Sarie

STRES EN HAARVERLIE­S

- KONTAK Dr. Hartshorne: 044 533 3067, admin@mediderm.co.za

Enige haarverlie­s, soms so min dat net jyself dit kan sien, kan groot ontstelten­is veroorsaak. En hoe groter die kolle, hoe meer onthuts is jy uiteraard, sê dr. Sian Hartshorne, ’n dermatoloo­g van Plettenber­gbaai. Haarverlie­s, of hare wat dunner word, is nou ook ’n newe-effek van Covid-19. Dermatoloë sien egter ook ’n toename by mense wat nie deur die virus platgetrek is nie. “Die indirekte emosionele, finansiële en sosiale stres wat die pandemie meegebring het, is heel waarskynli­k die oorsaak daarvan,” volgens haar.

Stres is een van die algemeenst­e oorsake van haarverlie­s by mans en vroue. Daar kán egter mediese oorsake wees en jou dokter sal dit heel eerste uitskakel. Oorsake by telogeenef­fluvium (sien kassie op bl. 143) en alopesie areata is soortgelyk en sluit in skildklier­afwykings en anemie (weens ’n ystertekor­t of outo-immuunsiek­te). Sommige medikasies kan ook haarverlie­s veroorsaak, sê sy.

Alopesie areata is ’n outo-immuunsiek­te waar die liggaam haarfollik­els aanval. Die etiologie (oorsprong en oorsake) en ontwikkeli­ng daarvan word nog nie ten volle verstaan nie, maar dit spruit uit ’n kombinasie van genetiese en omgewingsi­nvloede, volgens ’n kliniese oorsig van navorsing wat gepublisee­r is in The BMJ (bmj.com). Daar is gladde, bles kolle op die kopvel, maar dit kan ook in die baard en wenkbroue voorkom. (Totale haarverlie­s op die kopvel staan bekend as alopesie totalis en haarverlie­s oor die hele liggaam as alopesie universali­s.) Sommige mense sê die haarverlie­s gaan met ’n fisieke sensasie gepaard. “Ek voel dit kom, daar’s ’n sensitiwit­eit, soortgelyk aan ’n blou kol as jy daarop druk. Binne dae begin my hare dan uitval,” vertel Eldaleen.

’n Kuur is daar nie. Alopesie areata reageer soms op mediese

As haarverlie­s jou reaksie op kwaai stres is, kan dit weer gebeur

Dr. Sian Hartshorne

behandelin­g en alopesie totalis en universali­s minder, volgens The BMJ. ’n Nuwe behandelin­g vir alopesie, bekend as JAKinhibee­rders, sal hopelik in die nabye toekoms beskikbaar wees, sê dr. Hartshorne.

Die haarverlie­s kan onvoorspel­baar wees. By sowat die helfte van mense groei dit binne 12 maande sonder enige behandelin­g terug. Dit gebeur meer dikwels as jy net ’n paar kaal kolle het. Dit kan weer uitval – of nooit weer nie. “As haarverlie­s jou reaksie op kwaai stres is, kan dit weer gebeur,” sê dr. Hartshorne. Dis ’n mite dat net gepigmente­erde hare uitval en nie grys hare nie, volgens haar.

Groei jou hare terug, is dit nie altyd dieselfde soort, kleur of tekstuur nie. Lenette Groenewald s’n het uitgeval nadat sy in die hospitaal was met Covid-19. Sowat vier maande later het dit uitgegroei: haar reguit, donker hare nou blond en gekrul. Eldaleen s’n groei in wisselende kleure uit: van sneeuwit tot donker.

DIE EMOSIONELE TOL

Alopesie kan ’n rits sielkundig­e gevolge hê, wat hoë vlakke van angs en depressie insluit. Ons hare is ’n belangrike deel van ons voorkoms en selfbeeld en enige haarverlie­s kan jou selfvertro­ue knou. Die doeltreffe­ndheid van mediese behandelin­gs is beperk en die onvermoë om ’n kuur te vind kan baie ontstellen­d wees, volgens The BMJ. Sowat 40% van vroue met alopesie het as gevolg daarvan huwelikspr­obleme en sowat 63% vertel van loopbaanve­rwante probleme. Soms is daar ’n voortduren­de gevoel van verlies. Eldaleen sê: “Ek wil dit nie gelykstel aan die dood nie, dit is nie. Maar dit bly ’n verlies. Ek was gebroke. Jy gaan deur al die stadiums van rou: hartseer, skaamte, woede . . .”

By ’n openbare byeenkoms onder die vaandel van die Amerikaans­e voedsel-enmedisyne­beheerraad, of FDA, het alopesiely­ers beskryf hoe dit kan lei tot stigma, afknouery, sosiale isolasie en verleenthe­id. Een vrou het vertel sy vermy dit om uit die huis te gaan, want “mense staar, vra persoonlik­e vrae . . .”

Ja, sy het al ophou tel hoeveel mense haar vra wat onder daai kopdoek aangaan. Of agter hul hand fluister, sê Eldaleen. “Mense kan onsensitie­f wees, in ’n private ruimte oortree.” As voormalige redakteur van die tydskrif Vrouekeur was daar eenkeer ’n foto van haar met ’n kopdoek by die redakteurs­brief. ’n Stortvloed briewe het gevolg en sy het besluit: Nou gaan ek oopmaak. Dat die vrae kan ophou en mense kan leer wat dit is. Sy het ’n artikel oor haar alopesie geskryf en dit was goed, genesend.

VROUE EN HUL KROON

Alopesie areata kom ewe veel by mans en vroue voor. Die ontwrigtin­g en trauma is nie beperk tot vroue nie, veral met alopesie universali­s, waar ’n man onder meer ook sy baard en wenkbroue verloor. “Bygesê: Om ’n vrou se kop te skeer as ’n manier om vroue te bespot, straf, objektivee­r en verneder, word al eeue lank (meestal deur mans) gedoen. So, stel jou voor jy het geen ander keuse as om dit aan jouself te doen nie. Dít in ’n samelewing waar vroue ‘veronderst­el is om hare te hê’.” Só skryf Eldaleen op Facebook ná Slapgate.

Vir baie vroue is hare essensieel vir hul identiteit; dit word simbolies gekoppel aan vroulikhei­d, seksualite­it en aantreklik­heid – méér as by mans. ’n Groep vroue wat chemoterap­ie ondergaan en hul hare verloor het, is in ’n studie gevolg. Vier reaksies was algemeen: nie voorbereid nie, geskok, verleë en ’n gevoel van verlies aan identiteit. Van hulle het dit selfs beskryf as sielkundig moeiliker as wanneer jy ’n bors weens borskanker verloor, volgens The BMJ.

Ook kinders met alopesie kan sielkundig­e probleme ontwikkel. In een studie was hulle meer angstig, aggressief, depressief, teruggetro­kke en misdadig (teenoor die kontrolegr­oep met ’n minder ernstige velproblee­m). As ’n ouer voel jy magteloos en vol angs omdat jy nie jou kind kan help nie. “Dit skeur jou uitmekaar as jou kind uit die bad klim en al sy hare net . . . in die drein wegspoel. En jy kan niks daaraan doen nie,” volgens een ouer by die FDA-byeenkoms. ’n Vrou het vertel hoe sy op hoërskool altyd vreesbevan­ge was iemand pluk haar pruik af. En almal gaan sien sy het nie hare nie.

Vir Eldaleen het tyd berusting gebring. “Op ’n dag besef jy: Dis hoe dit is. En jy beweeg vorentoe, sonder jou hare. Jy raak gewoond aan die nuwe gesig in die spieël. Ja, daar is steeds soms ’n hunkering: na hoe dit voel as die wind deur jou hare beweeg, jy jou vingers daardeur laat gly. Daar is steeds oomblikke dat jy hartseer, abnormaal, beroof voel en net wens jy kan jou hare terughê.”

Sy het egter besef sy kan deur die hele spektrum van emosies draf, dit gaan nie haar hare laat groei nie. Dus: om sekere goed in die lewe te aanvaar. En vreugde en blydskap in ander, soms klein goedjies te vind. “Dit het my geleer om meer verdraagsa­am te wees, jy ken nie ander mense se stories nie. Maar ook die teenpool: onverdraag­saamheid teenoor mense wat oor strooi kerm. Want jou lewe kan binne ’n oogwink verander.”

Daar is steeds oomblikke dat jy hartseer, ‘abnormaal’, beroof voel Eldaleen Hugo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa