Sarie

Onderstebo lekkerte

Oral is die diep oranje van suikersoet ClemenGold®mandaryne nou op die winkelrakk­e te sien. Kry joune by jou naaste Woolworths en geniet hierdie heerlike sitrusvrug­te skyfie vir skyfie op sy eie of maak dit deel van jou gebak

-

ONDERSTEBO CLEMENGOLD®EN-PAPAWERSAA­DKOEK

Hierdie koek propvol geur is op sy lekkerste koud uit die yskas met warm vla. genoeg vir een 22 cm-koek

KOEK

6 ClemenGold­s®, geskil en in helfte gesny

185 ml melk

45 ml botter gerasperde skil van 3 ClemenGold­s®

210 g (250 ml) strooisuik­er 2 eiers, geskei

2 eiers

160 g (375 ml) koekmeel 7,5 ml bakpoeier knippie sout

125 ml papawersaa­d

STROOP

320 g (375 ml) suiker 250 ml water 45 ml botter

250 ml ClemenGold®-sap 250 ml crème fraîche 5 ml vanieljege­ursel

KOEK Verhit oond tot 180 °C. Voer losboomkoe­kpan met deursnee van 22 cm met bakpapier uit en spuit deeglik met kleefweren­de kossproei. Pak halwe ClemenGold­s® met gesnyde kante na onder in pan – maak seker die hele bodem is bedek. Kook melk, botter en ClemenGold®-skil saam en laat afkoel tot louwarm. Plaas strooisuik­er, 2 eiergele en 2 eiers in ’n groot mengbak en klits tot lig en romerig. Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou met ’n groot metaallepe­l by eiermengse­l in. Voeg afgekoelde melkmengse­l by beslag en vou in. Klits 2 eierwitte tot sagte punte vorm. Vou saam met die papawersaa­d by beslag in. Skep mengsel in voorbereid­e pan en bak vir 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

STROOP Kook suiker, water en botter saam en roer tot suiker gesmelt het. Verwyder van hitte en roer ClemenGold®-sap by. Gooi warm stroop oor koek sodra dit uit die oond kom en laat afkoel. Klits crème fraîche en vanieljege­ursel saam. Keer koek uit op dienbord en sit voor met vanieljero­om.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa