Sarie

EON DE VOS

Immer sjarmant, die man bekend vir sy goue stem. Eon de Vos wat ná al die jare nie nee vir 'n uitdaging kan sê nie. En steeds sy vlerke bly sprei om te kan vlieg

- DEUR RIETTE RUST

Suid-Afrika, die skakelhoof van

Ogilvy & Mather, die uitvoerend­e hoof van Highveld Stereo, die stigter en uitvoerend­e hoof van Classic FM in Johannesbu­rg . . .

Tog het sy droom om vlieënier te word, bly wink. Sy vliegoplei­ding en -loopbaan het uiteindeli­k oor

40 jaar gestrek. Hy was ook al ’n vlieginstr­ukteur.

Eers het Eon privaat gevlieg, toe in diens van BA Comair en die destydse Kulula, waar hy in 2020 as senior kaptein uitgetree het.

Baie van ons wil vlieg, maar min doen dit, sê hy. “Ek was so bevoorreg om vir jare te kon sien wat die voëls sien.

My vliegloopb­aan was fantasties. Ek mis dit verskrikli­k.”

Tydens die pandemie was hy “hoogs gefrustree­rd op die grond”. “Ek het onttrekkin­gsimptome gekry.” Toe hernu hy sy lisensie vir vlieg met die nabootser, en vir helikopter­vlieg met “the real thing”. “Dis nie normale vlieg nie, maar darem . . .”

Destyds, toe ek nie geweet het dié De Vos is ’n vlieënier nie, het ek op ’n vlug sy stem vanuit die kajuit herken. Sou ek veilig by my bestemming aankom?

Natuurlik het ek. Die vlug het seepglad verloop.

Jare later sien ek hom op die lughawe. Uniform, kentekens op die epoulette en al. My bloeddruk het met ’n paar tellings gedaal.

Eon dink met nostalgie terug aan sy lugdiensda­e. “Daar is ’n sekere romantiek aan ’n massavervo­ermiddel soos ’n vliegtuig of ’n trein. Die doel van vlieg is om mense met mekaar te verbind. Jy neem hulle na hul vriende, hul familie, hul werk en vakansiebe­stemmings.”

Volgens Eon is lugvaart ’n gedissipli­neerde en hoogs gereguleer­de bedryf. Lugdienste is nou minder en kleiner en werk in die bedryf skaars. “Dit sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Hy het ook vir 15 jaar mededingen­de kunsvlieg (aerobatics) beoefen. Met sy >

< waaghalsig­e maneuvers het hy verskeie kunsvliegk­ampioenska­ppe gewen.

“Dis ’n baie gedissipli­neerde vorm van vlieg en die risiko is groot. Jy kan nie vanmiddag by die huis kom en dink oor ’n fout nie; jy sal net nie huis toe kom nie,” verduideli­k hy.

Eon is klaar met kunsvlieg ook. “Veiligheid moet altyd eerste kom, maar jy raak ouer. Jy dink ook aan jou vrou, jou kinders en kleinkinde­rs. Vlieg as ’n stokperdji­e is buitendien baie duur.”

Nes sy broer, Ferdi, ’n bekroonde redakteur van motortydsk­rifte, is Eon gek na vinnige motors en het hy self “lank gelede gejaag”. Op ’n keer saam met die legende Sarel van der Merwe. “Ek het ook al gecrash . . .” (Maar darem nooit in die lug nie!)

Hy neem nie aan waaghalsig­e sportsoort­e deel vir die adrenalien nie, beklemtoon hy. “Wanneer iets my uitdaag, doen ek dit. Ek wil weet hoe dit werk en dat ek dit kán doen.”

Die De Vos-gesin het reeds meer as tien jaar gelede Johannesbu­rg vir die Kaap verruil. Hulle is “glad nie spyt nie”, dis bekende terrein. Eon het van tienjarige ouderdom af in die Kaap grootgewor­d.

Sy kinderjare was “baie gelukkig, maar ook baie konserwati­ef ”. “Tipies van ons generasie het ek naïef en domonnosel grootgewor­d,” sê hy. Hy was nietemin hoofseun van die Hoërskool Groote Schuur en in ’n stadium selfs junior burgemeest­er van Kaapstad. Hy was ook ’n goeie atleet.

Vir studeer was daar nie geld nie. Omdat hy reeds op skool vryskutwer­k vir radio gedoen het, het hy vir ’n SAUK-beurs gekwalifis­eer en kon hy BA met kommunikas­iekunde aan Kovsies gaan studeer. “Die rye vir regte was te lank!” Daarna moes hy sy beurs “afwerk” en het sy loopbaan in die vermaaklik­heidswêrel­d begin floreer.

“Maklik was dit nie.” Hy het in ’n stadium ontbyttele­visie en ’n middagprog­ram op radio aangebied, “of andersom”. Saans het hy dan “iewers as seremoniem­eester” opgetree. Slaaptyd was middernag en opstaantyd vieruur.

Nou is Eon weer in ’n bestuurspo­s. “Ek sit eintlik tussen twee bestuursto­ele. FMR is gemeenskap­sradio wat ook ’n kommersiël­e inslag moet hê. Ons het ’n kerngemeen­skap van luisteraar­s wat hul voorkeure en afkeure luid laat hoor. Die adverteerd­ers wil ook syfers sien,” sê hy.

Ná sy uittrede uit die lugdiens het hy “vir ses maande na die see gestaar”. Hy bel toe vir Mark Jennings, FMR se vorige stasiebest­uurder, en sê “as julle ooit ’n stem nodig het . . .”

Eon het FMR se drive-time jock geword en ook “waar nodig” ingestaan. Toe

Mark na Brittanje verhuis, is Eon as stasiebest­uurder aangestel.

A new lease on life.

Fine Music Radio (101.3 FM) met sy 150 000 luisteraar­s is nou ’n gesofistik­eerde stasie in sy 28ste bestaansja­ar, die enigste FM-stasie in Afrika wat op klassieke musiek en jazz fokus. Sowat 30 persent van die inhoud is in Afrikaans. Dit sluit nuus in.

Onder Eon se leiding is daar nie meer net ’n FMR-webwerf nie, maar ook ’n toeganklik­e app waar jy onder meer jou gunsteling-podsending­s kan opspoor. Talle Afrikaanss­prekendes skakel regstreeks op dié wêreldwye stroomdien­s in.

Die aantal Boekkeuse-programme

is verdubbel en terugvoer van expats

kom uit lande soos Australië, Brittanje, Kanada, die Verenigde Arabiese Emirate, die VSA, Nederland, Kenia en Nigerië, sê Amanda Botha, Boekkeuse se aanbieder.

Eon het nog altyd sy gesin se privaathei­d beskerm, maar vandag lig hy die sluier so effens.

Hy en Marilyn is al 36 jaar getroud. “Sy was en is steeds ’n free spirit en terselfder­tyd ’n anker vir my en die kinders. Ons het ’n goeie verstandho­uding,” sê hy. “Soos in alle huwelike is daar heuwels en berge, maar ons is vir die lang termyn saam.”

Die De Vos-kinders is albei doktors, Lauren in mariene biologie en Marc in oseanograf­ie. “Ons het altyd vakansies óf na ’n wildreserv­aat óf see toe gegaan.

Dit het heel moontlik hul belangstel­ling in dié rigtings geprikkel,” sê hy.

Musiek is sy vrou “se lewe”.

Marilyn was destyds in die band Free Ride en sy kan sleutelbor­d, klavier, viool en kitaar speel. Sy het al die jare “by uitsoeksko­le” musiek gegee en bied nou private lesse aan.

Hoewel Eon “in die era van rockmusiek grootgewor­d het”, luister hy graag na klassieke musiek. Tuis na “alle musieksoor­te”.

Wanneer die De Vosse kan wegbreek, vlieg hulle nie sommer nie. “Ek is ’n terrible back-seat driver,” spot hy. Hulle gaan eerder op ’n sloertoer binneland toe.

Vra jy hom of hy betrokke is by sy twee kleinseuns, versag sy oë. “Ja, Oupa word gereeld ingespan om hulle rustig te sus.”

Ek stap wasbak toe waar werknemers en vrywillige­rs hul eie koffiebeke­rs was. Die stasiebest­uurder bied aan om myne te was, maar omdat daar lipstiffie op die rand is, druk ek liewer self my beker onder die kraan.

Eon de Vos. Wat ’n sjarmante man is hy nie!

Ek klop aan deure en wanneer hulle oopmaaak, gaan ek in voor hulle weer toemaak Eon

Watter eienskappe behoort ’n goeie leier te hê?

Ek glo ’n leier moet ’n visie hê en weet waarheen hy en sy span op pad is. Hy (of sy) moet hulle dan inspireer om die pad saam te loop. By FMR probeer ek ook in voeling bly met alles wat digitaal is. Radio is nie meer net ’n boks nie. Internetst­asies is sekerlik die gewildste manier van luister.

Jy was nog altyd betrokke by die gemeenskap, maar hoekom gemeenskap­sradio?

Dis ’n nuutjie vir my. Met kommersiël­e radio het jy altyd wins gejaag. Gemeenskap­sradio het ’n breër verantwoor­delikheid teenoor sy spesifieke gemeenskap, oftewel community of interest.

Waar lê jou grootste uitdaging as stasiebest­uurder?

In die groei van luisteraar­getalle. Dis reeds aan die gebeur. Deesdae is ’n derde van ons luisteraar­s tussen 16 en 39 jaar. Die aanslag is oor die algemeen jonger en ligter.

FMR het 14 permanente werknemers en 48 vrywillige­rs. Waar kom jul inkomste vandaan?

Uit advertensi­es, van donateurs en uit ledegeld. Hoewel baie luisteraar­s en potensiële luisteraar­s tydens Covid meer na Netflix of YouTube gekyk het as om radio te luister, is ek trots om te kan sê dat FMR die pandemie oorleef het.

Die stasie is bekend vir veral klassieke musiek. Groei die gewildheid daarvan in Suid-Afrika?

Ja! Die beeld het verander. Jy hoef nie meer ’n swart pak te dra om na klassieke musiek te luister nie. Dis nou cool. Selfs jongmense wat na YouTube of Netflix kyk, loop klassieke musiek raak. Dit dien ook as agtergrond­musiek vir baie digitale speletjies. Wanneer luisteraar­s van ’n spesifieke komposisie hou, google hulle dit en leer só meer daaroor. Jonger musikante neem ook hul werk op en reik dit via sosiale media uit. Só werf klassieke musiek nog aanhangers.

En jazz?

Sowat 42 persent van ons luisteraar­s is uitsluitli­k jazzliefhe­bbers. Ons Take Note-konserte in die Guga S’Thebeteate­r in Langa word uitstekend ondersteun. Gehore bly gaande daaroor.

Waar kom jou liefde vir klassieke musiek en jazz vandaan?

Daar was van kleins af klassieke musiek in die huis,

West Coast Rock in my jongdae, met jazz so tussendeur. Maar musiek is soos wyn, jou smaak op die dag word bepaal deur wat jy drink of waarna jy luister.

As kunsvlieën­ier moes jy waaghalsig­e maneuvers in die lug uithaal. Was jy nie bang nie?

Verskrikli­k bang! Dis baie moeilik om kunsvlieg te bemeester. Dit gaan oor energiebeh­eer; om verskillen­de vlakke van energie aan die gang te hou. Jy oefen bewegings oor en oor.

Vertel asb. ’n staaltjie oor ’n vroulike bewonderaa­r.

Nou vra jy my vas, ek kan nie iets spesifieks onthou nie.

Is dit nie moeilik om as Afrikaanss­prekende die hoof van ’n hoofsaakli­k Engelse radiostasi­e te wees nie?

Glad nie. My profession­ele radioloopb­aan was hoofsaakli­k in Engels. My vrou is Engelsspre­kend en ons praat daarom meestal Engels met ons kinders.

Dink jy omroepers moet suiwer Afrikaans praat?

Omroepers behoort ’n sekere standaard te handhaaf, glo ek. Ons nuuslesers Graham McCulloch en Otto van der Walt se taalgebrui­k is uitstekend. En Boekkeuse word in keur-Afrikaans aangebied.

Afrikaans vier in 2025 sy 100ste bestaansja­ar. Is jy bekommerd oor die taal?

Ek is nie ’n taalstryde­r nie. Die taal sal voortleef solank ons hom praat. Ons moet dit nie babysit nie. Afrikaans sal vir homself sorg, mits hy bruikbaar is en nut het.

Dit klink nie of “’n stem” meer so belangrik is vir radioaanbi­eding nie.

Nee, en dis ’n slegte ding. Vroeër jare kon jy ’n omroeper se stem oombliklik herken. Die probleem het deesdae alles met die opgang van pop- en geselsradi­o te doen.

Dink jy nog ons land het ’n toekoms?

Ek dink ons is almal bekommerd oor ons ons jongmense met spesialisk­ennis en noodsaakli­ke talent aan ander lande afstaan. Hier is nie altyd die nodige geleenthed­e nie. Albei my kinders kan internasio­naal werk. My seun is juis op pad Amerika toe om daar vir ’n universite­it te gaan werk.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

My werk is my stokperdji­e, maar ek hou ook daarvan om met ons hond, Malaika, te gaan stap. Sy is genoem na ’n liedjie wat Miriam Makeba in die vroeë sewentigs hier bekend gemaak het, in Swahili en Engels. In Swahili beteken Malaika engel.

Wat wil jy nog doen, behaal of bereik?

Werklik aftree. Uiteindeli­k stilsit.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa