Sarie

DIE TAKTVOLLE SKOONMA EN DIE DOOPROK

-

Ek het ’n dooprok vir my eerste kind se doop gehekel – met kappie en kousies – alles met groot liefde en toewyding gedoen. My eerste kind, ’n seuntjie, is daarin gedoop. Die tweede seuntjie het in dieselfde dooprok voor die kansel gepryk. Ek het alle dogtertjie­s verlangend aangekyk, maar die derde seuntjie is ook in die dooprok gedoop.

So bêre ek die kosbare dooprok in die kis en wag vir die kleinkinde­rs.

Met dié dat ek net seuns het, is ek maar versigtig met die aanbied van die dooprok, maar ry tog die rok, mooi skoongemaa­k en verpak in ’n plastieksa­k, saam elke keer wanneer ons na die nuwe aankomelin­ge gaan kyk. Ek laat die rokkie altyd in die bagasiebak en luister eers wat oor die doopgeleen­theid gesê word.

So kom ek gou agter dat daar aan moederskan­t van my skoondogte­rs ’n dooprok is waarin al die geslagte gedoop word – en ek bly tjoepstil oor die dooprok en bêre dit maar weer veilig in die kis en wag vir die volgende kleinkind.

My seuns kon nie glo dat hulle in ’n rok gedoop is nie, met die gevolg dat ek met die kleinseuns geen kans gehad het dat die dooprok gebruik word nie. En met die dogtertjie­s was “al die vorige geslagte” se dooprok aan moederskan­t daar.

So lê die dooprok nog ongebruik in my kis ná agt kleinkinde­rs.

Nou is daar weer ’n dogtertjie en ek lê die rok netjies op my bed en neem foto’s daarvan, met die mussie en kousies, maar ek weet die kans is maar skraal dat dit gebruik gaan word. Dis dus ná die fotosessie weer veilig teruggepak in die plastieksa­k, gebêre in die kis. Kate, Welkom

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa