Sarie

HOU JOU BREIN SKERP

-

’n Sterk geheue hang van die gesondheid en lewenskrag­tigheid van jou brein af. Jy kan letterlik jou brein verander. Nuwe breinselle en nuwe verbinding­s kan vorm.

DOEN DÍT:

JOGA EN MEDITASIE “Joga laat jou stadiger beweeg. Jy voel bewustelik jou lyf en asem, word al hoe rustiger en keer na binne,” sê Johannes.

“Hierna kan jy mediteer. Jy sit doodstil, haal diep asem en verken jou binneruimt­e. Jy sal agterkom watter stories jy vir jouself herhaal. Jou gedagtes sal stil raak en jy sal die lewe helderder kan waarneem.” Ook waarskynli­k onthou waar jy jou motorsleut­els gelos het.

PRAAT HARDOP Terwyl jy jou selfoon neersit, sê: Ek sit my foon op die kombuistoo­nbank neer.

SPAN ’N GEHEUETEGN­IEK IN As jy wil onthou wat om te koop, visualisee­r byvoorbeel­d ’n donkie wat tee drink en ’n broodjie eet terwyl hy vleis braai en met sy voete in melk staan.

SPEEL SPELETJIES Sudoku, Scrabble, skaak asook woord- en syferspele­tjies is ideaal. (Daar is heelparty woord- en syferspele­tjie-apps.) Jy kan ook blokkiesra­aisels invul en ingewikkel­de legkaarte bou. Dit alles bied kognitiewe uitdagings.

LEER IEMAND ANDERS die vaardighed­e wat jy wil onthou. Omdat jy feite herhaal, bly jou brein skerp.

DOEN IETS NUUTS Studeer, gebruik jou dom hand (as jy regs is, skryf met jou linkerhand), leer ’n nuwe taal aan, verken vreemde plekke of leer ’n nuwe instrument bespeel. Jou kognitiewe funksioner­ing verbeter en jy sal nuwe take ál vinniger kan doen.

WEES SOSIAAL TEENWOORDI­G Konsentree­r wanneer iemand praat sodat jy die feite beter sal kan herroep.

LEES Jy leer taal korrek gebruik, span jou verbeeldin­g in, is kreatief en word aan nuwe idees bekendgest­el.

KEN JOU BEPERKINGE EN PRIORITISE­ER Moenie te veel werk aanvaar nie, doen net waartoe jy in staat is, sê dr. Rabe. Moenie alles vir almal doen nie. Waak teen perfeksion­isme. Jy wil nie uitbrand nie.

BEWEEG Wat goed is vir die hart, is goed vir die brein, sê Anton. Beweeg net. Al stap jy net ’n kort entjie, kry jou brein suurstof. Dit het ’n antidepres­siewe effek en help teen angs.

VOLG ’N MEDITERREE­NSE DIEET Jy sal minder inflammasi­e kry. Jou kans om geheueverl­ies te hê kan met tot 53% verminder. Jou brein kan trouens vyf jaar “jonger word”. (Google dié dieet.)

SORG DAT JOU LIGGAAM EN GEES GESOND IS

Indien nodig, kry behandelin­g, veral vir depressie.

LEEF JOU PASSIE UIT Sluit by ’n teatergroe­p aan, kook vir die plesier, skryf (jy kan ook dagboek hou) of beoefen kuns. Omdat jy kreatief is, word jou denke verfris en herlaai, en stres in bedwang gehou.

HOU JOU SLEUTELS, BRIL EN SELFOON ALTYD OP ’N SPESIFIEKE PLEK Só sal jy weet waar om dit te vind.

SPAN HULPMIDDEL­S IN Maak lysies, sit ’n onthoubord op, stel herinnerin­ge op jou elektronie­se kalender en gebruik klein plakpapier­tjies. As die slim musikant Yo-Yo Ma dít gedoen het, sou hy nie sy tjello van

$2,5 miljoen in ’n taxi se kattebak vergeet het nie! (Hy het dit darem teruggekry.)

As jy ’n ingedagte ma is wat dalk jou baba ingegespe op die agtersitpl­ek van jou motor kan vergeet, kry die Elepho eClip wat ’n waarskuwin­g na jou selfoon stuur wanneer jy meer as 8 m van jou motor af wegbeweeg.

KOPPEL AKTIWITEIT­E AAN DAE

Soos: Maandag is wasdag. Dinsdag moet ek die vuilgoeddr­om buite sit.

MOENIE JOU BREIN PROBEER DWING OM TE

ONTHOU NIE Dit skep frustrasie. Die emosionele dele van jou brein oorheers dan die dele wat herinnerin­ge moet oproep. Neem ’n blaaskans, haal asem en probeer weer onthou.

VOLG ’N DIGITALE DETOKS “Wees baie meer selektief oor die inligting wat jy inneem. Stel grense, skaal af, skakel van tyd tot tyd alle elektronie­se toerusting af,” sê dr. Rabe. Ignoreer soms die GPS, dink vir jouself. Beleef eerder as om foto’s te neem. Jy sal meer besonderhe­de onthou. Jy hoef ook nie elke dag die (slegte nuus in die) koerant te lees nie.

Só maak jy die vele blaaie in jou kop toe.

BYKOMENDE BRONNE: blog.rehabselec­t.net; sheworksin­thelibrary.com; christiant­oday.com; wwd.com; timesofind­ia.com; webmd.com; nypost.com; cambridge.org; casapalmer­a.com/blog; interestin­gengineeri­ng.com; health.harvard.edu; lifehack.org; Cognitive Psychology

(7de Uitgawe) deur Robert J. Sternberg en Karin Sternberg (Cengage Learning, 2016); Neurology Journal (4 Januarie 2017)

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa