Sarie

Vat jou finansiële toekoms vas!

Laat PSG se topadviseu­rs jou sleutelvra­e beantwoord oor finansies om seker te maak jou toekomstig­e beplanning is op die regte spoor

-

Die onlangse Covid-19-pandemie het dit duidelik gemaak vir ons almal hoe belangrik dit is om te verseker jy het ’n finansiële plan. As jy tot nou jou beplanning afgeskeep het, of dalk nog nie begin het nie, help ons jou hierdie Vrouemaand om basiese beginsels in plek te stel wat jou die vertroue sal gee om die regte vrae te vra. Skakel in op SARIE se webwerf, waar van PSG se topadviseu­rs sleutelvra­e gaan beantwoord vir elke ouderdomsg­roep en van die grootste finansiële kwelpunte aanspreek – raad van vroue, aan vroue! Hier is solank ’n aptytwekke­r indien jy dalk nog altyd meer wou weet oor beleggings en jou finansies, maar te bang was om te vra.

DIE GEHEELBEEL­D MAAK SAAK

Dis doodnatuur­lik om op een aspek te wil fokus, moontlik omdat ons beheer wil neem, of dalk net omdat dit makliker is. As dit kom by finansiële beplanning, is dit egter die geheelbeel­d wat saak maak. Dit help min jy het ’n uitmuntend­e beleggings­portefeulj­e, maar geen risikodekk­ing of mediese fonds nie – want jy kan vinnig jou beleggings uitput as jou gesondheid ’n knou kry. Dis belangrik om te verseker dat jou plan al jou behoeftes aanspreek.

JA, JY HÉT JOU EIE PLAN NODIG!

’n Produk of belegging maak slegs sin as dit by jou behoeftes en omstandigh­ede pas. Moet dus nooit voor die versoeking swig om iemand anders se plan te volg nie. Moet dit ook nie aan jou man/maat oorlaat om die beplanning vir julle te doen nie. Maak seker jy is betrokke – en dat jou behoeftes ook in ag geneem word. Verhouding­s verbrokkel of eindig, en die onvoorsien­e gebeur. Jy verdien jou eie pasgemaakt­e plan en die mate van sekerheid wat dit jou bied.

TYD IS DIE SLEUTEL

Tyd is altyd die belegger se grootste vriend. Hoe langer jy het om te belê, hoe beter. Min mense word oornag ryk. Selfs in die geval van entreprene­urs sien jy as jy van nader kyk dat daar baie harde werk is wat die “skielike” sukses en rykdom voorafgaan. Dieselfde geld as dit kom by jou finansies. Begin sommer dadelik om die regte fondamente in plek te stel.

’N KUNDIGE AAN JOU SY MAAK ’N VERSKIL

Daar is baie faktore om in gedagte te hou, baie verskillen­de produkte en nog meer beleggings­opsies daar buite. ’n Kundige adviseur wat saam met jou werk om jou nommerpas oplossing in plek te stel, kan jou help om te verseker dat die uitkomste wat jy bereik in lyn is met jou behoeftes.

Ons sien uit na die aanlyn reis saam met jou. Wees op die uitkyk vir die artikels op SARIE.com vanaf 3 Augustus

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa