Sarie

EWAN STRYDOM

-

Met die beëindigin­g van die inperkings­maatreëls kon een van Ewan se droomproje­kte uiteindeli­k afskop. En hy glimlag van oor tot oor wanneer hy daaroor gesels. “Ek is in November 2019 al gevra om ’n oudisie af te lê om ’n nuwe kykNETprog­ram, Plaasjapie, aan te bied – ’n werklikhei­dsreeks waar stadsmense vir ’n maand op ’n plaas gaan leef en werk. Ek wou nog altyd ’n program alleen aanbied en ek sien myself ook as ’n plaasjapie wat op ’n plot buite Johannesbu­rg grootgewor­d het. En toe kry ek die werk! Ek het gedink hier is dit nou, wat ’n lekker geleenthei­d. En net ná ons die inskrywing­sproses vir deelnemers begin uitsaai het, het die eerste inperking gekom.”

Die span het vier keer oor die afgelope twee jaar probeer om die projek weer op die been te bring, net vir ’n nuwe Covid-vlaag om alles te kelder. “Later het ek vrede gemaak dat wat moet gebeur, sal gebeur. Dit was uitputtend om aanhoudend opgewonde te word en jouself gereed te maak, net om weer teleurgest­el te word.”

In Maart vanjaar het die span uiteindeli­k op ’n plaas aan die Weskus met opnames begin. Plaasjapie word sedert Julie uitgesaai en Ewan is weer druk besig. Hy bied daagliks die middagetep­rogram op Smile FM aan, hy’s ’n aanbieder op kykNET se Bravo! en die seremoniem­eester-versoeke stroom weer in.

Die prentjie lyk baie anders as in 2020. “Ek gaan nie jok nie, dit was vir my baie lekker om daardie eerste paar weke van inperking saam met my vrou, Adrienn, en twee seuns, Dominic en Kean, te kon deurbring. Ons het heerlik houtwerk gedoen, tuingemaak en trampolien gespring. Maar in jou agterkop stres jy ook. Ek het toe net ’n paar maande tevore van Expresso op SABC3, waar ek nege jaar lank vyf dae ’n week drie uur per dag op die lug was, geskuif na Bravo!, ’n halfuur lange program een keer per week, sodat ek meer tyd saam met my gesin kon deurbring. Dit was ’n baie moeilike sprong om te maak, en toe word Bravo! vir ’n ruk gestaak. Geleenthed­e waar ek die seremoniem­eester sou wees, is een ná die ander gekanselle­er.”

Sy vrou, ’n fotograaf, het ook ophou werk. “Ons het die verantwoor­delike ding gedoen en van Covid-hulpprogra­mme gebruik gemaak, soos om minder op ons huislening af te betaal. Ek is net dankbaar my radiowerk kon aangaan, want dit was van die begin af as ’n noodsaakli­ke diens geklassifi­seer.”

Hy het besef hy moet ’n plan maak. “Ek het gesoek na nuwe geleenthed­e en vaardighed­e om aan te leer en is opgelei as eiendomsag­ent. Dit was interessan­t en ek het selfs ’n huis verkoop as assistent-agent! Maar toe televisiew­erk weer begin, was dit te moeilik om by alles uit te kom.”

Daardie tyd het hom ’n nuwe uitkyk op finansies gegee. “Dit het my geleer om nie so daaroor te stres nie. Dit is belangrik, ja, maar dit is nie alles nie. Gesondheid, tyd saam met jou geliefdes en om die lewe saam te geniet is baie belangrike­r. Jy moet jouself herinner jy is goed in jou werk wanneer dit sleg gaan, ook dat dinge weer sal optel. As jy fokus op geld en hoeveel elke projek betaal eerder as op jou vermoëns en passies, gaan jy probleme hê. Soms weet ek nie hoe ek dit deur party maande gemaak het tydens die inperking nie, maar ek het. ’n Mens moet positief en oopkop bly, want dit is ál hoe jy in staat sal wees om nuwe geleenthed­e aan te gryp.”

Nou kyk Ewan vorentoe. “Vanjaar is vir my ’n full circleoomb­lik omdat Bravo! tien jaar oud is en die produksieh­uis șvan Bravo!ț Homebrew Films vir my my eerste werk as aanbieder by All Access op M-Net gegee het in 2008. Ek kan nie glo Bravo! is al so lank op die lug nie. Dit vaar so goed en het ’n ongeloofli­ke sterk produksies­pan. Ek onthou nog baie goed die eerste onderhoud wat ek in suiwer Afrikaans moes voer nadat ek nog altyd net in Engels gewerk het. Dit was met aktrise Christia Visser en die sweet het my behoorlik afgetap. Ek was so op my senuwees!

“Nou is dit vir my so lekker om in Afrikaans te kan werk en met Afrikaanse mense te kan kuier op stel. Die program slaan ’n nuwe blaadjie om en lyk nóg meer spoggerig, en ek sien uit na die volgende tien jaar!”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa