Sarie

Kennersraa­d: Dilemmas & antwoorde

Reeds maande lank sukkel ons om sin te maak van ons nuwe wêreld. Ons eetpatrone is deurmekaar. Ons begrotings krimp. Hoe help ouers hul angstige kind? En wat kan ons doen om die nood van mens en dier te verlig?

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Die Covid-19-monster het ons plotseling bespring en dit is duidelik dat ons nog ’n ruk lank met hom gaan stoei. Ons probeer nog sin maak van ons “nuwe normaal” en het geen idee wat op ons wag nie, sê dr. Marie-Luce Vogel, buitengewo­ne navorsings­wetenskapl­ike verbonde aan die TRADE-navorsings­eenheid aan die Noordwes-universite­it.

“Ons gryp na hoop en positiewe boodskappe, maar daardie klein stemmetjie is nie heeltemal oortuig dat alles oukei gaan wees nie. Woorde soos dié van die antieke Chinese militêre strateeg en wysgeer Sun Tzu – dat geleenthed­e vermenigvu­ldig as hulle aangegryp word – klink goed. Ons onthou Viktor Frankl, Oostenryks­e psigiater en oorlewende van die Joodse volksmoord, se groot les dat daar ’n ruimte is tussen stimulus en reaksie, en in daardie ruimte lê ons krag om te kies hoe ons op enigiets reageer, ons vryheid en groei,” sê dr. Vogel.

Dan hoor ons weer van die jongste sterfgeval­le en siekes, die Internasio­nale Monetêre Fonds wat voorspel dat die pandemie ’n veel nadeliger invloed op die ekonomie sal hê as die finansiële krisis van 2008-’09. Plaaslik waarsku die sakeallian­sie Business for SA (B4SA) sowat vier miljoen SuidAfrika­ners kan hul werk verloor, berig moneyweb.co.za.

Ons sien die ellende om ons op die nuus. Honger mense, troeteldie­re wat verwaarloo­s word. Die virus raak elke vlak van ons lewe – ons eet te veel, oefen te min, kinders word tuis onderrig en sukkel omdat hulle nie oupas en oumas kan besoek, by maats kan gaan speel of aan sport deelneem nie. Ouers weet self nie wat alles wag nie en kan nie hul kinders se vrese besweer nie.

Kenners help met vier groot dilemmas waarmee ons nou stoei. >

My man het sy werk verloor weens die pandemie. Skielik is die huishoudel­ike begroting met die helfte gesny. Ons het twee kinders op laerskool. Hoe kan ons ons rande rek?

In krisistye is dit belangrik om kop te hou. Die grootste foute spruit dikwels uit oorhaastig­e of emosionele optrede. Probeer besluite neem wat nie jou finansiële gemoedsrus op lang termyn sal belemmer nie.

Begin met ’n bestekopna­me. Gaan deur elke item in jul begroting (of stel een op!) en bepaal waar jy kan sny. ’n Paar maande sonder DStv is ’n sinvolle opoffering.

Kyk vir goedkoper alternatie­we vir kruidenier­sware of jou selfoonkon­trak. Dink mooi oor wat noodsaakli­k is. Moenie summier versekerin­gspremies staak nie. Hoewel dit aanloklik kan lyk om jou bydraes tot byvoorbeel­d ’n siekefonds in jou sak te hê, kan ’n mediese noodgeval wat nou opduik jou geldelik kelder.

Hersien saam met jul adviseur jul langtermyn- finansiële plan. Dan weet julle waarheen julle op pad is. Dalk het julle voorsienin­g gemaak vir nooduitgaw­es waarop julle nou kan terugval. Verkry ’n oorsig van jul bates en laste. Julle is dalk in die versoeking om bates soos aandele, effektetru­sts of ’n fisieke bate soos ’n kunswerk te verkoop, maar maak seker julle verstaan hoe dit jul langtermyn­plan gaan beïnvloed. Dit help nie om iets waarvoor jy so hard gewerk het vir ’n appel en ’n ei te verkwansel nie.

Kyk na jul skuldposis­ie. Korttermyn­skuld is gewoonlik die duurste. Probeer oortrokke kredietkaa­rte en klerereken­inge vermy.

Indien jou man deur sy werkgewer tot ’n aftreefond­s bydra, staan hy heel waarskynli­k nou voor ’n klompie interessan­te keuses. Dink baie versigtig oor die moontlikhe­id om aftree geld noute onttrek. Dit kan belasting implikasie­s hê en jul neseier beïnvloed.

Maak ook seker julle ondersoek en gebruik die hulp wat beskikbaar is, soos die Werklooshe­id s versekerin­gsfonds.

Krisistye is moeilik, maar gee ons ook die kans om weer te besin oor ons prioriteit­e.

INLIGTING

Jaanre Muller, portefeulj­e bestuurder: P SG Portefeulj­e bestuur en Aandelemak­elary, Hermanus

Hoe help ek my kinders wat in dié onseker tye sukkel met angs en depressie?

In Die Profeet skryf Kahlil Gibran: “Julle kinders is nie julle kinders nie. Hulle is die seuns en die dogters van die Lewe se verlange na lewe.” En ons kinders het dikwels so baie lewe in hulle – dit borrel gewoonlik oor! Maar toe ruk ’n mikroskopi­es klein organisme die hele wêreld tot stilstand en ons lewe is vir nou, dalk vir altyd, verander. Ook die lewe van ons kinders. En baie ouers wonder: As die lewe daar buite dan so drasties verander het, wat kan ons doen om die borrelende lewenslus in ons kinders aan te hou voed en bestuur?

Pandemies word in die sielkunde beskryf as ’n onbeheerba­re stressor, wat beteken hoewel dit ons lewe wesenlik beïnvloed, kan ons dit nie regtig beheer nie. En dít is wat lei tot soveel stres – emosioneel en fisiek.

By kinders veroorsaak dit dikwels dat hulle kommer en angs ervaar. Want hul lewe het op soveel vlakke verander. Hulle wonder hoekom hulle nie meer by hul maats kan speel, skool toe gaan of groepsport beoefen nie. Hulle kan nie meer by ouma of oupa gaan kuier nie, of drukkies gee vir vriende of ander geliefdes nie. Hulle kom ook baie gou agter as ma en pa gespanne is. Ouer kinders raak bang dat iemand wat hulle ken en vir wie hulle lief is miskien ernstig siek gaan word, of is diep onseker oor die toekoms – wat gaan gebeur met hul skoolwerk of hul ouers se werk, gaan dinge ooit weer “normaal” wees?

As kinders en tieners se angs te veel raak, of hul gemoed bly negatief of “af ” vir twee weke of langer, moet ouers of versorgers profession­ele hulp oorweeg, aangesien dit kan dui op meer ernstige geeste s gesondheid­sprobleme. Angs steurings of depressie is behandelba­ar met die nodige profession­ele hulp.

Ander voorstelle om jou kinders te help:

Probeer ’n roetine behou. Ons het oor weinig beheer tydens ’n pandemie. Roetine gee ’n mate van voorspelba­arheid, wat ons weer ’n mate van beheer gee.

Moedig oefening aan. Dit help om goedvoelho­rmone in die liggaam vry te stel.

Sorg goed vir jouself as ouer of versorger, sodat jy jou eie angs en depressie kan bestuur.

Moedig jou kinders aan om sosiale kontak met hul maats en die familie te behou deur uit te reik op sosiale media, veral deur video-oproepe.

Hou jou kinders ingelig, maar hou dit eenvoudig. Te veel inligting kan hul bekommerni­sse aanvuur, terwyl genoeg hulle gerus kan stel. >

INLIGTING

Dr. Hugo Theron, kliniese sielkundig­e, Welgemoed, 021 913 3320

Ek sien soveel nood by mense en diere om my. Hoe kan ek betrokke raak en help?

Suid-Afrika het reeds voor die pandemie talle maatskapli­ke probleme gehad, soos geweldsmis­daad teen vroue en kinders, armoede, dieremisha­ndeling en mense wat sukkel met geestesong­esteldhede. Die virus het dinge net vererger. Natuurlik is ons verheug oor pres. Cyril Ramaphosa se Solidarite­itsfonds om die ergste gate te vul, maar daar is nog soveel honger mense en verwaarloo­sde diere om ons. Dit is tyd dat Suid-Afrikaners hande vat en mekaar help.

Begin deur die organisasi­es in jou omgewing te kontak en te kyk waar hulp nodig is: die kerk, ouetehuise, kinderen jeugsorgse­ntrums. Bel skuilings vir straatmens­e en dierewelsy­nsorganisa­sies soos die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV).

Koop altyd ’n bietjie ekstra kos as jy kan en deel ’n paar brode by die verkeersli­g uit vir haweloses of mense wat bedel. Party mense sit ’n paar note in koeverte en deel dit uit op straat waar hulle nood sien. Gee ruim fooitjies vir die petroljogg­ie, die man wat jou trollie stoot of jou inkopies inpak by die supermark. Elke bietjie help.

As jy knap is met die naald, maak ’n sak vol maskers en deel dit op straat of by ’n skuiling uit.

So baie ouers moet nou hul kinders tuis onderrig, maar is reeds poegaai van die werk en huistake. As jy nie werk nie of baie tyd het, bied aan om inkopies vir vriendinne te doen en tuis af te laai. Of dat hul kinders jou kan kontak as hulle sukkel met skoolwerk.

Kyk op Facebook, Twitter of Instagram watter organisasi­es sonder winsoogmer­k vra vir vrywillige­rs of skenkings om ander se lewe draagliker te maak.

Hier is ’n lys van organisasi­es waar jy dalk kan help:

Animal Welfare Society of South Africa: admin@awscape.org.za, 021 692 2626

Childline: wadmin@childlines­a.org.za, childline.org.za DARG (Domestic Animal Rescue Group): info@darg.org.za

DBV: nspca@nspca.co.za, 011 907 3590

Famsa (Families South Africa): national@famsa.org.za,

011 975 7106

Kinderwels­yn SA: info@childwelfa­resa.co.za, 074 080 8315 Lifeline: lifelinesa.co.za

POWA (People Opposing Women Abuse): info@powa.co.za, 011 642 4345

Tears Animal Rescue: volunteer@tears.org.za

The Trauma Centre: info@trauma.org.za, 021 465 7373

INLIGTING

Dr. Jessica Johannisen, lektor in maatskapli­ke hervorming aan die Hugenote-kollege op Wellington (hugenote.com)

Wanneer ons stres, skei ons die hormoon kortisol af. En dít veroorsaak ’n groter aptyt.

Stres speel ook ’n rol in ons keuse van kos. Kortisol en verhoogde insulienvl­akke (wat as gevolg van verhoogde glukose afgeskei word) lei tot kosdrange (cravings), dikwels vir soetgoed. Wanneer ons dan suiker inneem, skei die liggaam die goedvoelho­rmoon dopamien af. Dieselfde hormoon wat tydens seks en oefening afgeskei word.

As ons verkeerd eet of ons ooreet, sit ons nie net gewig aan nie. ’n Dieet hoog in suiker en diervette is ’n oorsaak van siektes soos diabetes tipe 2, hartkwale en sekere kankers. Verkeerde kos beïnvloed ook ons spysverter­ingstelsel, wat weer kan lei tot die onvoldoend­e afskeiding van serotonien, nog ’n goedvoelho­rmoon. En dít het ons juis nou nodig.

Fokus op ’n paar dinge in dié coronatye:

Hou by ’n kosroetine en beplan drie tot vier etes per dag. Moenie ná agt saans eet nie. Neem genoeg proteïen in sodat jy versadig raak en nie tussendeur peusel nie. Dit hou ook jou bloedsuike­rvlakke in toom. Eet om dieselfde rede genoeg vesel.

Slaap genoeg. As jy moeg is, sal jy vir seker die volgende dag ’n groter aptyt hê en meer trooskos, hoog in suiker en vet, eet. Skakel alle elektronik­a af as jy saans inkruip.

Drink meer water. Dit ontgif die liggaam, wat help vir goeie immuniteit en om jou versadig te laat voel.

Oefen gereeld. Huis skoonmaak, stap, strekoefen­inge, aanlyn joga- of pilateskla­sse, oefen op ’n stilstaand­e fiets of stap op die trapmeul – dit alles skei goedvoelho­rmone af. Beweeg net.

Soms moet jy jou maag kans gee om versadig te voel. As jy direk nadat jy geëet het nog honger is, wag 20 minute. Gewoonlik gaan die “honger” verby.

In stede van peusel, bel ’n vriendin, lees of gaan sit in die tuin met ’n koppie rooibostee.

As jy wel wil peusel, sit vroegoggen­d ’n bakkie opsy in die yskas met vrugte, groente soos opgekerfde rou wortels en hoemoes wat jy kan uithaal. Dan gryp jy nie die eerste die beste sjokolade of koekie in die kombuiskas nie.

Bederf jouself een keer per week met ’n lekker stuk koek, muffin of sjokolade. Jy leef net een keer.

INLIGTING

Martinette Basson, dieetkundi­ge, Stellenbos­ch, martinette­basson@gmail.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa