Sarie

Help! ons is opge-Zoom

Aan die een kant ’n redding, want só bly ons in kontak met geliefdes, vriende en kollegas. Aan die ander kant ’n straf, want ons hele wêreld speel nou op ’n digitale skerm af. Hier waar ons werk en speel. En skielik is ons net só moeg. Hoe nou?

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Jou skerm vries. Jy hoor ’n snaakse eggo. ’n Dosyn koppe staar na jou. Jou kop klop. Jy dink aan jou rekenaarsk­erm in die swembad dompel. Jy kan nie, want dis ook jou reddingsbo­ei.

Sedert die Covid-19-pandemie ons getref het, maak ons meer as ooit vantevore gebruik van aanlyn video-oproepe. Zoom, Skype, FaceTime, Google Hangouts . . . Ons koukus saam met kollegas, in groepe en een-een. Wanneer die werksdag verby is, kuier ons met familie en vriende. Van kerk tot konkel, als gebeur deesdae voor daai skerm. En dit mergel ons uit. Daar is selfs ’n nuwe woord in omloop: virtuele uitputting.

Etlike weke gelede nog het feitlik almal wat kon van die huis af gewerk en ons het só baie tyd gespaar, sê

Hanrie Fridjhon, kommunikas­iespesiali­s van Pro-Active Communicat­ions. “Jy het nie in die verkeer vasgesit of kinders by die skool afgelaai nie, dalk skaars jou nagklere uitgetrek. Maar aan die einde van die dag was jy kapoet.” Konneksie-kapoetheid, noem sy dit.

Is dit moeiliker om via ’n skerm met ander mense kontak te maak? Natuurlik.

< “Jy is afhanklik van tegnologie,” sê Hanrie. “Data en internetve­rbindings staan egter tussen jou en doeltreffe­nde kommunikas­ie. En ‘Murphy’ wag altyd net vir jou belangriks­te vergaderin­g . . . Vreemd dat niemand nog met ’n rekenaarsk­erm aangerand is nie!”

Asof die vrees vir tegnologie nie genoeg is nie, vereis dit ook intense konsentras­ie. Jy moet meer fokus, harder werk om ander se nie-verbale seine te interprete­er, soos gesigsuitd­rukkings, die toonhoogte van die stem en lyftaal. Is daar baie mense op die skerm, word dit ’n onbegonne taak. Hanrie: “Is Elsa van Eise in ’n slegte bui? Jy weet nie, want jy kan nie haar liggaamsta­al ‘lees’ nie. Jy moet boonop stip staar en hoop die skerm is ver genoeg van jou voorkop af. Anders sien almal jy het lanklaas Botox gehad en jou hare is weke laas gekleur.”

En dis volgehoue konsentras­ie, daar is byna geen sosiale ontvlugtin­g nie, voeg prof. Renata Schoeman, ’n psigiater en hoof: MBA in gesondheid­sorgleiers­kap aan die Universite­it Stellenbos­ch Bestuursko­ol, by; geen tyd vir ’n grappie of twee nie. “Jy is dalk meer produktief tydens ’n twee uur lange Zoom-vergaderin­g. Maar dit tap jou kop, dis net werk met geen speeltyd nie.”

Dan is daar die sielkundig­e aspek. Ons koppe is sáám maar ons lywe kilometers van mekaar, volgens haar. Die dissonansi­e, wat konflikter­ende emosies veroorsaak, is uitputtend. Jy kan nie natuurlik in die gesprek ingly nie. “Die brein probeer sin daarvan maak. As ek met jou praat, behoort jy mos fisiek teenwoordi­g te wees. Nou sien en hoor ek jou, maar jy is nie hier nie.”

Mense wat staatmaak op video-oproepe om byvoorbeel­d met hul geliefdes oorsee kontak te maak, voel dikwels asof hulle daarna nog meer verlang, volgens haar. Want jou mense is dáár, maar nie fisiek nie. En daardie verlies aan persoonlik­e kontak het ’n emosionele effek. Dieselfde met jou kollegas, met wie jy gewoond is om te klets, koffie te drink.

Nog ’n ding, alles gebeur op een plek.

Wat gewoonlik

’n mengsel is van helder verligte kantore, knus rusbanke in vriende se voorhuis, gunsteling­restaurant­e en ander plekke, vind nou alles op die skerm plaas. Die meeste van ons sosiale rolle speel hier af. Dis amper so goed jy gaan op ’n afspraak, ontmoet jou ouers en konfereer met jou baas, als in een kroeg. Die grens tussen huis en werk verdwyn, sê prof. Schoeman. Dis terselfder­tyd onpersoonl­ik maar ook baie persoonlik, maak amper inbreuk op jou privaathei­d. “Hoeveel meer persoonlik kan dit raak as iemand wat hier in jou gesig is, in jou oor praat?”

Boonop gun jy jouself dalk minder ontspannin­gstyd. Hanrie: “Jy vergeet van ’n lewe/werk-balans en jy voel daar word van jou verwag om die hele tyd beskikbaar te wees. Voeg daarbý huismense wat raas, honde wat blaf terwyl jy probeer werk. Eksterne faktore buite jou beheer wat jou nog meer angstig en geïrriteer­d maak.”

Ek sien en hoor jou, maar jy’s nie hier nie

Prof. Renata Schoeman

Bykomend is die tegnologie­se frustrasie­s, die skerm wat vries, klank wat onderbreek word. Só skep stilte ’n natuurlike ritme in gesprekke wanneer mense by mekaar is. Maar as dit tydens ’n video-oproep gebeur, raak jy angstig oor die tegnologie. (“Hóór jy my?”) As jy boonop tegnologie­s nie baie bedrewe is nie, kan die video-platform se “gereedskap” ’n uitdaging wees. Daarbý moet jou brein verskeie goed gelyk doen, wat moeilik is. “By” wees tydens die vergaderin­g, die tegnologie hanteer, dalk notas maak.

Maar al werk die tegnologie perfek saam, kan dit nie die gevoel verminder dat baie meer oë jou dophou as tydens ’n gewone vergaderin­g nie, so asof jy op die verhoog is. Dis soos om TV te kyk en die TV kyk terug na jou! Dit kan jou meer selfbewus en minder seker van jou interaksie­s laat voel. Daar is sosiale druk en die gevoel dat jy moet uithaal en wys. Dit kan jou dalk harder laat werk, ja, maar is ook meer stresvol. En hoe kyk jy jou eie gesig op die skerm mis? Kry jy dit reg om nie selfbewus te voel oor hoe jy voor die kamera lyk nie.

Daar is egter uitsonderi­ngs. Prof. Schoeman sê vir sommige mense is die afstand tussen hulle en die ander mense juis ’n voordeel. “Ek gee dikwels aanlyn klas. My ervaring is dat mense wat gewoonlik nie juis ’n bydrae maak nie, introverte en die skames, dit nou juis doen.”

Onthou ook dat ons in dié dae meer stres ervaar en dat dit jou bykomend uitput. “Almal is gespanne, of dit nou grendelgri­ep [al is die hekke nou op ’n skrefie oop] of geldelike kommer is,” sê prof. Schoeman. “Jy volg dalk nie ’n roetine nie, slaap sleg en voel sosiaal geïsoleer. Nou is daar konflik in ’n aanlyn vergaderin­g en julle kan dit nie later oor ’n koppie koffie vinnig uitpraat nie. Jy is bekommerd of dit verhouding­e versuur het. Is die lug nou gesuiwer, of nie?”

Gaan die uitputting minder raak soos ons meer aan video-oproepe gewoond raak? Die tyd sal leer, sê sy. “Dalk gaan ons meer suf voel omdat ons gewoond raak om te zoom en meer vergaderin­gs só skeduleer. Aan die ander kant kan dit die ‘nuwe normaal’ raak en ons dit met groter gemak hanteer. Maar dit sal net gebeur as ons doelbewus leer om dit te doen. Tegnologie is daar om ons te help om beter te funksionee­r. Dit moenie ons baas raak nie. Dis ons verantwoor­delikheid om reëls en tegnieke vir onsself in te bou, te leer om dit te bestuur.”

Dalk gaan daar ná die pandemie rehabilita­siegeriewe wees vir mense wat aan virtuele uitbrandin­g ly, grap Hanrie. “Geen skerms of pynappelbi­er nie!”

Eksterne faktore buite jou beheer maak jou meer angstig en geïrriteer­d Hanrie Fridjhon

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa