Sarie

3 VIER SAAM TUINDAG

- – Suzette Truter

Op 15 Oktober is dit weer tyd vir Suid-Afrika se grootste tuinparty, en almal is genooi! Maak nie saak hoe groot of klein jou tuin is nie – bêre net jou gereedskap vir die dag.

Tuindag is die ideale geleenthei­d om daardie stukkie groen in jou lewe te geniet. As jy iets waardeer en liefhet, moet jy dit vier, sê TVpersoonl­ikheid en 2023-Tuindagvri­end Marciel Hopkins.

Haar tuintjie gee vir haar groot vreugde. “Ek geniet die kalm ruimte wat dit my bied. Ná ’n besige week is dit ’n wonderlike plek om af te skakel en te ontspan. Ek en my man hou ook graag piekniek in die Kirstenbos­ch Nasionale Botaniese Tuin naby ons. Ons waardeer dit om na aan die aarde te leef,” sê sy.

Daardie konneksie met die natuur is eintlik deel van ons DNS. Omgewingsk­enner prof. Jules Pretty van die Universite­it van Essex beraam dat die mens vir 350 000 generasies baie na aan die natuur geleef het. Ons bly maar nog net vir ses generasies in die stad.

Navorsing wys as jy dikwels met plante doenig is, het jy oor die algemeen ’n meer positiewe lewensuitk­yk en is minder gestres. Jy voel kalmer, meer vreedsaam en gelukkiger. Selfs om in die grond te vroetel is goed vir jou. Navorsing deur die neuroweten­skaplike Christophe­r Lowry dui boonop daarop dat ’n familie bakterieë (Mycobacter­ium vaccae) wat in die grond leef, jou vlakke van die goedvoelho­rmoon serotonien kan verhoog.

Tuinmaak is ook ’n ideale manier om meer bewustelik te wees. Hiervan kan Smile FM-aanbieder en geesdrifti­ge tuinier Angel Campey getuig: “Wanneer jy tuinmaak, fokus jy op een ding op ’n slag. Jou gedagtes raak stil. Ek weet plante suiwer die lug, maar ek is oortuig daarvan hulle suiwer ook ons gedagtes. Die son en suurstof is goed vir ons liggaam en die plante vir ons siel. Dit lig jou gemoed. Het jy al ooit hartseer gebly as ’n vrolike ry gesiggies vir jou glimlag?”

Al het jy net één plant, is jy amptelik ’n tuinier, en daarom vra die Tuindag-organiseer­ders dat absoluut almal vanjaar dié dag sal vier. Groot, klein, oordadig, eenvoudig . . . doen dit nes jy wil. Deel gerus jou viering op sosiale media met die hutsmerk #GardenDayS­A, of via

WhatsApp by

066 389 5182.

 ?? FOTO ADEL FERREIRA ?? Marciel Hopkins
FOTO ADEL FERREIRA Marciel Hopkins

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa