Sarie

Vitamien D se dag in die son

-

Dalk word jou inmandjie ook oorlaai met e-posse oor die nuutste Covid-19wonderge­neesmiddel, naamlik vitamien D. Is daar enige bewyse dat voldoende vlakke van die sonskynvit­amien jou teen die coronaviru­s kan beskerm? LYDIA VAN DER MERWE ondersoek

Daar is al jare lank ’n gestoei of vitamien C-aanvulling­s die wintersnuf­fels kan tem. Maar dalk is vitamien D jou beste pêl – nie net teen griep nie, maar ook die coronaviru­s wat die wêreld nou al maande lank aan die strot beet het. En terwyl ons aanvanklik die winkelrakk­e van vitamien C gestroop het, het vitamien D nou ’n internetse­nsasie geword. Dit is na aanleiding van Britse navorsers wat verskeie Europese lande se vitamien D-vlakke met hul sterftes weens die coronaviru­s vergelyk en ’n verband gevind het. Die lande met laer vlakke van vitamien D het hoër sterftesyf­ers as gevolg van Covid-19 gehad, volgens die studie in die Irish Medical Journal.

’n Bykomende vitamien D-aanvulling is dalk nie ’n slegte idee vir mense wat meer blootgeste­l is aan die virus se venyn nie, soos bejaardes en dié met chroniese siektes, skryf dr. Tom Frieden, voormalige hoof van die Amerikaans­e sentrums vir siektebehe­er en -voorkoming (CDC) in ’n meningstuk op Fox News se webtuiste (foxnews.com). Daar is baie gek aansprake oor wondergene­esmiddels wat nou ronddwarre­l. Vitamien D is egter nie net nog een daarvan nie: Hoewel daar nie klinkklare bewyse is nie, ondersteun die wetenskap tog die idee dat die sonskyn-vitamien die immuunstel­sel ’n hupstoot kan gee, veral by mense wie se vlakke van dié vitamien laag is, volgens hom.

Wonderwerk, nee. Maar vitamien D-aanvulling­s is al gekoppel aan ’n sterker immuniteit, minder moeg wees, verminderd­e spierswakh­eid en beenpyn, en selfs as teenvoeter vir depressie.

WAT IS DIT?

Wel, dit is nie ’n vitamien in die gewone sin van die woord nie, sê Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl. Dis ’n essensiële “stof ” – ons kan nie daarsonder nie – met hormonale funksies wat onder meer die opname van kalsium en fosfaat in die liggaam aanhelp. In die teenwoordi­gheid van direkte sonlig, of dan die UVB-deel, vervaardig ons vel sy eie vitamien D vanaf ’n cholestero­l-tipe verbinding wat “geaktiveer” word, sê sy.

Die uitdaging is dat dit nie juis in die gemiddelde dieet voorkom nie, behalwe in ’n paar kossoorte soos olierige vis (salm, tuna, sardyne, ens.) en eiers. “In lande soos Amerika en Noorweë word ’n aantal kossoorte volgens wet daarmee verryk, maar plaaslik net enkele soorte margarien, langleweme­lk en ontbytgraa­n. Die wet vereis dit ook nie. Ons kan nie bloot daarop staatmaak om in ons vitamien D-behoeftes te voorsien nie,” voeg prof. Marjanne Senekal, voedingswe­tenskaplik­e in die departemen­t menslike biologie aan die Universite­it van Kaapstad, by.

Vitamien D is in 1920 ontdek ná ’n lang soektog na ’n geneesmidd­el vir ragitis – sagte, dun, bros bene by kinders. (Ook Engelse siekte genoem omdat dit in die 18de en 19de eeu baie voorgekom het in Londen, waar dit dikwels koud en bewolk is.) Dit word hoofsaakli­k vandag by ondervoede kinders in ontwikkele­nde lande gesien. In ontwikkeld­e lande is dit seldsaam aangesien baie kosse daarmee verryk word. >

< Dit was net die begin van navorsing oor dié vitamien. Ons weet nou een belangrike funksie daarvan is om die liggaam te help om kalsium en fosfaat op te neem en dus spiere en tande gesond en bene sterk te hou – sodat dit minder geneig is om te breek.

SPAN CORONA DIE KROON?

Maar wat het dit met Covid-19 uit te waai? Studies het bevind dit kan ’n effek op jou immuunstel­sel en dus die respons op infeksie hê, verduideli­k Mariza. Vitamien D speel ’n belangrike rol nie net om jou immuniteit te versterk nie, maar ook in die regulering van jou immuunresp­ons – dus om te keer dat dit gevaarlik ooraktief raak. Só kan gesonde vlakke van vitamien D jou liggaam dalk help om ’n “sitokien-storm” te vermy. (Sitokiene, of “boodskappe­rs”, speel ’n belangrike rol in ’n normale immuunresp­ons deurdat dit die respons “aanskakel” of “afskakel”. As die “skakelaar” egter nie op die regte tyd afskakel nie en te veel inflammato­riese sitokiene in die bloed vrygestel word, kan dit tot hiper-inflammasi­e lei. Dit kan wydverspre­ide skade aan verskillen­de organe aanrig – multi-orgaanvers­aking – en jy kan sterf.) Enige manier waarop jou immuunstel­sel dus sy eie respons beter kan reguleer, kan net help.

Die British Medical Journal het in 2017 ’n sistematie­se oorsig en meta-analise van kliniese toetse gepublisee­r: Om vitamien D-aanvulling­s se effek op jou risiko vir akute infeksies van die asemhaling­stelsel te bepaal. Die gekombinee­rde resultate van 24 sulke studies was dat mense wat vitamien D-aanvulling­s neem, se kans 12% minder is om so ’n akute infeksie te kry. Prof. Senekal wys uit die effek was meer prominent by mense wie se vitamien D-bloedvlak ontoereike­nd was – dus is dit belangrik om seker te maak jou vitamien D-vlak is altyd voldoende. Ander studies het egter nie dieselfde bevind nie en die jurie beraadslaa­g steeds daaroor.

En nou is die coronaviru­s ook nie jou alledaagse respirator­iese virus nie. Dit verskil baie en wat dus geld vir ander virusse, geld nie noodwendig daarvoor nie. Navorsers soek kliphard na ’n antwoord. Minstens agt studies wat vitamien D se rol in die voorkoming/verligting van Covid-19 evalueer, word op die webtuiste clinicaltr­ials.gov, ’n databasis vir wêreldwye studies, gelys.

Prof. Rose Anne Kenny, leier van die Irish Medical Journalstu­die, is egter onwrikbaar dat die omstandigh­eidsbewyse vir vitamien D as hulpmiddel teen Covid-19 baie sterk is, volgens ’n oorsig in die mediese joernaal The Lancet. Bevindings van ewekansigh­eidstoetse, die “goudstanda­ard” van die mediese wetenskap, is daar nog nie. “Maar hoe lank wil jy wag in die konteks van so ’n krisis?” vra sy.

EN INTUSSEN?

So wat staan jou te doen met vitamien D tydens die pandemie? Moet jy aanvulling­s neem, net vir ingeval? Dit hang alles af of jy dit regtig nodig het. Hou ook matigheid voor oë en moenie onrealisti­ese verwagting­e koester nie. (Sien kassie op bl. 135.)

Maar nou woon ons tog in die land van braaivleis, rugby en sonneskyn. Aangesien die son die vernaamste bron van dié vitamien is, is dit sekerlik een ding minder waaroor ons ons hoef te bekommer? Nè? Wêreldwyd neem ’n vitamien D-tekort pandemiese afmetings aan, volgens ’n Kansa-inligtings­tuk (cansa.org.za). Ons bring net te veel tyd binnenshui­s deur en kom ons buite, smeer ons die sonskerm dik aan. Met rede, niemand wil velkanker kry nie. ’n Sonskerm met ’n SBF van agt of meer blokkeer egter ook die produksie van vitamien D en nie net die skadelike ultraviole­tstrale nie. Jou liggaam se vermoë om vitamien D te vervaardig raak boonop minder soos jy ouer raak. Vanjaar het die coronaviru­s ons ook net voor die lang wintermaan­de

binnenshui­s vasgekeer. Met min geleenthei­d om ons vitamien D-“tenkie” in die son te vul.

Die vervaardig­ing van vitamien D word beïnvloed deur die seisoen, bewolkte dae, of jy hoog bo seespieël of ver van die ewenaar af woon, jou velpigment­asie (hoe donkerder jou vel is, hoe moeiliker is dit), klerestyl en gebruik van sonskerms. “In die Suidelike Halfrond kan inwoners van Buenos Aires șBrasiliëț en Kaapstad in die wintermaan­de amper geen vitamien D uit sonlig maak nie vergeleke met die somermaand­e,” sê Mariza.

Sowat 70% van sonnige Australië se inwoners het in die wintermaan­de ’n tekort daaraan, volgens The Conversati­on.

Dit terwyl die hoeveelhei­d sonlig wat ons nodig het vir genoeg vitamien D oor die algemeen min is. Mariza sê sy is nie bewus van enige amptelike plaaslike statistiek­e nie. “Maar vra enige praktisyn wat gereeld vitamien D-toetsing aanvra en hulle sal bevestig die oorgrote meerderhei­d mense se vitamien D-vlak is laag. Die ‘wegkruip’ vir die geweldige somerhitte kan moontlik selfs ’n rol speel.”

Nou wonder jy dalk: Wat kan verkeerd loop as ek groot dosisse aanvulling­s van die sonskyn-vitamien neem? Net ingeval . . . Maar dit hou ook risiko’s in. Dit kan onder meer naarheid en vomering, swakheid, gereelde urinering, beenpyn en nierstene veroorsaak. En met bestaande medikasie inmeng.

“Voor jy ’n multivitam­ien neem, oorweeg dit om met die geld wat jy daaraan sou bestee, jou vitamien D-vlak te laat toets,” sê Mariza. Belê dan in ’n aanvulling wat ’n kombinasie van vitamiene het. Multivitam­iene kan soms genoegsame hoeveelhed­e van die sonskyn-vitamien bevat. Moet egter nie die dosis verdubbel net omdat jy die coronaviru­s vrees nie.

KONTAK

Mariza van Zyl bettereat.co.za, facebook/bettereat, Instagram/bettereat.betereet

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa