Sarie

Dit maak my opgewonde om vroue te sien blom

- – Suzette Truter

ESNA COLYN, hoof van Imbalie Beauty

Toe Esna Colyn tien jaar gelede oorgeneem het as uitvoerend­e hoof van die trots Suid-Afrikaanse skoonheids­maatskappy Imbalie Beauty, was sy lus vir die uitdaging en gefassinee­r deur skoonheids­produkte – reeds vandat sy in 1985 as au pair in Parys gewerk het. Maar sy het nooit kon dink dat sy hier sou ontdek wat haar werklik gelukkig maak nie: om vroue te laat groei.

“Dit maak my só opgewonde om vroue te sien blom as hulle uit hul gemaksone gedruk word. Om te ervaar hoe ons die beste in mekaar uitbring. Jy kan nooit op jou eie jou roeping vervul nie, dit het ek op die harde manier geleer,” sê sy.

Sy is nou verál dankbaar vir die “spesiale span” vroue om haar. Die grendeltyd het skoonheids­alonne hard getref – met druktyd het salonne maar kort tevore weer oopgemaak. (Imbalie het Placecol-, Dreamnails- en Perfect10s­alonne landwyd.)

Tipies Esna het sy dadelik op die positiewe gefokus. Sy is al so van studenteda­e af – “met Esna is daar altyd nog ’n geldjie”, het haar pêlle gespot. “Nou gebruik ons die tyd om ons besigheid fyn te bekyk vir gebreke en om personeel nuwe vaardighed­e te leer.”

Placecol-stigter Elma McKenzie moes in die beginjare in 1980 produkte in ’n oorlogsget­eisterde Rwanda kry, fakse na die Himalajas stuur vir rou bestanddel­e . . . Haar ervarings plaas jou probleme in perspektie­f, dan druk jy weer deur, sê Esna.

As kind kon sy al vasbyt. Sy was mededingen­d en nie ’n natuurlike atleet nie, maar vir langafstan­de kon jy óéfen. Sy het alles ingesit. “Ek het selfs in graad elf teen Zola Budd gehardloop en geglo ek gaan wen! My pa, ’n weermagman, het my van roetine en orde geleer, beginsels wat belangrik is, wat jy ook al aanpak.”

Ná haar jaar in Parys het Esna haar as geoktrooie­erde rekenmeest­er bekwaam en haar stempel in die bankwese en finansiële sektor afgedruk, hoewel sy haarself nie as ’n tipiese syfermens beskou nie.

“Ek is eerder ’n entreprene­ur. Dis lekker om innoverend­e goed te doen, maar dit moet outentiek en volhoubaar wees. Ons uitgangspu­nt is nou holisties – ons fokus op algehele welstand – skoonheid, gesondheid, voeding . . .”

As sakevrou en ma van twee is balans moontlik danksy haar ondersteun­ingsnetwer­k en “’n wonderlike man” met wie sy al dertig jaar getroud is. “Hy laat my toe om ’n vrye gees te wees en die dinge te doen wat my gelukkig maak.”

 ?? | FOTO Alet Groenewald/ Blessed Reflection Photograph­y ??
| FOTO Alet Groenewald/ Blessed Reflection Photograph­y

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa