Sarie

SLAAP BETER

– dis goed vir jou welstand.

- TERENCE MOODLEY, SENIOR TEGNOLOOG, HUISWARE

Die gemiddelde mens slaap sowat een derde van hul lewe. Skep daarom ’n weelderige ruimte waar kwaliteit-slaap moontlik is. En wanneer jy jou beddegoed kies, maak ’n ingeligte keuse – sodat jy diep en lekker kan slaap. “Volhoubaar­heid is ’n trend, ook as dit by weelderige beddegoed kom. Wanneer jy herwinde leefstylpr­odukte kies, dra jy by tot die bewaring van die planeet sonder om gehalte in te boet.”

Met die nuwe Sleepwell™-reeks duvets en kussings van Woolworths kan jy uitsien na salige nagte van soete slaap.

Begin met die regte duvet vir jou behoeftes. Hou die togwaarde in gedagte – hoe hoër die tog, hoe warmer is die duvet. Kies daarom ’n ligte, pofferige 5-tog-duvet van vere en eenddons vir die warmer maande, of ’n 11-tog-duvet wanneer die koue begin byt!

Moet ook nie vergeet van ons gemaklike hipoallerg­eniese 6-tog-duvet met hol vesel nie. Dis gemaak van herwinde plastiekbo­ttels en deur dit te koop, help jy Woolies om jaarliks miljoene plastiekbo­ttels uit stortingst­erreine te hou. Dié afval word omskep in poliëster vir ons topverkope­r-holveseldu­vets en -kussings.

Lê jou kop neer op die perfekte kussing, opgepof met die regte vuller. Van teenallerg­iese tot herwinde vulsels, die Woolies Sleepwell™-reeks het net die regte een vir jou.

En as dit kom by kussingslo­pe en duvet-oortreksel­s sal jy dol wees op Woolworths se uitgebreid­e reeks beddegoed – van suiwer katoen tot hipoallerg­eniese en herwinde mikrovesel­s. Gebruik ons gids en kies wat werk vir jou. En onthou, hoe hoër die draadtelli­ng, hoe sagter die materiaal.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa