Sarie

Laaste sê deur Riana Scheepers

- RIANA SCHEEPERS

in haar oomblikke van beswaardhe­id, by haar geskropte kombuistaf­el gaan sit, diep gesug en gesê: “Ja, die einde van die wêreld is naby.” En dan het sy opgestaan en vir haar ’n koppie sterk rooibostee geskink.

Hoeveel dekades later, en nee, die einde van die wêreld het toe nog nie aangebreek nie. Soos alle rampe en ellendes, sal corona nie die kroon dra as dit wat die einde van die wêreld veroorsaak het nie. Maar ja, ons lewens het wel verander.

Daar is onherroepl­ike dinge wat ek mis met ons nuwe lewenstyl. Ek mis die warm, taai omhelsinki­es van my kleinseuns wat vér is. Dit is ’n omhelsing wat maar ’n oomblik duur, want die seuntjies is manne wat nie eintlik van drukke en soene hou nie, maar in daardie enkele oomblikke van toegeneent­heid ruik ek alles aan hulle wat hulle seuntjies maak. Die buitelug, gras en veld en stof en modder, die hond, rugbyballe en taai toffie en inkleurkry­t. Ek mis ook die samesyn van vriende in ’n restaurant met ’n bottel wyn op ’n Vrydagaand. Ek mis die welbehaagl­ike, gemoedelik­e roesemoes van stemme. Ek mis die nonchalant­e samesyn van mense in een vertrek wat totaal onbewus is van ’n onsigbare, vliegende pes tussen ons. Dit is iets wat dalk altyd anders gaan wees – baie mense in een vertrek.

Met heimwee dink ek terug aan ’n aand in een van die kleinste restaurant­jies waar ek nog ooit geëet het. ’n Jaar of wat voordat Die Pes Italië getref het, is ek in Rome. En soos dit soms gebeur, beland ons toevallig in die heel lekkerste restaurant­jie in die hele Italië. Of dalk is dit nié so toevallig nie, want ek en my reisgenoot volg die gulde reël: Eet waar die gewone mense eet. Al is dit nie die mooiste gebou nie.

As ek sê dit is ’n klein restaurant­jie, dan bedoel ek klein, piepklein. Daar kan maksimum twaalf mense sit, en dan is dit ’n stywe sit, naby ’n tafelgenoo­t wat jy nie ken nie. Om die plekkie nóg kleiner te maak, is die eienaar, gasheer, sjef, sommelier én skinker ’n reus van ’n man, iemand wat ’n groot ruimte vul. ’n Man wat my laat dink aan een van die mooiste kinderboek­e wat ek ken, Roald Dahl se The BFG. Die gasheer van ons restaurant is óók ’n big friendly giant.

Deur die loop van die aand groei my bewonderin­g vir hom, as gasheer en sjef, maar veral as mens. Want in hierdie klein ruimte is daar drie mense wat sekerlik die brutaalste wesens op aarde is. Terwyl daar ’n groot groep mense buite op die sypaadjie wag vir ’n opening in die restaurant, het ’n groepie van drie lummels besluit dat hulle nét plek gaan opneem. Tussen die drie van hulle het hulle een botteltjie water bestel, maar ná twee uur nog geen aanstaltes gemaak om kos te bestel nie. Nee, Die Drie Dwase lê op die tafelblad, bitterlik besig met hul selfone. Die wonderlike kulinêre wêreld van Rome gaan by hulle verby, die aand gaan verby, die lewe gaan nutteloos verby. So nou en dan spreek hulle ’n woord in ’n toeriste-taal wat ek nie kan eien nie.

Wat doen ons gasheer, die groot vriendelik­e reus? Hy vra hulle nie om te loop nie, hy gee hulle nie boosaardig­e kyke nie, hy rol nie sy oë nie – iets wat ek al lankal wou doen. Hy doen wat alle kunstenaar­s doen as dinge verkeerd loop: Hy gee sy beste. Op sy aanbevelin­g drink ons ’n perfekte Pinot Grigio saam met ons voortrefli­ke ete, ’n ryk seekos-bredie barstens toe vol van die aardse geure van tamatie en vars kruie.

Ons eet tiramisu vir nagereg. Toe ons gaan, lê Die Drie Dwase nog steeds halflyf oor die tafel, min gepla.

Hoekom is daardie aand so helder in my gedagtes? Die onhoflike optrede van mense wat spasie opneem? Nee. Ek onthou die sagtheid van ’n groot man.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa