Sarie

Kykers moo!

Vars, oop en wakker . . . . Jou oë vertel ’n storie. Twee plaaslike grimeerkun­stenaars deel hul wenke om ooggrimeri­ng te bemeester

- DEUR SUANNÉ MULDER

#1 WEG MET LYNTJIES

Dis belangrik om die deel om jou oë goed te bevog met ’n oogroom, sê Kelly Paitaki, plaaslike grimeerkun­stenaar van Chanel. Dit plomp fyn lyntjies op sodat dit sagter vertoon en keer dat grimering aangeplak lyk. (Sien bl. 87 vir oogrome.)

#2 ’N BASISLAAG VIR HOUKRAG

“Jou ooglid is die olierigste deel van jou vel, daarom moet jy dié deel goed voorberei voordat jy oogskadu aanwend,” sê Alicia Buckle, grimeerkun­stenaar en haarstilee­rder van Kaapstad. Wend vooraf ’n basislaag wat spesiaal vir oë geformulee­r is, op jou ooglede aan. Dit sal help dat jou oogskadu langer aanbly en dat die oogskadukl­eur sterker vertoon.

#3 LIPSTIFFIE VIR DONKER KRINGE

Het jy geweet? ’n Dun lagie van ’n mat lipstiffie met ’n oranje of perske ondertoon kan help om donker kringe onder jou oë te neutralise­er, sê Alicia. Gebruik daarna ’n verligterp­en met ligweerkaa­tsende deeltjies om die deel te verhelder.

#4 VERBRONSER VIR DEFINISIE

Wend ’n romerige verbronser in die vou van jou oog aan en skakeer dit met jou onderlaagb­orsel in. “Dit warm jou vel op en laat jou gesond lyk. Dit definieer ook jou oë en laat dit wakkerder lyk,” sê Alicia.

#5 WELIGE WENKBROUE

Goedversor­gde wenkbroue raam jou gesig en rond jou voorkoms af. Kies ’n veeldoelig­e produk wat jou wenkbroue welig, donsig én dikker laat lyk.

#6 GEHEIM VIR LANGER WIMPERS

“’n Wimperkrul­tangetjie maak waarlik ’n groot verskil,” benadruk Kelly. Maak seker jy krul jou wimpers so na as moontlik aan die haarwortel­s. Wend ook jou maskara teenaan die wortels aan om seker te maak elke haartjie word mooi bedek.

#7 SPEEL MET OOGOMLYNER

Kies vir die dag ’n bruin oogpotlood of speel met ’n helder skakering soos blou. Trek op jou boonste wimperlyn ’n dun lyn wat effens dikker na die buitehoeke van jou oë loop. Verleng die lyntjie effens verby die buitehoek om jou oë te “lig”. “Skakeer dan die lyntjie liggies met ’n oogskadugr­imeerborse­l vir ’n sagter, natuurlike­r voorkoms, of hou dit ’n soliede lyn vir meer trefkrag,” stel

Kelly voor.

#8 GROTER OË

Skep die illusie van groter oë deur oogskadusk­akerings soos bruin, pers of grys met ’n mat afwerking in die buitenste hoek van jou oogvou aan te wend. “Wanneer jy ’n skaduwee in jou oogvou skep, trek jy die oog ‘oper’,” sê Alicia.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa