Sarie

REG VIR ’N NUWE AVONTUUR OP 80

- DEUR SUZETTE TRUTER * Teken in op Jenny se nuusbrief vir alles oor haar jongste items by jimina@jennylerou­x.com FOTO FAIRLADY/ LIZA VAN DEVENTER

Baie van haar vriende het gedink dis malligheid toe die sakevrou Jenny le Roux op 80 ’n nuwe besigheid begin.

Maar dié doyenne van mode was nog nooit bang vir ’n uitdaging nie. Sy het immers jare gelede haar eerste boetiek, Habits, op ’n piepklein begroting in Claremont, Kaapstad, begin, later haar beroemde “Trunk Shows” – basies ’n opwipwinke­l uit tasse – in Johannesbu­rg bekendgest­el en die eerste aanlyn modewinkel in SA begin.

Oor haar nuwe baba, JLR by Jenny le Roux, sê dié stylvolle, veelbekroo­nde entreprene­ur: “Die pandemie het snaakse dinge aan mense gedoen. Ek is in 2019 ná 35 jaar weg by Habits. Ek het net begin gewoond raak daaraan om saam met my vriende te kuier, toe betrap Covid ons. Skielik was ek stoksielal­leen en my brein het oortyd begin werk. Ek kon nie die gedagte aan mode uit my kop kry nie.”

Daar bestaan nie ’n woord soos aftree in haar woordeskat nie, erken sy. “Ek het ook nie stokperdji­es nie. Ek het besef mode is my stokperdji­e. Só is my klein besigheid gebore. En local is lekker, natuurlik.”

Jenny ontwerp en vervaardig een moet-hê-kledingstu­k per maand. Tans is haar gewildste items “die perfekte wit hemp”, stylvolle sy-serpe, en die nuwe swart broek – net bokant die enkel.

Dit was nie finansieel maklik om van niks af te begin nie, en om nuwe materiaal te vind verg baie energie. Wanneer sy soggens wakker word, speel sy Wordle, bestee vyftien minute op die trapmeul, drink ’n koppie sterk koffie en sy is reg vir die dag. Sy bly op die hoogte van nuusgebeur­e en lees baie – “dit hou jou brein skerp”.

Jy het nou maar eenmaal “senuwees van staal” nodig om in hierdie vreemde tye ’n nuwe besigheid te begin. Maar jare se ervaring het haar twee dinge geleer: Luister na jou kliënte en wees geduldig.

Sy mis soms haar wonderlike span by

Habits. “Geen twee dae was dieselfde nie, ons het hard gewerk en baie pret gehad. Ek het uitgevoer na Europa, ’n fabriek bestuur, twee groot modeverton­ings per jaar gehou . . .”

Sy put plesier daaruit om saam met haar baie klein span na haar wortels terug te keer – slow fashion, noem sy dit. “Ek het Habits op my eentjie begin – nou is ek weer solo. ’n Nuwe avontuur!”

 ?? ?? Jenny le Roux
Jenny le Roux
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa