honde, boeke, die Davies-getypoel op Onrus, my werk, teater, fliek, kaartspele­tjies, blokkiesra­aisels, lekker kos, lag en gesels . . . die lys is eindeloos. >

< Watter karakterei­enskap in iemand anders beïndruk jou?

Deernis, ewewigtigh­eid en humor. As jy ’n boot gehad het, wat sou jy dit noem?

Waarlikwaa­r. Dit was die naam van ons huis in Hoopstraat, Robertson, en ook die naam van my huis in die Kaap. Dis onvertaalb­aar, maar dit som vir my my lewe op. “Wie sou ooit kon dink?” Watter kompliment beskou jy eintlik as ’n belediging?

Jy het maer geword!

Joanie Combrink Wat is die beste manier om iemand se aandag te trek?

Toe ek jonk was, het ek soms aandag getrek oor ek stil was – ’n stil ene kan mos interessan­t en misterieus voorkom, al is dit eintlik nie die geval nie. Deesdae wil ek net aandag hê van mense wat na aan my is. Dit kry ek darem gewoonlik omdat ek ook aan hulle aandag gee. Iemand wat ’n rustigheid en gemak uitstraal, trek soms my aandag, en ’n dinamiese persoonlik­heid wat gewoonlik gepaardgaa­n met sjarme, kan ook.

Watter rol wou jy graag gehad het, maar iemand anders het dit gekry? En wie was dit?

In 1983 of ’84 het Regardt van den Bergh die regie behartig van ’n TVreeks met die naam Meisie van Suidwes. Ek wou baie graag die rol hê; dit was hoeka so ’n stil, misterieus­e ene, maar hy het toe vir Pamela Gien ge-cast. Sy was ’n interessan­ter keuse en ’n uitstekend­e aktrise. Ek dink sy woon deesdae in Amerika.

Watter rol sou jy sê het jou bekend gemaak?

Ek mense dink sal “Sterretjie” onthou. Dit is die was een die wat naamrol in As ’n jy Jan iets Scholtz-reeks. aan jouself kon verander, Ek sou graag wat dapperder sou dit wou wees? wees! Ek moet myself dikwels ’n pep talk gee om die lewe meer vreesloos aan te pak. Watter dorp is vir jou die mooiste in ons land?

Stad: Beslis Kaapstad. Dorp: Ek is mal oor rooi grond en doringbome, dus enige stowwerige dorpie in die bosveld waar daar doringbome, rooi grond en ’n droë hitte is. Watter karakterei­enskap in iemand anders beïndruk jou?

Iemand wat gemaklik in sy eie vel is, maar ek weet nie of dit ’n karakterei­enskap is nie. Andersins iets soos oopheid en dapperheid. Wat bestel jy gewoonlik as jy gaan uiteet en waar?

Ek hou van als Italiaans, dus enige Italiaanse kos soos byvoorbeel­d by Il Leone in Kaapstad. As jy ’n boot gehad het, wat sou jy dit noem?

Allora! (Well, then!) of Ciao! Watter kompliment beskou jy eintlik as ’n belediging?

Ek het al dikwels gehoor ek is baie “polite”, dan wonder ek of ek dalk nie oop en spontaan genoeg was nie. Ook dat ek baie konsekwent en betroubaar is in ’n werksopset, en dan wonder ek weer of dit nie die subteks vir voorspelba­ar of vervelig is nie.

Susan Danford Wat is die beste manier om iemand se aandag te trek?

Om stil te staan en te luister. Daar is baie geraas daar buite. Dit is kragtiger om stil te wees en eerder te observeer.

Watter rol wou jy graag gehad het, maar iemand anders het dit gekry? En wie was dit?

Cleopatra in ’n verhoogpro­duksie, dis ’n droomrol vir aktrises. Ek het die

teleurstel­ling laat gaan saam met die naam van die aktrise wat dit toe wel gekry het. Watter rol sou jy sê het jou bekend gemaak?

Die rol van Pauline Trollope in die TV-reeks Meester (1991). Sy was die Victoriaan­se vrou wat verlief geraak het op die meester. My teaterjare by Truk het my geleer om in Afrikaans te werk. As jy iets aan jouself kon verander, wat sou dit wees?

Ek sal baie graag veeltalig wou wees, nie net tweetalig nie. Ek praat Engels en Afrikaans, maar ek wens ek kon Zoeloe, Xhosa en Frans ook praat. Watter dorp is vir jou die mooiste in ons land?

Ek sal sê Franschhoe­k – die Wynland is asemrowend mooi. Kalkbaai is wonderlik – dis nie die mooiste dorp nie, maar dis die atmosfeer en die kunskultuu­r wat jou bekoor. Wat verskaf jou vreugde?

As mense vir wie ek lief is, goed voel oor hulself. As jy ’n boot gehad het, wat sou jy dit noem?

Toe ek klein was, het ons ’n boot gehad met die naam Suzi Wong. Dit was my ma se bynaam vir my. Sy was ’n weduwee met vier kinders, van wie ek die jongste was. Watter kompliment beskou jy eintlik as ’n belediging?

“Wow, you used to be a hotty.”

Ag, maar as ons nie kan lag nie, wat het ons oor? Elizabeth Archer Wat is die beste manier om iemand se aandag te trek?

Ek weet nie, want ek probeer eintlik so min as moontlik aandag trek. Maar ek het al geleer as jy lank en diep na iemand staar, sal daardie persoon uiteindeli­k in jou rigting kyk. Watter rol wou jy graag gehad het, maar iemand anders het dit gekry? En wie was dit?

Jare terug het ek ’n oudisie gedoen vir Die dame met die kamelias. Ek wou so graag die rol vertolk. As ek reg onthou, het Aletta Bezuidenho­ut die rol gekry. Ek was bitter teleurgest­eld. Watter rol sou jy sê het jou bekend gemaak?

Ek is nie seker nie . . . maar ek vermoed dit was tussen Skooldae (1981), Agter elke man (1985) en Wolwedans in die skemer (1987). As jy iets aan jouself kon verander, wat sou dit wees?

Ek sou baie graag meer geduld wou hê. Ek het definitief heel laaste in die ry gestaan toe dit uitgedeel is. Maar ek werk hard daaraan. Watter dorp is vir jou die mooiste in ons land?

Die Weskus-dorpie Paternoste­r. Watter karakterei­enskap in iemand anders beïndruk jou?

Eerstens geduld. Maar eerlikheid is vir my ongeloofli­k belangrik. Wat bestel jy gewoonlik as jy gaan uiteet?

By ’n goeie steakhouse bestel ek graag filet, en dit moet rare wees. Wat verskaf jou vreugde?

My perde. First Lady is my hart se punt. Ek het ook ’n jong merrievull­etjie, twee jaar oud, wat in Natal grootword. Hulle maak my oneindig gelukkig. As jy ’n boot gehad het, wat sou jy dit noem?

Seesiek is my naam . . . ek wil nie eintlik ’n boot hê nie. Watter kompliment is eintlik vir jou ’n belediging?

Sjoe, jy is gelukkig dat jy so maer is . . . Toe ek jonk was, het ek vreeslik gesukkel om gewig aan te sit. En het dit as ’n belediging ervaar, want hoe sal mense voel as ek vir hulle sê: “Sjoe, maar jy is darem vet.”

 ?? Elize Cawood FOTO PHYLLIS GREEN ??
Elize Cawood FOTO PHYLLIS GREEN
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa